“God is my getuie, Hy weet hoe ek na julle almal verlang met die liefde van Christus Jesus in my hart. Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees”
Fil. 1: 9-10
Ons is in ‘n tyd van Pinkster en met gebed en in afwagting op die herinnering aan die kragtige werking soos met die uitstorting van die Heilige Gees beleef is in die Bybelse tyd. Elke jaar word dit met nagmaal afgesluit.
Hoe moet ons bid? Waarvoor moet ons vra? Dis vrae wat dikwels en veral in hierdie tyd by ons opkom. Vir sommige van ons kom die woorde maklik, vir ander minder maklik. In Paulus en Timoteus se gebed aan die gemeente in Fillippi en deur God as hul getuie te noem, bevestig hulle die waarheid in hulle gebed. Want voor God is niks verborge nie. God alleen ken ons werklike intensies, want ons kan niks vir Hom wegsteek nie. Dit spreek dus van die opregtheid van hul liefde vir die gemeente van Filippi.
Hy bid vir liefde vir mede broers en burgers in geloof wat met fyner aanvoeling sal toeneem, sodat dit wat belangrik is vir die bou van die Koninkryk van God, die hoogste prioriteite in hule lewens sal neem. Mag hierdie Pinkster ook hierdie gebed weerspieël in die gemeenskap van Groot-Brakrivier. Waar Jesus Christus reeds die sondeskuld se prys betaal het, kan ons nou net bid vir die leiding van die Heilige Gees sodat ons hierdie fyner aanvoeling in omgee en liefde vir mekaar sal ervaar.


