7 Desember
My wens en gebed is dat jy vandag werklik sal begin glo wat vir mense onmoontlik is, vir God heel gewoon en moontlik is. Hier is God se Woord vir vandag.
Tema: Onverstaanbaar, ondenkbaar en onverwags
Teks: “Weet jy, … hy is eintlik een van die mense wat veronderstel is om vir ons te sorg…” (Rut 2:20 – Die Boodskap)
- Wat was die kans dat dié twee vroue om iemand se grond sou beland wat volgens die Joodse wet hulle moes versorg – nul. Tog het dit gebeur.
- Die Here is vol goedheid en guns. Hy laat dinge gebeur wat jy jou nie kan indink nie – so sorg Hy.
- Die Here sorg vir jou op maniere en plekke wat onverstaanbaar, ondenkbaar en onverwags is.
- Ontvang dit net.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U onverstaanbaar werk en so vir my sorg.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


