17 Junie
Liewe Vriend
Vandag nooi God jou uit om jou eie planne aan Hom oor te gee. Kyk nou na wat die Bybel vandag vir jou sê.
Tema: Alles hang van God af – stap agter Hom aan.
Teks: “Elke mens beplan sy lewe, maar alles hang van die Here af.” (Spr. 16:9 – Die Boodskap)
- Die planne van die Here is vir altyd vas. Wat Hy wil hê, sal vir altyd gebeur, van geslag tot geslag. (Ps. 33:11)
- Dit is baie goed om self mooi planne te maak, maar onthou altyd dat God die laaste sê het.
- Die sukses van jou toekoms hang op die ou end nie van hoe slim jy is nie.
- Dit hang af van die Here wat geluk gee en vol van liefde is.
- Gee die beheer van jou dag oor aan God, en vertrou dat Sy pad altyd die heel beste is.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat my hele lewe veilig in U hande is.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

