Operasie Mobilisasie:
Onderhoud van dr. Phil Loots (RSG) met die Direkteur van Operasie Mobilisasie – Andre van der Bergh
Eerste hulp Noodhulp kursus
Op Saterdag 25 Mei om 13:30 word daar ‘n Basiese Noodhulp kursus aangebied by Dux Nasorgsentrum te Lang straat Groot Brakrivier. Indien u sou belangstel om dit by te woon. Is jy welkom. Stuur asseblief die boodskap aan vir enige iemand wat u dink sou belangstel.
https://www.bestcareservices.co.za
Stof tot nadenke: Kan ons die haat hanteer?
“As die wêreld julle haat, onthou: Hy het My voor julle gehaat. As julle aan die wêreld behoort het, sou die wêreld julle as sy eiendom liefgehad het. Omdat julle egter nie aan die wêreld behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat die wêreld julle.”
Joh. 15: 18-19
Die lewe is maklik wanneer mense jou aanvaar en liefhet. Wanneer jy in ‘n liefdevolle huis grootgeword het, is die begrip van haat een waarvan jy weet, maar waarmee jy nie in die alledaagse lewe gekonfronteer word nie. Dis daar ver, dis iets wat slegs onder afvalliges bestaan. Dit is egter deel van hierdie lewe so seker soos die suurstof wat ons inasem. Dis eers wanneer mens daarmee in aanraking kom dat jy die werklikheid daarvan besef. Ek is baie jare gelede hieraan blootgestel. Ek het ‘n vertrek ingestap en is met naakte haat ontvang. Daardeur kom mens tot die besef dat dit ‘n werklikheid is. Haat is ‘n emosie wat die ontvanger daarvan laat besef dat daar iemand is wat letterlik van hom of haar ontslae wil raak, en kan jou voete onder jou uitruk, letterlik en figuurlik.
Lees meer “Stof tot nadenke: Kan ons die haat hanteer?”Nuusflitse Week 19+ van 2024
Dinsdag 7 Mei 2024 : • Die Bestuurspan vergader om 17:30 in Lokaal 6
Woensdag 8 Mei 2024 : • Kooroefening by die orrel om 17:00
Donderdag 9 Mei 2024 : • Hemelvaart. • Diens om 18:00.
Sondag 12 Mei 2024 : • Erediens om 09:00. • Prediker – Ds Danie Goosen. • Moedersdag. • Kategese. Pinksterdiens om 18:00. • Prediker – Ds Charné Viljoen
| Alle Pinksterdienste word gelei deur ds Charné Viljoen TEMA: Dood Gewone Lewe | ||
| So 12 Mei | 10:00 | Groenkloof |
| 18:00 | Kerkgebou | |
| Ma 13 Mei | 10:00 | Groenkloof |
| 18:00 | Kerkgebou | |
| Di 14 Mei | 10:00 | Groenkloof |
| 18:00 | Kerkgebou | |
| Wo 16 Mei | 10:00 | Groenkloof |
| 18:00 | Kerkgebou | |
| Do 17 Mei | 10:00 | Groenkloof |
| 18:00 | Kerkgebou | |
Lief en Leed Week 19 van 2024
Verjaarsdae

Afkondigings 5 – 12 Mei 2024
Sondag 5 Mei 2024 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Joh 5:9-17.
Die tema van die prediking is: Nog verder!
• Arbeidsondag.
• Sinodale Bid & Dankdag.
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Gemeenteondersteuning by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Dinsdag 7 Mei 2024 :
• Die Bestuurspan vergader om 17:30 in Lokaal 6 onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.
Woensdag 8 Mei 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
• Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 9C (Tergniethoogte & Groenkloof Rheebok) in Groenkloof Rheebok se eetsaal.
Donderdag 9 Mei 2024 :
• Hemelvaart.
• Diens om 18:00.
• Prediker – Ds Danie Goosen.
Sondag 12 Mei 2024 :
Lees meer “Afkondigings 5 – 12 Mei 2024”Radio FEBA: e-Gebedsfokus vir Mei 2024
Woensdag 1 Mei: “Hy sê toe vir sy dissipels: ‘Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.’” (Matteus 9:37-38 Afr83)
Erediens tye vir Hemelvaart en Pinkster 2024
Hiermee die erediens tye vir Hemelvaart, Pinkster en Mei maand. Ons nooi u hartlik uit om die Pinkster saam met ons by te woon. Sop en brood tydens die Pinkster dienste. Ons sien uit daarna om u almal daar te sien.

Gebedsgids May 2024 – NG Kerk Groot-Brakrivier
GEBEDSGIDS MEI 2024
Woensdag, 1 Mei – Werkersdag
Vandag is meeste mense af en dink ons aan almal wat salarisse verdien en dank God dat Hy die Groot Voorsiener is van ons behoeftes en dat ons so gelukkig kan wees om ‘n werk te kan hê.
Donderdag, 2 Mei – Leraars
Lees meer “Gebedsgids May 2024 – NG Kerk Groot-Brakrivier”Getuienisnaweek 12 -14 Julie 2024 – NG Kerk Groot-Brakrivier

Stof tot nadenke: Hoe oordeel jy?
“Die Here het vir Jona gesê: “Jy is besorg oor die Komkommer plant waarvoor jy nie gewerk het nie en wat jy nie versorg het nie. Dit het oornag opgekom en oornag is dit dood. Maar ek mag nie besorg wees oor die groot stad waarin daar meer as duisend mense is wat nie weet wat reg of verkeerd is nie, en ook nog baie diere?”
Jona 3: 10-11
So pas het ek ‘n boek voltooi met die naam ‘Hideaway’, of Wegkruipplek as on dit direk sou vertaal. Dit het gegaan oor ‘n afgeleë dorp waar daar lekker wegkruip geleentheid was. ‘n Dorp waar almal kerk toe gegaan het, maar waar daar ook baie geveinsde Christene was, wat meer skade as goed doen aan die gemeenskap van gelowiges. Mense wat ook die geestelike soekende mense genoeg afgeskrik het dat hulle hulleself liewer wou distansieer van enigiets wat te doen het met die kerk. Jona mense. Mense wat dink hulle kan oordeel oor ander, en wat nie kan wag om die oordeel voltrek te sien nie.
Wanneer ons egter hierdie twee verse in Jona lees ruk dit mens tot stilstand. Is dit vir ons as mense om ‘n oordeel oor ander te fel? Het ons die reg om die vergifenis wat God aan ander bewillig het, te stop? Kan ons ongelukkig wees oor ‘n ander, ongeag waar hulle vandaan kom, se redding?
Die een sê-ding in die boek wat my getref het was iets wat ‘n opregte Christen vir ‘n ander soekende persoon gesê het: “Moenie God se kerk oordeel na aanleiding van mense se dade nie, oordeel die kerk van God na aanleiding van God se dade!” Dit pas so mooi aan by hierdie twee verse uit Jona. God se reddende genade moet ons in verwondering laat, en nie in sak en as dompel, omdat ons as mense, in ons menslike swakheid voel dat ‘n ander nie verdien om gered te word of goed genoeg is vir die reddende genade van God nie. Hoe oordeel jy? Of dit die kerk of die ander mense om jou is, sien jy die werk van God raak, en besef jy dat jy nie ‘n aandeel het in die redding van ‘n ander nie, maar dat dit God, die Vader, Seun en Heilige Gees is wat aan werk is. Werk wat nie gestop kan of sal word nie…tot aan die voleinding van die wêreld!
Stof tot nadenke: Lig in die duisternis.
“In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie’”
Joh. 1: 4-5
Nou na die Drie-Eenheid Sondag bly ons steeds in dankbaarheid oor die genade van die Vader, wat van ewigheid af daar was. Wat ons so lief het dat Hy sy eniggebore Seun gestuur het om vir ons te sterf. Hy wat vir ons lewe gebring het. Hierdie lewe wat vir ons as mense die lig is. ‘n Lig wat geen duisternis kan uitdoof nie. Die Engelse NJ vertaling stel dit ook mooi: “The light shines in the darkness but has not understand it” Joh. 1: 5. Mense wat in die duisternis leef kan nie verstaan nie.
Lees meer “Stof tot nadenke: Lig in die duisternis.”Pinkster-Getuienis vanaf Missie Japan

PINKSTER GETUIENIS
DIE HEILIGE GEES WAAI WAAR HY WIL
Beste Ondersteuner
Die jaar 2000 het—vir my—nie net die nuwe millennium ingelui nie. Dit was ook ‘n jaar van beslissende verdieping in my lewensreis oppad met God. Ek was voor ‘n kruispad as vyfde-jaar teologie student. Gaan ek voltyds die kerklike bediening afdraai vat, professioneel probeer rugby speel, óf was daar ‘n ander, derde weg?
Lees meer “Pinkster-Getuienis vanaf Missie Japan”Sonneblomme en sneeu in Oekraïne
Boek Michele Potgieter
Nadat Ockert en Michele Potgieter getroud is, het hulle hul tasse gepak en vertrek Oekraïne toe. Dit is ’n groot ontnugtering vir Michele in die begin maar die mense is baie vriendelik en hulle word meestal met oop arms verwelkom. Maar dan sterf Ockert tydens die Covid 19-pandemie tydens ’n besoek aan Suid-Afrika. Michele moet besluit of sy teruggaan Oekraïne toe, waar ’n oorlog dreig en of sy in Suid-Afrika bly.
ISBN: 9780796323231
Uitgewer: Lux Verbi
Datum: Mei 2023
PRYS (Inkl. VAT): R 250.00
Beskikbaar by:
Pinkster 2023 Nagmaal Nuwe Identiteit Nuwe mense Dr. Frans Hancke Eer aan die Koning 28 Mei 2023
Prediker: Dr. Frans Hancke
Tema: Eer aan die Koning.
Hoof Tema: Nuwe Identiteit Nuwe mense
Begeleiding:
Klavier: Marida Bridges
Stof tot nadenke: “Paulus en Timoteus se gebed”
“God is my getuie, Hy weet hoe ek na julle almal verlang met die liefde van Christus Jesus in my hart. Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees”
Fil. 1: 9-10
Ons is in ‘n tyd van Pinkster en met gebed en in afwagting op die herinnering aan die kragtige werking soos met die uitstorting van die Heilige Gees beleef is in die Bybelse tyd. Elke jaar word dit met nagmaal afgesluit.
Lees meer “Stof tot nadenke: “Paulus en Timoteus se gebed””Afkondigings 28 Mei – 4 Junie 2023
Vandag – Sondag 28 Mei 2023 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Jes 6 en Op 4. Die tema van die prediking is: Eer aan die Koning!
- Nagmaal.
- GEEN Kategese.
- Spesiale Offer vir Ramot by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Pinkster 2023 – Nuwe Identiteit Nuwe mense. Dr Frans Hancke. 24 Mei 2023
Prediker: Dr. Frans Hancke
Tema: Nuwe mense .
Hoof Tema: Nuwe Identiteit Nuwe mense
Begeleiding:
Klavier: Marida Bridges
Pinkster 2023. Nuwe Identiteit Nuwe mense. Dr. Frans Hancke. Onder nuwe beheer- 23 Mei 2023
Prediker: Dr. Frans Hancke
Tema: Onder nuwe beheer.
Hoof Tema: Nuwe Identiteit Nuwe mense
Begeleiding:
Klavier: Marida Bridges
Pinkster 2023 Nuwe Identiteit Nuwe mense Dr. Frans Hancke. Is almal welkom? 22 Mei 2023
Prediker: Dr. Frans Hancke
Tema: Is almal welkom?
Hoof Tema: Nuwe Identiteit Nuwe mense
Begeleiding:
Klavier: Marida Bridges

