Kerkbode: GRATIS E-KOERANT

In hierdie uitgawe: “Die antwoord vir ons verskille lê nie in kortsigtige kerkregtelike afwykings van die Kerkorde en die kerkbegrip wat dit verteenwoordig nie … Dit lê in verdraagsaamheid en eensgesindheid,” luidens ’n verklaring wat die dagbestuur van die NG Kerk se Algemene Sinode onlangs uitgereik het. Kwessies soos die kerkverband se getrouheid aan haar belydenisskrifte, teologiese opleiding en hantering van die ‘interne verdeeldheid’ word hierin aangeraak. Lees meer hierOostelike Sinode is die eerste streeksinode om ‘n voorstel goed te keur vir ‘n proses wat ‘n plan vir ‘n moontlike ‘nuwe sinode of kerk’ binne die NG Kerk ondersoek. Streeknuus: Een dominee doen ‘n ‘mal ding’ en begin ‘n ‘Wyk Zero’ en ‘n ander een kry ‘n roomkoek in die gesig by ‘n basaar. Vind uit wat het nuwe ‘inhoudskeppers’ geleer by die tweede Slypskool vir Skrywers wat Kerkbode en die Taakspan Navorsing saam op Wellington gehou het. Rubriek: Augustus is Vrouemaand – Dr Nadia Marais vra of ons dan iets het om te vier vanjaar? Boek: Is ‘n nuwe Nuwe Testament in Afrikaans regtig nodig? Soos altyd, die nuutste amptelike skuiwe en loopbaangeleenthede binne die NG Kerk. Geniet jy om Kerkbode te lees? Jy kan ons help om hierdie kerkjoernalistieke diens op volhoubare wyse verniet te hou. Word vandag nog ‘n Vriend van Kerkbode! Dis maklik. Lees meer hier.

Groete,

Heléne Meissenheimer namens die Kerkbode-redaksie
Oostelike Sinode: Plan vir nuwe sinode of kerk Oostelike Sinode het met ’n proses begin om ’n nuwe “model van kerkverband” te ontwerp – gemik daarop om lidmate te behou vir wie die Algemene Sinode (AS) se besluit oor selfdegeslagverhoudings “onaanvaarbaar” is. Lees meer hierNUUS: NGK praat saam by WRK oor sake soos klimaatsverandering, rassisme, geweld teen vroue en konfliksituasies in Oekraïne en Israel/Palestina
Rubriek: Wat kan ons vanjaar met Vrouedag vier?
“Midde-in ’n pandemie van geslagsgeweld en gekonfronteer deur die bykans daaglikse nuusberigte oor vroue wat verkrag en vermoor word, weet ek nie of daar enigiets gelukkig is aan Vrouedag nie. Hoe vier ’n mens dit wat jou soms beangs maak, wat van jou ’n teiken maak wanneer jy draf of fietsry, waar jy in ’n winkelsentrum of op straat stap, in die verkeer of op ’n bus of trein of vliegtuig, en oraloor: tussen vreemdelinge, tussen vriende, tussen familie?,” skryf Nadia Marais in haar nuutste Kerkbode-rubriek. Lees meer hier.
#slypskool2022: ‘Help ons mensestories van data maak’ hoor deelnemers
Nuwe woema danksy ‘n ‘Wyk Zero’
Die eerste inwoners van sy grootste waagkans het van “Wyk Zero” gekom. Vier mense bly nou in die vervalle ou huis op Volksrust wat Charl van Schalkwyk met sy erfgeld gekoop het. ’n Mal aankoop, so kort voor aftrede, het oorblufde vriende hom gewaarsku, vertel die 63-jarige dominee van Mpumalanga. Lees meer hier sowel as in die jongste Kerkbode.
Loopbaangeleenthede in die NG Kerk
HOËVELD: LIgbaken Gemeente en Mellville Kruisgemeente soek beide ‘n voltydse leraar. OOS-KAAPLAND: NG Vrede-Wes het ‘n opening vir ‘n voltydse leraar en PE Hoogland vir ‘n medeleraar. NOORDELIKE SINODE: NG Overkruin benodig ‘n medeleraar en NG Sanddrift ‘n voltydse leraar. NOORDKAAPLAND: Die NG gemeente Kuruman Die Oog wag aansoeke vir ‘n voltydse leraar in. VRYSTAAT: Vrede-Wes vra vir ‘n voltydse leraar. WESKAAP: Die NG gemeente Hartenbos soek ‘n voltydse leraar.
Loopbaanskuiwe van Julie tot Augustus
Beroep aanvaar Ds Francois Christiaan Victor (Tiaan) van Heilbron-Suid het die beroep as leraar aanvaar na NG Gemeente Standerton-Wes. Sy intreepreek het op Sondag 7 Augustus 2022 plaasgevind. Besoek Amptelik vir meer nuus oor onlangse loopbaanskuiwe.
… toe kry ds ‘n roomkoek in die gesig by kerkbasaar
#Bybelsondag: Is nog ‘n nuwe Nuwe Testament in Afrikaans regtig nodig?
“Is daar regtig nog ’n Afrikaanse vertaling van die Bybel nodig? Dit is sekerlik die eerste vraag wat almal vra, maar dis ook my eerste vraag wanneer ek met Stephan Joubert en Jan van der Watt gesels,” skryf Rethie oor haar gesprek met die manne agter die nuutste Afrikaanse vertaling van die Nuwe Testament, ‘Die Nuwe Nuwe Testament – ’n Getroue vertaling in vars Afrikaans’. “Vir seker is daar altyd te veel vertalings en vir seker is daar altyd te min,” antwoord Joubert. Lees meer hier.
Teken uit op hierdie nuusbrief | Meer inligting

Kry die Kerkbode direk op jou slimfoon.