“Maar julle geliefdes, moet die dinge onthou wat die apostels van ons Here Jesus Christus voorheen reeds vir julle geleer het. Hulle het vir julle gesê: “Daar sal in die laaste dae mense wees wie se lewe deur hulle eie goddelose begeertes beheers word, en hulle sal met julle die spot dryf.””.
Jud. 1: 17-18
Hoe weet ons wie is vals leraars en mense wat nie saam met God wandel nie? Hoe verstaan ons die listige tonge wat die waarheid so maklik kan verdraai deur fyn woord nuanses? Waarop moet ons bedag wees? Waarteen moet ons waak? Wie kan ons nog in hierdie dae na luister en glo wat hulle verkondig? In Jud. 1 word hierdie mense redelik duidelik beskryf. (“Maar hierdie mense praat lasterlik oos dinge waarvan hulle geen kennis het nie. Hulle is soos verstandlose diere: al waarvan hulle kennis het, is hulle natuurlike drange, en juis dit is hulle ondergang. Verskriklik sal hulle lot wees, want hulle het dieselfde pad as Kain geloop, vir geld het hulle dieselfde bedrog as Bileam gepleeg, soos Korag het hulle in opstand gekom, en dit was hulle ondergang. Hulle besoedel julle liefdesmaaltye met hulle skaamtelose uitspattighede en sorg net vir hulleself. Hulle is wolke wat geen reën bring nie en deur die wind verby gewaai word. Hulle is bome wat selfs in die seisoen nog geen vrugte het nie, wat ontwortel en morsdood is. Hulle is woeste golwe van die see; hulle laat hulle skande soos skuim opspat. Hulle is sterre wat uit hulle baan geslinger is. God hou vir hulle plek gereed in die duister dieptes, waar hulle ewig sal bly. Dit is oor hierdie mense dat Henog, wat van die sewende geslag na Adam was, geprofeteer het. Hy het gesê: “Kyk, die Here kom met sy duisende heilige engele en Hy sal oor almal oordeel. Hy sal al die goddelose dinge wat hulle in hulle goddeloosheid gedoen het, en oor al die lasterlike dinge wat hulle teen Hom gesë het”. Hierdie mense kla gedurig en is altyd ontevrede met hulle lot. Hulle leef net volgens hulle eie begeertes, praat groot en sê vleiende dinge van mense om daaruit vir hulleself voordeel te trek” (Jud. 1: 10-16)). Is daar iemand wat jy herken uit hierdie bybelboek van Judas. Dan het jy reeds ‘n blik waarop jy bedag moet wees wanneer jy mense ontmoet, en weet dat jy versigtig moet trap om diesulkes, want Jesus Christus het ons geleer en ons reeds duisende jare gelede getoon waarteen ons moet waak (Jud.1: 17-18).
Lees meer “Stof tot nadenke: Waarop moet ons let?”