Sondag 3 Mei 2026 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Petrus 2:2-10.
- Die tema van die prediking is: Volg My.
- Arbeidsondag.
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- GEEN Kategese.
- Sinodale offer vir Arbeidsbediening by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- Daar is GEEN LEEFKerk vanaand nie.
Woensdag 6 Mei 2026 :
- Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.
(Ons moedig die gemeente aan om te volhard in hul deelname aan ons projek waar ons ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood voorsien aan 115 gesinne elke tweede week).
- 18:00 Blokbyeenkoms Blok 21 (St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes & Melkhout Estate) by Heuwelsig straat 10. Ann Pretorius – 082 565 1868.
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida –Epos Kontak.
Sondag 10 Mei 2026 :
- Erediens om 09:00 – Dr Jurie Vermeulen (Radio FEBA).
- Moedersdag.
- Kleuterkerk in die konsistorie.
- Kategese.
- Sinodale offer vir Gemeenteondersteuning by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Charné Viljoen.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Mei 2026 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Nuwe Lidmate 2026:
Philip & Louise Kotzé van Ladysmith: Blok 26 (Tergniet-Oos)
Susan Ferreira van Klerksdorp: Blok 4 (Langstraat-Bo & Pine Creek)
Lizelle Botha van Quellerina: Blok 25 (Seegenot tot Tergniethoogte)
Baie welkom by ons gemeente.
Pinkster 2026

Verjaarsdae

Eiendomsbediening :
Baie dankie vir u geduld met die stukkende plafon. Fout-opsporing is afgehandel en ’n kontrakteur is aangestel. Ons hoop om die herstelwerk binnekort af te handel.

Getuienisbediening :

Deurlopende behoeftes vir Getuienisprojekte
Skenkings van die volgende sal ons baie help: sop (volgens resep wat voorheen gedeel was) skêre, ou tydskrifte, Pritt of gom, ou waterverf, akrielverf, ou kwassies, inkleur-potlode, naalde, garing, en wol. En dan is daar ook nood vir ‘n ou yskas en stoof of twee-plaat kookstofie. Baie, baie dankie vir u volgehoue meelewing, omgee en ondersteuning!
Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Epos Kontak.

Ondersteuningsbediening
“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.”
Job 29:12-13(AFR33)
Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames, want dit is God se hart vir die wees en die weerloses en as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – Epos Kontak of Riëtte Jansen van Rensburg –Epos Kontak.
“Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle” (Matt. 18:19-20 Afr83).
FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA Mosambiek en FEBA Malawi
Oorstromings het wydverspreide verwoesting in Mosambiek en Malawi veroorsaak. Duisende FEBA-luisteraars, sowel as sommige omroepers, het hul wonings en besittings verloor, sodat party personeel op FEBA se persele en ander by reddingskampe moes skuiling vind.
Ons gebed vir die week: Bid dat God sal ingryp en verligting sal bring. Vra dat Hy reddingswerkers die energie en wysheid sal skenk om die nodige hulp te verleen, en dat Hy FEBA se uitsendings sal gebruik om luisteraars te vertroos en hul geloof te versterk.
Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za) – Nuut op 3 Mei 2026
- Erediensbediening:
- Kry die skakel na die YouTube Erediens van 3 Mei 2026, deur Ds Charné Viljoen.
- Bybelstudiereekse:
- ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n heerlike positiewe begin vir elke dag.
- Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Vriendekring…”
- Gemeentenuus:
- Collage van die Gemeentefees van 2 Mei 2026 is beskikbaar.
- Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Kontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314


