Skep asem vir vandag: 8 Junie 2025

8 Junie

Liewe ….

My wens vir jou is dat vandag net ‘n goeie dag sal ervaar. Gister het jy gehoor dat jy ‘n vredemaker moet wees. My gebed is dat jy die diepte van Christus se vergifnisdaad aan die kruis sal verstaan. Ek hoop jy word werklik iemand wat ander mense vryspreek. Hier is God se Woord vir jou.

Tema: Hou aan om mense te vergewe

Teks: “Maar Josef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. (Gen 50:19)

  • Die Here se Naam is baie groot, daarom hou Hy aan om jou te vergewe (Ps. 25:11).
  • Moenie toelaat dat jou verlede, jou verkeerde keuses of selfs sondes uit die verlede jou vashou, bind en geluk wegneem nie.
  • Moenie ‘n wrok teen mense hou nie. Spreek hulle volkome vry.
  • Ware vergifnis vind ook plaas wanneer jy ook jouself vir die verkeerdhede van die verlede vergewe.
  • Die Here van genade vergeet alles wat jy verkeerd gedoen het (Eks 34:7).

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my help om ook te vergewe soos U vergewe.

Ek dank U dit in die Naam van Jesus dié Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.