We took a couple of days after the work team had left to get our house in some kind of order. Moving between the boat and home means that we are forever looking for stuff, but we’ll get there. I am doing the last Royal Ranger preparation for the current school year this week. It feels as if this school year went by extremely quickly. Concert practise is in full swing and Larisdiana asked Victoria to help out as she is almost seven months pregnant. I am blessed by the fact that they don’t need me to concern myself with the planning of the end of year concert anymore.
Lees meer “Sendingnuus – Madagaskar : The Week 12 May 2024”Die Ekumeniese Pinksterdiens 2024
Op Pinkster Sondag, 19 Mei 2024, was daar ‘n interkerklike afsluitingsdiens by die VGK Kerk van Grootbrak. Die geleentheid was luisterryk en is in goeie getalle bygewoon deur al die kerke teenwoordig.
Die Program, saamgestel deur Ds Bennie Roelofse, is deur al die predikante van Groot-Brakrivier bygewoon, en almal het aan die verrigtinge deelgeneem op verskillende wyses. Die Kerke teenwoordig, het ingesluit die Nuwe en Ou AGS kerke, Searle Memorial Kerk, NG Kerk Groot-Brakrivier, NG Kerk Outeniqua en die VG Kerk Groot-Brakrivier.
Die preek is gelewer deur Ds. Charne Viljoen. Die tema van ‘Wees waar jy is’, is toegelig uit Eseg. 3: 1-15. Die preek was kort, maar kragtig. Ds. Viljoen het ons daarop gewys dat ons Christen moet wees en uitleef, daar waar ons lewe, en dat God ons kan gebruik, al is ons dikwels hardkoppig. Christus het ons kom wys hoe ons moet leef, en as ons die Bybel opneem, inneem en uitleef onder leiding van die Heilige Gees, sal ons ‘n verskil maak hier in Groot-Brakrivier, in ons alledaagse lewe. Dit sal God se lig uitdra, hier waar ons woon.
Die Program het verder ingesluit die optree van verskeie kerkkore, naamlik die Groot-Brakrivier Gesamentlike Koor, die Nuwe Apostoliese Kerkkoor en die Volwasse en Jeug kore van die Ou Apostoliese Kerk. Daar was ook ‘n dans item, deur een van die VGK se jeug lidmate, wat dramaties die stryd van ‘n jongeling uitgelig het. Die Groot-Brakrivier se Blaasorkes het ook met entoesiasme die afsluiting van Pinkster aangekondig.
Die Geleentheid was waarlik ‘n stap vorentoe om gelowiges., ten spyte van verskille, bymekaar uit te bring.
Stof tot nadenke: Onder leiding van die Heilige Gees
“Tonge asof van vuur, het aan hulle verskyn, verdeel en op elkeen van hulle neergedaal. En almal is vervul met die Heilige Gees.”
Hand. 2: 2-3
Ons herdenk nou die Uitstorting van die Heillige Gees. Hierna kon die apostels en dissipels spontaan begin getuig het. Hulle wat voorheen ongeletterd en vissermanne was, het die lewensveranderde ervaring beleef, nadat hulle vir drie jaar saam met Jesus Christus geleef het en by Hom geleer het (“By daardie selfde geleentheid het Jesus deur die Heilige Gees dit uitgejubel: “Ek prys U, Vader, Here van Hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling. ” (Luk. 10: 21); (“Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees!” (Joh. 20:22)). Hulle het ook dikwels nie verstaan presies wat Hy vir hulle gesê het nie. Met hierdie uitstorting van die Heilige Gees, kon hulle egter skielik beter verstaan, en het met oortuiging die Evangelie van Christus verkondig, waar hulle ookal heen gegaan het (“’En dit sal in die laaste dae gebeur,’ sê God: ‘Ek sal my Gees op alle mense uitstort – julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongmense sal visioene sien, en julle ou mense sal drome droom…” (Hand. 2: 17)).
Lees meer “Stof tot nadenke: Onder leiding van die Heilige Gees”Nagmaal: Pinkster 2024: In ons taal? Ds. Danie Goosen. Hand 2: 1-10. NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing:
Handelinge 2: 1-10,
Genesis 11:9
Tema: In ons taal?
Datum: 19 Mei 2024
Orrelis: Marida Bridges
Lees meer “Nagmaal: Pinkster 2024: In ons taal? Ds. Danie Goosen. Hand 2: 1-10. NG Kerk Groot-Brakrivier”Nuusflitse Week 21+ van 2024
Gesamentlike Pinkster Afsluiting Sondag 19 Mei om 15:00
Dinsdag 21 Mei 2024 : • Die Kerkraad vergader in die kerksaal
Woensdag 22 Mei 2024 : • Kooroefening by die orrel om 17:00
Daar is GEEN blokbyeenkoms die week nie
Bloedskenk-geleentheid Donderdag 23 Mei 2024 vanaf 15:00 tot 19:00
Sondag 26 Mei 2024 : • Erediens om 09:00. • Prediker – Ds Charné Viljoen. • Kategese.
Wolwedans boodskap, sop en brood: 22 Mei en 5 & 19 Junie
Lief en Leed Week 21 van 2024
Verjaarsdae:

Afkondigings 19 – 26 Mei 2024
Sondag 19 Mei 2024 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Hand 2:1-21 & Gen 11:9.
Die tema van die prediking is: In my taal?
• Pinksterfees – Nagmaal.
• GEEN Kategese.
• Spesiale offer vir Bybelverspreidingsfonds by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Gesamentlike Pinkster Afsluiting Sondag 19 Mei om 15:00
Gelei deur ds Charné Viljoen
Vrye Gereformeerde Kerk Groot-Brakrivier
U word genooi om die diens saam met ons by te woon.
Dit is ’n twee ure lange diens by die VG Kerk, Groot-Brakrivier.
Sang en boodskappe vanaf verskillende kerke word voorgehou.
Ons kom 14:30 hier by ons kerk bymekaar en vertrek dan saam na die VG Kerk.
Dinsdag 21 Mei 2024 :
• Die Kerkraad vergader in die kerksaal onder voorsitterskap van
Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.
Woensdag 22 Mei 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
• Daar is GEEN blokbyeenkoms die week nie.
Blok 10A (Tergniet-Oos) se blokbyeenkoms word gehou saam met blok 10B (Tergniet-Sentraal & Wes) op 29 Mei 2024 by Maja Wagener, Luckhoffstraat 2 – 083 476 6147.
Donderdag 23 Mei 2024 :
Bloedskenk-geleentheid :
DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 23 Mei 2024 vanaf 15:00 tot 19:00
in die kerksaal. Christo Smith – 083 447 9891.


Sondag 26 Mei 2024 :
• Erediens om 09:00. • Prediker – Ds Charné Viljoen. • Kategese. • Sinodale offer vir Buitelandse Sending
(Zimbabwe/Malawi/Mosambiek) by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop
van die erediens. Almal is welkom.
Dankie
’n Bedrag van R20 221 is ingevorder vir Bybelgenootskap met die Pinksterdienste se deurkollekte. Baie dankie vir elkeen se bydrae.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.
Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die oorblywende datums vir die tweede kwartaal is 22 Mei en 5 & 19 Junie. Na 8 Mei se uitreik is ons voorraad baie laag. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.
KOLLEKTE SAKKIES
Ons benodig vrywilligers wat kan help met die mooimaak van ons kollekte sakkies. Indien u bereid is kontak asseblief die kerkkantoor.
Omgeebediening :
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Jeugbediening:
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00. Skakel asb vir Vicky Barnard –
083 500 5687 – indien u enige verdere inligting verlang.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
19 Mei 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 19 Mei 2024.
2. Getuienisbediening:
a) Weeklikse Nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
- Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Onder leiding van die Heilige Gees”. - Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Lanstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314
Pinkster: Dood Gewone Lewe: My Enigste Troos! Ds. Charne Viljoen. 2 Kol 5 NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Ds. Charne Viljoen
Skriflesing:
2 Korintiërs 5: 1-10
1 Petrus 2:24
Tema: My Enigste Troos!
Datum: 16 Mei 2024
Orrelis: Marida Bridges
Lees meer “Pinkster: Dood Gewone Lewe: My Enigste Troos! Ds. Charne Viljoen. 2 Kol 5 NG Kerk Groot-Brakrivier”Pinkster: Dood Gewone Lewe: Die seer trane… Ds. Charne Viljoen. Psalm 23 NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Ds. Charne Viljoen
Skriflesing:
Psalm 22
Psalm 23
Psalm 56
2 Kor 1
Openb 21
Tema: Die seer trane…
Datum: 12 Mei 2024
Orrelis: Marida Bridges
Lees meer “Pinkster: Dood Gewone Lewe: Die seer trane… Ds. Charne Viljoen. Psalm 23 NG Kerk Groot-Brakrivier”Pinkster: Dood Gewone Lewe: Waarna soek jy? Ds. Charne Viljoen. Johannes 19:1-10 . NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Ds. Charne Viljoen
Skriflesing: Johannes 19:1-10
Tema: Waarna soek jy?
Datum: 12 Mei 2024
Orrelis: Marida Bridges
Lees meer “Pinkster: Dood Gewone Lewe: Waarna soek jy? Ds. Charne Viljoen. Johannes 19:1-10 . NG Kerk Groot-Brakrivier”Sendingnuus: Madagaskar – Gabriel work team
We said goodbye to the seven guys who gave it their all the past two weeks. We are so grateful for what Jan, Jacques, Ackerman, Joubert, Reuben, Ricus and Joseph had accomplished in such a short time.
The main objective was to remove and fix the smaller box on Gabriel’s stern. It had to be put back in place again and this required some muscle and teamwork.
Lees meer “Sendingnuus: Madagaskar – Gabriel work team”Pinkster: Dood Gewone Lewe: Nagmaal! Ds. Charne Viljoen. Genesis 2, Lukas 9, Handelinge 2, 1 Kor 6, 1 Kor 9 . NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Ds. Charne Viljoen
Skriflesing:
Genesis 2,
Lukas 9,
Handelinge 2,
1 Kor 6,
1 Kor 9
Tema: Word Wakker
Datum: 12 Mei 2024
Orrelis: Marida Bridges
Lees meer “Pinkster: Dood Gewone Lewe: Nagmaal! Ds. Charne Viljoen. Genesis 2, Lukas 9, Handelinge 2, 1 Kor 6, 1 Kor 9 . NG Kerk Groot-Brakrivier”Pinkster: WORD WAKKER! Ds. Charne Viljoen. Genesis 1, Ps 57, Klaag: 3:21. NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Ds. Charne Viljoen
Skriflesing:
Genesis 1
Psalm 57
Klaag 31
Tema: Word Wakker
Datum: 12 Mei 2024
Orrelis: Marida Bridges
Lees meer “Pinkster: WORD WAKKER! Ds. Charne Viljoen. Genesis 1, Ps 57, Klaag: 3:21. NG Kerk Groot-Brakrivier”Stof tot nadenke: Die nabyheid van God
“Maar wat my betref, die nabyheid van God is vir my goed. Ek het my Heer, die Here, my skuilplek gemaak, sodat ek van al u werk kan vertel.”
Ps. 73: 28
Ons herdenking van Hemelvaart is agter die rug. Ons is nou in hie herdenkingstyd tussen die Hemelvaart en die uitstorting van die Heillige Gees, waarna menige apostels en dissipels spontaan begin getuig het. Tog voel ons mense dikwels asof God nie na aan ons is nie. Ons wil ook die doringbos ervaring of die Sinaiberg ervaring hê wat Moses gehad het toe hy direk met God gepraat het, al kon hy God nie sien nie (“Moses het gesien daar is ‘n doringbos aan die brand, maar dié doringbos word sowaar nie verteer nie. Toe dink Moses, ek moet afdraai, sodat ek na hierdie buitengewone verskynsel kan kyk. Waarom brand die doringbos dan nie uit nie? Toe die Here sien dat hy afgedraai het om dit van nader te bekyk, het God na hom geroep uit die doringbos: “Moses! Moses!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” Toe sê die Here: “Moenie nader kom nie. Trek jou sandale van jou voete af, want die plek waarop jy staan, is heilige grond.” (Eks.3: 2-5); (“’Die Here, die God van julle voorvaders, die God van Abraham, Isak en Jakob, het aan my verskyn en gesê: “Ek gee noukeurig aandag aan julle en aan wat julle in Egipte aangedoen word”…” (Eks. 3: 16)). Elkeen van ons wens soms dat ons daardie soort van ervarings kan beleef, net soos Thomas wat eers vir Jesus wou gesien het na die opstanding, voordat hy kon glo.
Lees meer “Stof tot nadenke: Die nabyheid van God”Erediens: Die Gees gee ons geloof! Ds. Pierrié Kies. 1 Kor 2:1-5 . NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Ds. Pierrié Kies
Skriflesing:
1 Korintiërs 2:1-5 & 10-16
Tema: Die Gees gee ons geloof!
Datum: 12 Mei 2024
Orrelis: Marida Bridges
Lees meer “Erediens: Die Gees gee ons geloof! Ds. Pierrié Kies. 1 Kor 2:1-5 . NG Kerk Groot-Brakrivier”Wegbreek 2024 van Klub50
Dit was ‘n gesellige kuier geleentheid waar almal saamkuier om die vure en tafels, onder die lieflike bome van die oord. Die oord is gelee op die Keurboomsrivier.
Ander aktiwiteite het ingesluit bootritte op die rivier deur die merendeels ongerepte natuurlike bos, stap op die Keurboomsstrand na die bekende rots met die gat in, koffie drink by nabygelee koffiewinkeltjies, bingo of mens kon net by die huisies bly en die voellewe geniet.
Dit was ‘n heerlike ontspan week waar ontbyt begin is met gesamentlike geestelike liedere en Johan Muller se Bybelvrae. In die aande is daar gekuier om die vure.
Baie dankie aan Klub50 se bestuur vir ‘n heerlike week.
Nuusflitse Week 20+ van 2024
Pinksterdiense 18:00 in kerkgebou 10:00 in Groenkloof
Woensdag 15 Mei 2024 : • Kooroefening by die orrel om 17:00
Sondag 19 Mei 2024 : • NAGMAAL om 09:00. • Prediker – Ds Danie Goosen. • Nagmaal. • GEEN Kategese
Gesamentlike Pinkster Afsluiting Sondag 19 Mei om 15:00
Bloedskenk-geleentheid : Donderdag 23 Mei 2024 vanaf 15:00 tot 19:00
Lief en Leed Week 20 van 2024
Verjaarsdae:

Afkondigings 12 – 19 Mei 2024
Sondag 12 Mei 2024 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan ds Pierrié Kies wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Kor 2:1-5 en 10-15.
Die tema van die prediking is: Die Gees gee ons geloof.
- Moedersdag.
- Kategese.
- Deuroffers tydens Pinkster vir Bybelgenootskap.
- Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

• Besoek van ds Louwrens van der Westhuizen en sy span van Makhathini tydens die Pinksterdiens om 18:00.
Woensdag 15 Mei 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
• Daar is GEEN blokbyeenkoms die week nie.
Sondag 19 Mei 2024 :
• Erediens om 09:00. • Prediker – Ds Danie Goosen. • Nagmaal. • GEEN Kategese. • Spesiale offer vir Bybelverspreidingsfonds by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Gesamentlike Pinkster Afsluiting Sondag 19 Mei om 15:00
Gelei deur ds Charné Viljoen
Vrye Gereformeerde Kerk Groot-Brakrivier
U word genooi om die diens saam met ons by te woon.
Dit is ’n twee ure lange diens by die VG Kerk, Groot-Brakrivier.
Sang en boodskappe vanaf verskillende kerke word voorgehou.
Ons kom 14:30 hier by ons kerk bymekaar en vertrek dan saam na die VG Kerk.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Bloedskenk-geleentheid :
DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 23 Mei 2024 vanaf 15:00 tot 19:00
in die kerksaal. Christo Smith – 083 447 9891.
Neem Kennis
Die eredienstye verskuif na 10:00 gedurende die maande van Junie, Julie en Augustus.
Omgeebediening :
Kom ons probeer uit dankbaarheid elke aand met Pinkster ‘n kombers, warm baadjie/jas of kruideniersware bring vir hulle wat hierdie winter gaan koud of swaar kry.
Plaas alles voor in die “Omgeehouers”.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die oorblywende datums vir die tweede kwartaal is 22 Mei en 5 & 19 Junie. Na 8 Mei se uitreik is ons vrieskaste dolleeg. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
12 Mei 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 12 Mei 2024.
2. Getuienisbediening:
b) Sendingnuus: Operasie Mobilisasie, ‘n video van bekendstelling.
- Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Nabyheid van God”. - Gemeentenuus:
a) Erediens tye vir Hemelvaart en Pinkster.
b) Bybelblokraaisels is beskikbaar onder speletjies.
c) Klub50 se kuier by Keurboomsrivier. - Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Lanstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314
Hemelvaart: Tasbaar! Ds. Danie Goosen. Hand 1: 8-11 . NG Kerk Groot-Brakrivier
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing:
Handelinge 1 : 8-11
Tema: Tasbaar!
Datum: 9 Mei 2024
Orrelis: Marida Bridges
Lees meer “Hemelvaart: Tasbaar! Ds. Danie Goosen. Hand 1: 8-11 . NG Kerk Groot-Brakrivier”

















































