Skep asem vir vandag: 5 November 2025

Dagstukkies April

5 November

My wens en gebed is dat jy weet dat God Sy beloftes altyd nakom. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Leef met verwagting

Teks: “Hy het dit reeds vir hulle oupagrootjies belowe” (Deut. 31:7 – Die Boodskap)

  • Die Here hou Sy beloftes wat Hy aan jou gemaak het – Glo dit! Wees verseker daar! Vertrou Hom!
  • Wat nou in jou lewe gebeur, het Hy reeds vooraf beplan en belowe.
  • Kyk na die storie van jou lewe. Sien jy dat God Sy beloftes gister en vandag waar gemaak het.
  • Vertrou dat Hy dit more weer sal doen. Hy hou Sy Woord.
  • Wees gerus! Wees tevrede! Word nou rustig!

Gebed

Liewe Vader, laat ek glo dat U vir my sorg.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 November 2025

Dagstukkies April

4 November

Ek hoop dat jy vandag sal raaksien dat God nuwe geleenthede vir jou gee. Hier is God se Woord.

Tema: Begin ‘n nuwe lewe

Teks:“Jy moet hierdie volk die land inlei wat die Here belowe het om vir hulle te gee” (Deut. 31:7 – Die Boodskap)

  • Soos Moses aan Josua nuwe opdragte gegee het, gee God ook aan jou nuwe opdragte, geleenthede en nuwe seisoene.
  • Kyk nuut na jou lewe en sien hoe God se beloftes in jou lewe waar word.
  • Verwag dat die Here ook vandag nuwe geleenthede aan jou sal gee – wees gereed daarvoor!
  • Gryp elke nuwe seisoen en nuwe begin wat Hy bied met beide hande aan.
  • Stap hierdie nuwe seisoen met volle vertroue vorentoe.

Gebed

Liewe Vader, help my om nuut te leef.

In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 November 2025

Dagstukkies April

3 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet dat jy nooit alleen is nie, want die Here is altyd by jou. Hier is God se boodskap.

Tema: Jy is nie alleen nie

Teks: “Hy sal julle nie in die steek laat nie. Julle is nie alleen nie. Die Here is saam met julle.” (Deut. 31:6 – Die Boodskap)

  • Die Here belowe: ongeag jou uitdagings sal Hy jou nooit in die steek laat nie.
  • Met jou God kan jy ’n oormag oorwin (Ps. 18:30).
  • Met die Almagtige God by jou kan jy oor ’n muur spring (Ps. 18:30).
  • Leef vandag met moed en geloof, omdat jy weet Hy wat oorwinnings gee, is by jou.
  • Begin vandag waag en stap vorentoe, omdat die Almagtige God aan jou kant is.

Gebed

Liewe Vader, gee my die geloof om te waag, omdat U by my is.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 2 November 2025

Dagstukkies April

2 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal leer om agter die Here aan te stap. Laat Hy jou gevegte veg. Hier is God se Woord.

Tema: Stap agter die Here aan

Teks: “Die Here trek voor julle uit. Hy sal julle vyande verslaan.” (Deut. 31:6 – Die Boodskap)

  • Wil jy sukses behaal? Stap agter die Here aan. Laat Hy jou reuse oorwin.
  • Verstaan wat Sy wil is en doen dit – Hy sal die res hanteer.
  • Leef en werk met vrede en rustigheid; jy weet die Here stap voor jou (Ps. 37:3).
  • Jy kan dit doen omdat Hy wat almagtig is, voor jou uitgaan. Hy gee wat jou hart begeer (Ps. 37:4).

Gebed

Liewe Vader, help my om te weet hoe om agter U aan te stap.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 1 November 2025

Dagstukkies April

1 November

My wens en gebed is dat jy vandag sal leef met geloof, moed en vertroue, omdat die Here vir jou sorg. Hier is God se boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Leef met geloof en moed

Teks: “Wees sterk! Wees dapper en vol geloofsvertroue! Moenie bang wees vir al hierdie mense nie!” (Deut. 31:6 – Die Boodskap)

  • God roep jou op om nie negatief oor die toekoms te wees nie – Hy sorg immers.
  • Al is jy bang oor jou eie omstandighede, jou gesin, gesondheid, finansies of die land se situasie – vertrou Hom.
  • Hy doen die onmoontlike (Jer. 32:17, 27).
  • Wees vandag spesifiek positief, dapper en emosioneel sterk.
  • Grýp elke geleentheid waar jy vandag is met moed aan en maak ’n positiewe verskil.

Gebed

Liewe Vader, gee my geloofsvertroue en maak my dapper en sterk.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 31 Oktober 2025

Dagstukkies April

31 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om lewe, voorspoed en hoop aan almal rondom jou te bring. Hier is God se boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Leef met verwagting

Teks: “Ag, mag julle maar die lewe kies!” (Deut. 30:19 – Die Boodskap)

  • Moses se wens is dat jy vir die lewe kies.
  • Maak seker dat jy iemand is wat lewe, voorspoed, geluk en hoop bring waar jy ook al gaan.
  • Jy sal vandag vir baie mense ’n seën wees wanneer jy positief in hulle leefwêreld inkom.
  • Wees ’n ligdraer – ’n hoopbringer en ’n geneser!

Gebed:

Liewe Vader, help my om die lewe te kies!
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 30 Oktober 2025

Dagstukkies April

30 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal leef met die bewussyn dat God en mense jou optrede dophou. Hier is God se boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: God sien alles

Teks: “God in die hemel en al die mense op die aarde sien wat julle vandag kies.” (Deut. 30:19 – Die Boodskap)

  • Jou optrede is nie geheim nie – God sien alles, selfs waar niemand jou sien nie.
  • Ander mense sien ook jou openbare optrede en beoordeel jou daarvolgens.
  • Leef elke oomblik so dat die Here met jou optrede tevrede sal wees.
  • Maak vandag tyd om oor jou optrede na te dink – herbelyn jou lewe met die Bybel se standaarde.

Gebed

Liewe Vader, help my om altyd voor U heilig en eerbaar te leef.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 29 Oktober 2025

Dagstukkies April

29 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om voorspoed en seën in ander se lewens te bring. Hier is God se boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Bring voorspoed in die wêreld in

Teks: “Kies of julle wil hê dat dit voorspoedig met julle gaan, of dat teëspoed julle moet agtervolg.” (Deut. 30:19 – Die Boodskap)

  • Voorspoed of teëspoed in jou lewe hang af van die keuses wat jy maak.
  • Jou eie keuses en optrede bepaal of dit met jou en ander mense goed of sleg gaan.
  • Kies vandag die lewe! Kies om voorspoed in jou en ander se lewens te bring.
  • Wees ’n seën en ’n vreugde vir almal rondom jou – maak ’n positiewe verskil.
  • Wees ’n voorspoedmaker!

Gebed

Liewe Vader, gebruik my om voorspoed en geluk in my wêreld in te bring.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 28 Oktober 2025

Dagstukkies April

28 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag weer sal kies vir lewe – vir alles wat goed en positief is. Hier is God se Woord.

Tema: Weer eens: Kies lewe!

Teks: “Vandag gee Ek vir julle die keuse: kies tussen lewe en dood. … Ag, mag julle maar die lewe kies!” (Deut. 30:19 – Die Boodskap)

  • Daar is net twee keuses in die lewe – lewe of dood – daar is geen neutrale opsie nie.
  • Wie vir die lewe kies, kies om jouself, ander mense, die gemeenskap – ja, die wêreld – ’n beter plek te maak.
  • Jy kan vandag weer van voor af kies: kies die lewe! Verbeter jouself, jou familie en jou gemeenskap.
  • Wanneer jy lewe in die wêreld indra, sal jy self ook geluk, vreugde en vervulling ervaar.

Gebed

Liewe Vader, gee my die wysheid om vir die lewe te kies.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 27 Oktober 2025

Dagstukkies April

27 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om eenvoudig gehoorsaam te wees aan wat God vra. Hier is God se wil vir vandag.

Tema: Leef soos die Here wil hê jy moet leef

Teks: “Ons moet lewe soos Hy wil hê ons moet.” (Deut. 29:29 – Die Boodskap)

  • Soms raak ons so besig dat ons vergeet gehoorsaamheid aan God is belangriker as ons “besig-wees”.
  • Die dinge van jou lewe en wêreld kan jou fokus weglei van wat werklik belangrik is.
  • Maak vandag ’n punt om van voor af weer reg te fokus – jy sal verbaas wees oor die geluk wat daarmee saamkom.
  • Eenvoudige gehoorsaamheid bring wonderlike vreugde en vrede.

Gebed

Liewe Vader, ek wil regtig gehoorsaam wees. Help my daartoe.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 26 Oktober 2025

Dagstukkies April

26 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag daaraan sal werk dat jou hele gesin die Here sal ken en dien. Hier is die woord van die Here vir jou.

Tema: Belê in jou nageslag en familie

Teks: “Hy het vir ons en ons kinders en kleinkinders gewys wat Hy wil hê ons moet doen.” (Deut. 29:29 – Die Boodskap)

  • God se wil en geheime is nie net vir jou nie, maar ook vir jou kinders en kleinkinders.
  • Maak seker dat jou gesin en nageslag die Bybel ken – lei hulle na Jesus toe.
  • Leer hulle deur jou voorbeeld en manier van dinge doen om God voluit te dien.
  • Die grootste geluk en vreugde wat jy kan ervaar, is dat jou hele familie die Here saam met jou dien – werk daarvoor.

Gebed

Liewe Vader, help my om aan my familie en nageslag U liefde, genade en wil te wys.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 25 Oktober 2025

Dagstukkies April

25 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sensitief sal wees om te hoor wat God aan jou wil openbaar. Hier is God se boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Wat vir mense sin maak, maak nie vir God sin nie

Teks: “Maar die dinge wat Hy wél aan ons geopenbaar het, moet ons doen.” (Deut. 29:29 – Die Boodskap)

  • Daar is dinge wat God deur die Bybel en Sy Gees aan ons wys – soms maak dit nie sin nie.
  • Nogtans vra dit vertroue en geloof om daardie “onverstaanbare” dinge te doen.
  • Doen moeite om jou Bybel te lees en deur die Heilige Gees gelei te word.
  • God lei jou op elke terrein van jou lewe – werk, verhoudinge, besluite, finansies.
  • Doen net daardie dinge waarvan jy weet dit is die wil van die Here – dan sal Hy jou gelukkig maak.

Gebed

Liewe Vader, maak my sensitief om te hoor wat U aan my wil openbaar.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 24 Oktober 2025

Dagstukkies April

24 Oktober

My wens en gebed is dat jy vir die toekoms sal vertrou dat jy veilig in God se hande is. Hier is God se Boodskap net vir jou vandag.

Tema: In die onbekende is jy steeds veilig

Teks: “Daar is geheime dinge wat net die Here ons God weet. Hy het dit nie aan ons geopenbaar nie” (Deut. 29:29 – Die Boodskap)

  • Dinge wat in die toekoms of hede gaan gebeur, is nie in jou hande nie – dit is net in God se hande.
  • Jy kan juis daarom rustig wees: jy bly veilig in Sy hande.
  • Moenie bang wees vir vandag se uitdagings nie – gryp dit aan, want in God se veilige hande is daar altyd grense.
  • Jou onbekende toekoms is in die hande van die Alwetende, Liefdevolle God.
  • Hy versorg jou! Hy gee vir jou om! Hy beskerm jou ook!

Gebed

Vader, dankie dat U van my lewe deeglik kennis dra.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 23 Oktober 2025

Dagstukkies April

23 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om vol vreugde en blydskap te leef. Hier is God se Boodskap vir vandag.

Tema: Wees bly en positief

Teks: “As jy die Here jou God nie met vreugde en blydskap dien nie omdat jy baie besit…” (Deut. 28:47)

  • Omdat die Here jou goed versorg, moet jy gelukkig, vol vreugde en blydskap wees.
  • Wys dit aan ander. Dra dit aan ander oor! Steek dit aan!
  • Wees iemand wat die hartseer, stukkende en gebroke wêreld ’n aangenamer en mooier plek maak.
  • Jou positiewe houding is ’n getuienis van God se goedheid in jou lewe.

Gebed

Vader, gee my die vermoë om positief te wees.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 22 Oktober 2025

Dagstukkies April

22 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal onthou dat God, wat goed is, alle goeie dinge gee. Hier is God se Boodskap vir vandag.

Tema: Wat jy besit, kom van die Here af

Teks: “As jy die Here jou God nie met vreugde en blydskap dien nie omdat jy baie besit…” (Deut. 28:47)

  • Alles wat jy besit – jou geld, huis, gesin, gesondheid – is geskenke van die genadige Here spesiaal net vir jou.
  • Al het jy hard daarvoor gewerk, dit bly die Here wat gesorg het dat jy dit kon verkry.
  • Hy sorg in goeie én slegte tye – Hy het dit in die verlede gedoen en sal aanhou om dit te doen.
  • Erken dat alles wat jou gelukkig maak, alle goeie dinge, ’n bewys van Sy liefde en sorg vir jou is.

Gebed

Vader, maak my hart rustig en gee my vrede omdat U altyd vir my sorg.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 21 Oktober 2025

Dagstukkies April

21 Oktober

My wens en gebed is dat jy die seën van God in jou lewe sal ervaar. Hier is Sy Woord.

Tema: Leef met positiewe verwagting

Teks: “Die Here sal die seën beveel om oor jou te kom, oor jou graanskure en oor alles wat jy aanpak” (Deut. 28:8)

  • Hy belowe Sy seën wanneer jy binne Sy riglyne leef – dit is ‘n belofte.
  • Maak seker jou hele lewe – denke, verhoudinge, werk, finansies en bydrae tot die gemeenskap – is in lyn met Sy wil.
  • Staan terug en wag op Sy seën – wees positief en vriendelik.
  • God se goedheid sal sigbaar word in elke area wat jy met Hom deel.
  • Wees daarom gelukkig! Wees vol hoop!

Gebed:

Vader, dankie dat U my seën. Laat ek dit raaksien.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 20 Oktober 2025

Dagstukkies April

20 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om na God se stem te luister eerder as na die wêreld se wysheid. Hier is die Woord vir vandag.

Tema: Wat vir die mense sin maak, maak nie vir God sin nie

Teks: “Jy moet na die Here jou God luister en jy moet lewe volgens die gebooie en die voorskrifte wat ek jou vandag beveel” (Deut. 27:10)

  • Wil jy gelukkig wees?
  • Onthou! Dinge in die samelewing bied opsies wat soms beter as die antwoorde van die Gees lyk.
  • Onthou! Wat vir mense sin maak, maak nie noodwendig by God sin nie (1 Kor. 1:27-28).
  • Dit is noodsaaklik dat jy eerder God se dinge doen as die oënskynlik goeie argumente van ander mense.
  • God se wysheid mag soms vreemd voorkom, maar dit lei altyd tot ware sukses, vreugde en geluk.

Gebed

Vader, gee my die oortuiging om na die Bybel te luister.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 19 Oktober 2025

Dagstukkies April

19 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal stilword en luister na God se stem – jy is Sy kind. Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema: Word rustig en stil – hoor God se wil en plan

Teks: “Bly stil en luister, Israel! Vandag het jy die volk van die Here jou God geword” (Deut. 27:9)

  • Wees stil en weet, die Here is die Almagtige God – Hy doen die onmoontlike.
  • Wat Hy besluit, gebeur (Jes. 41:1).
  • Maak spesiale tyd om stil te word – Hy praat met jou in tye van stilte (1 Kon. 19:13).
  • In stilte hoor jy Sy stem! In stilte kry jy vrede! In stilte kry jy nuwe krag!
  • In stilte kry jy ‘n nuwe visie!

Gebed:

 Vader, dankie dat U ook in my stil tye met my werk.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 18 Oktober 2025

Dagstukkies April

18 Oktober

Ek bid vir jou. Ek hoop dat jy die nuwe geleenthede wat God aan jou bied, sal raaksien. Hier is ‘n gedagte net vir jou.

Tema: Sien jou nuwe seisoene raak

Teks: “Julle staan op die punt om deur die Jordaan te trek om die land in besit te neem wat die Here julle God aan julle gee” (Deut. 11:31)

  • Die Here van nuwe geleenthede bied ook aan jou geleenthede waarvoor jy al lank bid.
  • Jou nuwe seisoen en nuwe tydperk is om die draai – dit kom.
  • Al moet jy dalk nog ‘n kort rukkie wag, dit is op pad en niemand kan dit keer nie.
  • Wees gereed om te beweeg. Nuwe deure gaan oop.
  • Wees bly en opgewonde! Wees gelukkig! Glimlag en leef rustig in vrede.

Gebed

Vader, gee my die moed om elke nuwe geleentheid aan te gryp.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 17 Oktober 2025

Dagstukkies April

17 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om die mense naby jou gelukkig te maak. Hier is God se wil uit die Woord.

Tema: Jy kan seën of straf spreek

Teks: “Let op, ek hou julle vandag die seën en die straf voor” (Deut. 11:26)

  • Dikwels spreek ons dood oor mense, sake, dinge of selfs die natuur – deur ons woorde, styl en ingesteldheid.
  • Jy kan ook lewe of dood oor mense spreek.
  • Christusgelowiges is geroep om lewe oor ander mense te spreek.
  • Selfs teenoor jou grootste vyande moet jy goeie dinge uitspreek, nie slegte dinge nie.
  • Seën ander mense. Maak hulle gelukkig deur jou woorde.
  • Fokus daarop om iemand te wees wat lewe en hoop oor ander uitspreek.

Gebed

Vader, help my om iemand van seën en lewe te word.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.