Die Nuwe Goosentjie arriveer

Ons wil net vir Danie en Nadia hartlik geluk wens met die nuwe klein aankomeling in die gemeente. Mag Theo, wat, by sy geboorte op 22 Februarie, die skaal op 3.84kg laat swaai het, julle baie vreugde verskaf. Sy naam Theodore Marais Goosen wat beteken’n geskenk van God.

Goosen gesin se reaksie:

Goeiemôre gemeente

Ons wil elkeen bedank vir al u bystand, oproepe, gebede, kos en geskenke in hierdie mooi tyd van Theo se geboorte. Ons waardeer elke gebaar van liefde in die tyd. Ons is opnuut verras met die gemeente en gemeenskap se meelewing.

Groete van ons hele gesin.

Danie, Nadia, Daneel, Nikola en Theo.

Ooievaarstee vir Nadia

Die oggend van 13 Januarie was vir Nadia, wat gedink het sy gaan ‘n Kerkraadsbraai bywoon,’ n lekker verassing. Die geleentheid was gesellig en met smaak deur die Gasvryheidsbediening aangebied vir die vroue, terwyl die mans om ‘n braaivleisvuur saam gekuier het. Ds. Danie moes ook sy vernuf met doeke omruil wys.

Die geskenke het heelwat plesier verskaf. Die predikants-paar wil almal bedank vir hulle bydraes vir die klein Goosen’tjie wat binnekort die lig gaan sien.

Blomme-plesier 2023

Die Erediensbediening van die gemeente het gesorg dat daar tematiese blomrangskikkings maandeliks in die kerk gedurende 2023 geplaas is. Die rangskikkings. Daar was spesiale ruikers vir Paasfees, Opstandingsondag, Pinkster, Hemelvaart, Dankseggings-Sondag en die Kerssangdiens; daar was ook spesiale ruikers vir Moedersdag en Vadersdag. Una Vorster was hoofsaaklik verantwoordelik vir die ruikers van 2023.

Ons is dankbaar vir die verfraaiing van die dienste, wat die ervaring van die sosiale samesyn van gelowiges so ‘n plesier maak.

Kuier saam met Coenie…

Die Kersfees kuier, die aand van 4 Desember 2023, saam met die bekende sanger en liedskrywer Coenie de Villiers, was ‘n heerlike eg Afrikaanse ervaring. Waar ons kon luister na ou en nuwe beryminge uit sy lewe, het die program ons geneem deur ‘n klompie liedere, nl. : ‘n Gawe van bo; Die Katedraal; Little drummer boy; Die Kersfees van die diere; When a child was born; Die ander Bethlehem; The great gig (God is great (GIG)); Namakwaland; Karoo simfonie kort keurspel; Stille nag; Gebed van’n reisiger en As dit reen in die klein Karoo.

Hy het ons onthaal op die oorsprong vir menige van die liedere wat dit ‘n lekker persoonlike ervaring gemaak het. Ons wil vir die Fondsinsamelingsbediening baie dankie se vir ‘n heerlike, musiek-gevulde aand.