Sondag 26 Mei 2024 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 3:1-17.
Die tema van die prediking is: Nuwe Lewe.
• Kategese.
• Sinodale offer vir Buitelandse Sending (Zimbabwe/Malawi/Mosambiek) by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Woensdag 29 Mei 2024 :
• Nasionale Stemdag.
• Daar is GEEN kooroefening die week nie.
• Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok 10A (Tergniet-Oos) en 10B (Tergniet-Sentraal & Wes) by Maja Wagener, Luckhoffstraat 2 – 083 476 6147.
Sondag 2 Junie 2024 :
• Erediens om 10:00.
• Prediker – Ds Danie Goosen.
• Biddag vir Ekologie.
• Doop.
• Kategese.
• Spesiale offer vir Ramot by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Die eredienstye verskuif na 10:00 gedurende die maande van Junie, Julie en Augustus.

Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Junie 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Dankie vir die persoon wat na vore gekom het om te help met die gebedsgidse!
Ons benodig nog een persoon wat kan help met die opstel van maandelikse gebedsgidse. Elke persoon kry 3 beurte per jaar (elke 4de maand) om ’n gebedsgids op te stel, dit kan oor enige onderwerpe handel. Indien u wil betrokke raak skakel Mona de Wet – 084 628 2866.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.
Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die oorblywende datums vir die tweede kwartaal is 5 & 19 Junie. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
• Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.
◦ Daar is steeds ’n spesifieke behoefte vir ’n baba stootwaentjie. Indien u een kan skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel asb vir Aletia – 084 783 1308.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
KOLLEKTE SAKKIES
Ons benodig vrywilligers wat kan help met die mooimaak van ons kollekte sakkies. Indien u bereid is kontak asseblief die kerkkantoor.
Dankies
Bloedskenking :
Die bloedskenking op 23 Mei 2024 het 54 volpinte bloed opgelewer.
Baie dankie vir die 60 mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.
Bybelgenootskap :
’n Bedrag van R20 404 is ingevorder vir Bybelgenootskap met die Pinksterdienste se deurkollekte. Baie dankie vir elkeen se bydrae.
Omgeebediening :
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
26 Mei 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 26 Mei 2024.
- Getuienisbediening:
Die weeklikse nuus uit Madagaskar. - Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Verskillende Gawes”. - Gemeentenuus:
a) ‘n Kort oorsig en fotogallery van die Ekumeniese Pinksterdiens 2024 wat by VGK
gehou is op 19 Mei 2024.
b) Sien die veranderde tye van die Eredienste vir Junie, Julie en Augustus. - Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Lanstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



