We had a couple of eventful weeks to start off the New Year. The clean-up after the cyclone is still ongoing, but everything is up and running. Dries has almost completed the work on the new roof of our balcony. He is paying extra attention to make sure that it stays attached in the event of another cyclone.
Die Getuienisbediening het 28 Januarie 2025 ‘n oggend tee met versnaperinge voorgesit, as dankie vir almal wat bygedra het tot die sukses van die Wolwedans 2024 Kersprojek. Die gemeente en besighede in die omgewing het ruimskoots bygedra.
“Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”
Matt. 5: 16
Ons hou ons besig met allerlei dinge vir die kerk, in die kerk en om die kerk. Doen ons dit uit geloof en omdat dit die begeerte van ons hart is, daartoe gedring deur die Heillige Gees? Of doen ons dit om deur mense gesien en bewonder te word? Salomo wys ons duidelik daaroop dat ons nie self moet roem op wat ons doen nie (“Moenie spog oor die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal oplewer nie. Laat ‘n vreemde jou prys, en nie jou eie mond nie, ‘n buitestander, en nie jou eie lippe nie.” (Spr. 27: 1-2)). Is dit vir ons so belangrik om erkenning te kry vir dit wat ons hier op aarde vermag, dat ons vergeet dat ons eintlik net hier is om God te verheerlik? Dat daar nie so ‘n verskoning is dat mens nie tyd het om dit wat jy vir God doen, goed moet doen nie. Jammer dit is al weer my ma se motto, “As ‘n ding die moeite werd is om te doen, is dit die moeite werd om dit goed te doen”. Daar is sekerlik baie van ons wat dit in alle opregtheid doen” (“Daarom dan, julle moet ontsag hê vir die Here; dien Hom met opregtheid en getrouheid.” (Jos. 24: 14)). Terwyl ander graag kritiseer (“Moenie op die oog af oordeel nie, maar oordeel regverdig.” (Joh. 7: 24); “Die oog is die lamp van die liggaam. As jou oog suiwer is, sal jou hele liggaam verlig wees . Maar as jou oog boos is, sal jou hele liggaam donker wees. As die lig in jou donker is, hoe groot is die duisternis nie!” (Matt. 6: 22-23)).
Sondag 26 Januarie 2025 : 09:00 Erediens en Kategese Dinsdag 28 Januarie 2025 : Rek en strek oefEninge vir seniors 08:00 tot 09:00 Woensdag 29 Januarie 2025 : • Blokbyeenkoms Blok 13 & Blok 2 Sondag 2 Februarie 2025 : • Erediens en Kategese 09:00 Woensdag 5 Februarie 2025: Klub 50 Vrydag 7 Februarie 2024 – Speletjiesaand Wolwedans boodskap, sop en brood: Woensdag 29 Januarie 12 & 26 Februarie en 12 & 26 Maart.2025:
• Baie welkom by die erediens gelei deur ds Gerrie van Deventer. Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 4:14-22. Die tema van die prediking is: So, wie is jóú Leier? • Kategese. • Spesiale offer vir Alta du Toit-Skool (Kuilsrivier) by die deure. • Daar sal GEEN tee bedien word na die erediens vir die maand van Januarie nie. • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Woensdag 29 Januarie 2025 :
• Blokbyeenkoms om 16:00 in Blok 13 (Groenkloof) & Blok 2 (Reeboksfontein & Sandhoogte) in die eetsaal van Groenkloof.
Sondag 2 Februarie 2025 :
• Erediens om 09:00. Prediker – Ds Danie Goosen.
• Kategese.
• Spesiale offer vir Plaaslike Ondersteuningsbediening by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Kategese :
Kategese vind plaas tydens die erediens (09:00-10:00). Die kinders kom in die kerksaal bymekaar. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Februarie 2025 is beskikbaar in die voorportaal. Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Baie dankie aan die persoon wat na vore gekom het om te kom help!.
Ons benodig nog 2 mense wat kan help met die opstel van die maandelikse gebedstukke.
Elke persoon kry 3 beurte per jaar (elke vierde maand) om ‘n gebedsgids op te stel. Dit kan oor enige onderwerp handel.
Indien u wil betrokkke raak skakel vir Mona de Wet – 081 628 2866
Dankies -Bloedskenking
Die bloedskenking op 23 Januarie 2025 het 98 volpinte bloed opgelewer.
Baie dankie vir die 108 mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.
Bedieninge
Bybelstudiegroepe 2025
Ons gemeente het weeklikse Bybelstudiegroepe op verskillende plekke. Kontak gerus die kerkantoor om uit te vind, watter groep die naaste aan u is.
DAG
TYD
PLEK
KONTAK-PERSOON
Maandae
16:30
Lokaal 6
Jan Richter
072 231 7859
Dinsdag
10:00
Lokaal 6
Gert Louw
082 712 7929
Dinsdag
10:00
Tergniet/Reebokhoogte
Marita Erasmus
082 253 2876
Dinsdag
10:00
Reebokhoogte (Vroue groep)
Marietjie Smit
082 771 6034
Dinsdag
10:00
Reebok (Manne groep)
Koos van Zyl
082 200 9480
Dinsdag
10:00
Groenkloof Bibl. (GK Inwoners)
Ds Danie Goosen
044 620 2205
Dinsdag
15:00
Reebokhoogte
Wilna Lourens
083 277 4999
Woensdag
07:00
Lokaal 6 (Manne groep)
Jurie Vermeulen
072 316 9562
Woensdag
10:00
Lokaal 6 (Vroue groep)
Rumada J v Rensburg
082 773 8996
Donderdag
09:00
Tergniet (Vroue groep)
Carin van Ginkel
067 173 1473
Omgeebediening :
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor. • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig. • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
◦ Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 29 Januarie, 12 & 26 Februarie en 12 & 26 Maart.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare, linne en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaik projekte) en bedank u by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied. Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur: • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer. • Hulp met inkopies. • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede. • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig. Vir meer inligting kontak: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Klub 50
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA in Afrika
Ongeletterdheid is ‘n groot probleem in Afrika. Tussen 60 en 70% van mense ouer as 15 in Niger, Mali en Tsjad is ongeletterd, wat gedrukte Bybels vir hulle ontoeganklik maak. Gelukkig is ongeletterdheid geen struikelblok vir radio nie en miljoene het hul lewens al aan Christus gegee sonder om ’n woord te lees. Oudio-Bybels voorsien ook God se Woord, met gepaardgaande lesse wat die teks verduidelik.
Ons gebed vir die week: Prys God dat Hy Sy Woord, deur radio, aan ongeletterde mense beskikbaar stel, en bid vir Sy voortdurende seën op FEBA se bediening in Afrika.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Danie besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 26 Januarie 2025
1. Erediensbediening: Skakel na die YouTube Erediens van 26 Januarie 2025. 2. Getuienisbediening: Voorbidding word gevra vir Michelle se dogter Mari-Alena. 3. Bybelstudiereeks: Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Waarmee is ons besig?”. 4. Gemeentenuus: a) Gebedsgids vir Februarie 2025 is beskikbaar. b) Die Jaarprogram/Kalender is op die webtuiste. c) Die blokkiesraaisels kan aanlyn gespeel word op die webwerf.
Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
“Ek sê vir julle: Wie nie by die hek van die kraal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim – daardie man is ‘n dief en rower. Maar hy wat by die hek ingaan, is ‘n herder van die skape; vir hom maak die hekwagter oop, en die skape luister na sy stem. Hy roep sy eie skape op hulle naam en lei hulle uit.”
Joh. 10: 1-3
In hierdie wêreld wat ons leef, is daar so baie stemme en afleidings, dat dit soms regtig moeilik is om te weet wanneer moet ons luister, en wanneer om liewer ‘n dowe oor te gooi, op al die gepraat, waarmee ons elke dag te doen kry. Tog verduidelik Jesus Christus dit so mooi in Joh. 10: 1-3. Wanneer die stemme nie deur die hek van die Woord van God kom nie, is dit diewe en rowers wat probeer inkom, om van God se skape te steel. Ons kan seker weet dat God ons by name ken, en Hom alleen moet ons volg (“Wanneer hy al sy skape uitgelei het, gaan hy voor hulle uit, en hulle volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal ‘n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van vreemdes nie ken nie.“” (Joh. 10: 4-5)), want by God is daar nie duisternis nie, en het niks nodig om in duisternis plaas te vind nie (“Dit is die boodskap wat ons van Hom gehoor het, en wat ons aan julle bekend maak: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.” (1 Joh. 1:5)).
Sondag 19 Januarie 2025 : 09:00 Erediens en Kategese Dinsdag 21 Januarie 2025 : Bybelstudieleiers 10:00 Dinsdag 21 Januarie 2025 : Rek en strek oefEninge vir seniors 08:00 tot 09:00 Woensdag 22 Januarie 2025 : • Die blokbyeenkoms verskuif na later datum Donderdag 23 Januarie 2025 :Bloedskenk-geleentheid 15:00 tot 19:00 Sondag 26 Januarie 2025 : • Erediens en Kategese 09:00 Woensdag 29 Januarie 2025: Wolwedans boodskap, sop en brood
Sondag 19 Januarie 2025 : • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen. • Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 1:43-51. Die tema van die prediking is: Verskuilde waarhede? • Kategese Opening – Ouers moet asseblief ’n registrasievorm kom voltooi by die kerksaal. • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure. • Daar sal GEEN tee bedien word na die erediens vir die maand van Januarie nie. • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.
Dinsdag 21 Januarie 2025 : • Bybelstudieleiers vergader in die konsistorie om 10:00.
Woensdag 22 Januarie 2025 : • Die blokbyeenkoms van 22 Januarie (soos aangedui op die kerkkalender) skuif na ’n latere datum wat nog bekendgemaak sal word.
Donderdag 23 Januarie 2025 :
Bloedskenk-geleentheid : DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag! Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 23 Januarie 2025 vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal. Christo Smith – 083 447 9891.
Sondag 26 Januarie 2025 :
• Erediens om 09:00. Prediker – Ds Gerrie van Deventer.
• Kategese.
• Spesiale offer vir Alta du Toit-Skool (Kuilsrivier) by die deure.
• Daar sal GEEN tee bedien word na die erediens vir die maand van Januarie nie.
• Groenkloof preek om 10:00 - Digitaal.
Kategese : Indien dit op u hart gelê word om betrokke te raak as mentor by ons kategese kan u die kerkkantoor kontak vir meer besonderhede.
Almanakke 2025 Die almanakke vir 2025 is beskikbaar. Lidmate wat nog nie ‘n kalender ontvang het nie kan dit gerus gedurende kantoorure kom afhaal.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Januarie 2025 is beskikbaar in die voorportaal. Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Blokbyeenkomste :
Ons blokbyeenkomste begin weer vanaf Woensdag 29 Januarie 2025 om 18:00 (teensy anders aangedui).
Ons versoek graag die kerkraadslede/dienswerkers van die onderskeie blokke om die Woensdag voor die hul blok se byeenkoms, asseblief die kerkkantoor te laat weet by watter adres in hulle blok die byeenkoms sal plaasvind sodat dit betyds in die afkondigings geplaas kan word.
Rek en strek oefEninge vir seniors :
Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die kerksaal. Ons eerste sessie het Dinsdag 14 Januarie 2025 begin. Nuwe lede is baie welkom. Kontakpersoon: Piet Snyman – 082 297 3476.
Ds Charné Viljoen is vanaf 18 Januarie 2025 vir 4 maande met kraamverlof. Ons bid vir haar, Ruan en Emma baie seën en vreugde toe met die koms van hul babaseun, Sion.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 19, asook die antwoorde vir nommer 17 & 18, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Bedieninge
Omgeebediening : • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor. • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig. • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening : Wolwedans boodskap, sop en brood ◦ Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 15 & 29 Januarie, 12 & 26 Februarie en 12 & 26 Maart. Behoeftes vir Getuienisprojekte ◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare, linne en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaik projekte) en bedank u by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep : Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied. Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur: • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer. • Hulp met inkopies. • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede. • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig. Vir meer inligting kontak: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Danie besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Kazakstan In Kazakstan is dit onwettig om die Goeie Nuus openlik te verkondig. Dit is waarom FEBA Kazakstan versigtig moet wees om Jesus nie by name te noem in hul aanlynuitsendings of op sosiale media nie. Ten spyte van hierdie beperking bereik FEBA Kazakstan duisende mense deur moeite te doen wanneer iemand hulle privaat kontak. Op hierdie manier het sommige van hul kwaaiste teenstanders al in hul vurigste ondersteuners en mede-sendelinge verander!
Ons gebed vir die week: Bid dat God FEBA Kazakstan sal lei in hul hantering van amptelike en kulturele teenstand teen die evangelie.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 19 Januarie 2025 1. Erediensbediening: Skakel na die YouTube Erediens van 19 Januarie 2025. 2. Getuienisbediening: a) Die weeklikse Sendingnuus van Lynette uit Madagaskar met die tema: Dikeledi – ‘Tears’ is beskikbaar. b) Voorbidding word gevra vir Michelle se dogter Mari-Alena. 3. Bybelstudiereeks: Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Wanneer om te luister?”. 4. Gemeentenuus: a) Gebedsgids vir Januarie 2025 is beskikbaar. b) Die Jaarprogram/Kalender is op die webtuiste.
Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
At first light this morning, people could see the damage done by the cyclone last night. The strong gusts started at about 10 o’ clock and within two hours the bashing of the waves and the screaming wind, showed me that this was definitely not caused by a 35 knot wind as forecasted. It turned out to be closer to 75 knots. The papaya tree fell first, then the roof of the veranda started shaking and simply blew off and the mango trees took a serious beating as well. I walked up and down in the house, praying for the safety of the people and their boats. Gabriel is out on land at the boatyard in the north of the island and Dries let me know that the wind was much lighter there.
“In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was woes en leeg, en donkerte was oor die oerwater. Maar die Gees van God het oor die water gesweef, en God het gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig.”
Gen. 1: 1-3
Ons as Christene glo in die skeppings-’teorie’. Daar kan tog sekerlik nie eens ‘n stoel wees om op te sit, of ‘n tafel om by te eet, indien iemand nie die skeppingsdrang beleef, beplan en uitgevoer het nie. Hoe is dit dan vir mense moeilik om te begryp dat die perfeksie van die natuur, die dag en nag rotering van die aarde, die sonnestelsels, natuur se siklusse en die menslike liggaam, sonder enige twyfel, deur ‘n almagtige God geskep is. Nie eers die klere wat ons dra, die kos wat ons op ons borde opdis en die tegnologiese ontwikkellings van hierdie wêreld kan daar wees sonder ‘n skeppings drang, beplanning, en die uitvoer daarvan nie.
Sondag 12 Januarie 2025 – Erediens 09:00 – Geen kategese. Dinsdag 14 Januarie 2025: Rek en strek vir seniors 08:00-09:00 Sondag 19 Januarie 2025: Erediens 09:00 – Kategese 0900. Blokbyeenkomste : Begin 29 Januarie 2025. Bloedskenk-geleentheid op Donderdag23 Januarie 2025 Wolwedans boodskap, sop en brood: 15 & 29 Januarie
Jammer dat ons so stil is aan ons kant. Reeds twee weke tuis. Ons het baie hard gewerk deur verantwoordelheid te neem vir die troue van Phumlani en Esther hier by ons in die tuin. (Phumlani en Esther is beide studente by die bybelskool te Baberton) Phumlani kom vanuit n heidense agtergrond en Ester vanuit n sterk christen huis in Zambië. Ek is so dankbaar dat Phumlani nou deel kan wees van n christen familie. Die familie vanuit Zambië het hier gekuier vir sowat n week. Ek en die pa van Esther (nl Lawrence) het soveel in gemeen, daar hy sy MTh graad by UP behaal het. Jeanne en die ma van Esther (nl Susan) het net so baie in gemeen, daar sy hul kinders die grootste deel van hul skooljare tuisskool aangebied het. Dit is een van die mees geseënde gesinne wat ek nog ontmoet het. En die Here het alles voorsien vir die troue…. (storie op storie) 🙌🙌🙌