Afkondigings 5 – 12 Mei 2024

Sondag 5 Mei 2024 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Joh 5:9-17.
Die tema van die prediking is: Nog verder!
• Arbeidsondag.
• Sinodale Bid & Dankdag.
• Kategese.
• Sinodale Offer vir Gemeenteondersteuning by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Dinsdag 7 Mei 2024 :
• Die Bestuurspan vergader om 17:30 in Lokaal 6 onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 8 Mei 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
• Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 9C (Tergniethoogte & Groenkloof Rheebok) in Groenkloof Rheebok se eetsaal.

Donderdag 9 Mei 2024 :
• Hemelvaart.
Diens om 18:00.
• Prediker – Ds Danie Goosen.

Sondag 12 Mei 2024 :

Erediens om 09:00. 
• Prediker – Ds Danie Goosen.
• Moedersdag.
• Kategese.
• Deuroffers tydens Pinkster vir Bybelgenootskap.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Pinksterdiens om 18:00.
• Prediker – Ds Charné Viljoen.
• Sop word bedien in die kerksaal na afloop van die diens. Almal is welkom.

Neem Kennis
Die eredienstye verskuif na 10:00 gedurende die maande van Junie, Julie en Augustus.

Pinksterprogram Sondag 12 Mei tot Donderdag 16 Mei 2024

Alle Pinksterdienste word gelei deur ds Charné Viljoen TEMA: Dood Gewone Lewe
So 12 Mei10:00Groenkloof
18:00Kerkgebou
Ma 13 Mei10:00Groenkloof
18:00Kerkgebou
Di 14 Mei10:00Groenkloof
18:00Kerkgebou
Wo 16 Mei10:00Groenkloof
18:00Kerkgebou
Do 17 Mei10:00Groenkloof
18:00Kerkgebou
Deuroffers tydens Pinkster vir Bybelgenootskap



Na die aanddienste kan u ’n koppie sop kom geniet in die kerksaal.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Mei 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Ons benodig mense wat kan help met die opstel van maandelikse gebedsgidse. Elke persoon kry 3 beurte per jaar (elke 4de maand) om ’n gebedsgids op te stel, dit kan oor enige onderwerpe handel. Indien u wil betrokke raak skakel Mona de Wet – 084 628 2866.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Getuienisbediening :


Wolwedans boodskap, sop en brood:

Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week.
Die datums vir die tweede kwartaal is 8 & 22 Mei en 5 & 19 Junie. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.

• Behoeftes vir Getuienisprojekte:

• Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en
gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend
voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

Dankies – Gemeentefees
Ons wil u graag in hierdie tyd bedank vir al u harde werk tydens ons gemeentefees.
Ons is ook dankbaar vir elke bydrae en ons het tydens die gemeentefees ‘n voorlopige bedrag van R242 338 ingekry. Ons lof en dank aan die Here Jesus ons Here.

DANKIE namens die pannekoekspan vir die gemeente se milde bydrae ten opsigte van bestanddele. Ons het nagenoeg 1 800 pannekoeke gebak!

Omgeebediening :
Kom ons probeer uit dankbaarheid elke aand met Pinkster ‘n kombers, warm baadjie/jas of kruideniersware bring vir hulle wat hierdie winter gaan koud of swaar kry.
Plaas alles voor in die “Omgeehouers”.

‘n Lidmaat stel belang in ’n onbenutte graf in die begrafplaas. Indien u in besit is van sodanige graf en daarvan ontslae wil raak, kontak asb die kerkkantoor.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
5 Mei 2024

1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 5 Mei 2024.

  1. Getuienisbediening:
    Weeklikse nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
  2. Bybelstudiereeks:
    Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Kan ons die haat hanteer?”
  3. Gemeentenuus:
    a) Eredienstye vir Hemelvaart en Pinkster.
    b) NG Kerk Groot-Brakrivier se April Gemeentefees, 2024. ‘n Kollage van fotos.
    c) Gebedsgids vir Mei is beskikbaar.
    d) Bybelblokraaisels is beskikbaar onder speletjies.
  4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Lanstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314