Afkondigings 21 – 28 Augustus 2022

Vandag – Sondag 21 Augustus 2022:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens.
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit Jeremia 1 verse 4 tot 10. Die tema van die prediking is:Is jy goed genoeg?
  • Sinodale offer vir Solidariteit: Helpende Hand Mosselbaai
  • Kategese om 09h00.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Ds. Danie Goosen is met verlof vanaf 25 tot 29 Augustus 2022.

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir Augustus 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Sondag – 28 Augustus 2022

  • Bybelsondag.
  • Barmhartigheidsondag.
  • Sondag vir persone met gestremdheid.
  • Kategese om 09:00.
  • Prediker:  Dr. Kobus Smit.
  • Sinodale offer vir BADISA.

Getuienisbediening

Die derde kwartaal se uitreikdatums vir Wolwedans boodskap, sop- en broodbediening is as volg: 24 Augustus 2022, 7 en 21 September 2022.

Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte en ons voorraad na Woensdag se uitreik is baie laag. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.

Omgeebediening

Baie dankie ook aan almal wat ons bediening so getrou ondersteun met nie-bederfbare kruideniersware, klere, beddegoed, gordyne, handdoeke en finansiële bydraes. Ons probeer met die gemeente se hulp te help waar daar nood is.

Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.

Daar is tans ‘n behoefte by een van die gesinne in die gemeenskap vir ‘n klein yskassie. Indien iemand kan help, skakel asseblief vir Koos van Zyl (082 200 9480).

Kerkraadsvergadering – 23 Augustus 2022

Die kerkraad vergader eerskomende Dinsdagmiddag om 18h00 in die kerksaal onder die voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra u voorbidding vir die vergadering.

Vakante vakatures op kerkraad

Daar is verskeie vakante vakatures op ons kerkraad vir ouderlinge en diakens. Kontak asseblief die kerkkantoor indien u uself verkiesbaar wil stel of iemand wil nomineer teen Maandag, 22 Augustus 2022.

FEBA RADIO SE GEBEDSPUNT VIR SONDAG 21 AUGUSTUS 2022

FEBC KIRGISIË

Godsdienstige ekstremiste is ‘n groot bedreiging in Kirgisië en spanlede ontvang dikwels doodsdreigemente. Een van die aanbieders skryf: “Die meerderheid van ons luisteraars het groot uitdagings. My doel is om hulle op te beur en aan te moedig om na God uit te reik in tye van nood. Dikwels sê hulle dat hulle God nie vestaan nie, maar die Goeie Nuus oor Jesus is besig om hul denke oor Hom te verander.” Bid asseblief vir hulle beskerming en bemoediging.

Vir meer inligting kontak ons:

Kantoornommer – (012) 335 5708; WhatsApp – 081 265 4801.

Daar word tans herstelwerk gedoen binne die kerkgebou. Ons vra verskoning vir enige ongerief / stof wat hierdeur veroorsaak word. Ons bedank u vir u begrip en geduld.

YouTube Eredienste

YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

DIE WEBTUISTE

(nggrootbrak.co.za)

Nuut op Maandag 22 Augustus 2022

  • Eksklusief op die webtuiste In Gesprek met… wat afskop met ‘n onderhoud met ds. Paul Roodt, vorige leraar van die gemeente.

Hiermee ‘n kortlys van alles wat beskikbaar is op die webtuiste:

Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314