Skep asem vir vandag: 11 Julie 2025

Dagstukkies April

11 Julie

Mag jy vandag onverskrokke in die God van die Bybel glo. Hier is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Die wêreld is nie God se vriend nie

Teks: “Maar die Egiptiese towenaars het met hulle towerkunste dieselfde gedoen, sodat die farao koppig gebly het.” (Eks. 7:22)

  • Die Satan is ‘n na-aper en probeer beter as God wees. Tog kry hy dit nie reg nie (Open. 12-14).
  • Sommige ongelowiges bly hardkoppig en weier om te glo. Hulle is blind vir God se werk.
  • Sommige mense manipuleer die wetenskap om die Bybel te verkleineer. Hulle is verblind en kan nie glo nie.
  • Die duiwel gee glad nie vir die waarheid om nie. Hy stel net belang om vir jou te lieg en te bedrieg (Joh. 8:44).
  • Moet jou nie deur sulke misleiers laat mislei nie.
  • Glo in God – glo in Christus (Joh. 14:1).

Gebed 

Liewe Vader, gee my onderskeidingsvermoë om nie mislei te word nie. In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 10 Julie 2025

Dagstukkies April

10 Julie

Mag jy vandag jou uitdagings as geleenthede vir God om wonders te doen, sien. Hier is ‘n goeie boodskap uit die Woord van God vir jou.

Tema: Uitdagings word wonders

Teks: “Maar Ek sal die farao hardkoppig maak, sodat Ek baie tekens en wonders in Egipte kan doen. ” (Eks 7:3 )

  • Geloof is nie altyd maklik nie, maar jy kan glo dat die Here in beheer is.
  • Wat vir jou na ‘n probleem lyk, is vir God ‘n geleentheid.
  • Met elke uitdaging is die Here gereed om groot tekens en wonders te doen.
  • Sien dit raak en aanvaar dit met geloof.
  • Glo dat God die onmoontlike moontlik maak.
  • Gryp elke wonderwerk in jou lewe met oop arms aan.

Gebed

Liewe Vader, verander my hart sodat ek U magtige optrede kan sien.
In Jesus se Naam. 
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 9 Julie 2025

Dagstukkies April

9 Julie

Mag jy vandag die vrede hê dat die Here altyd vir jou sorg. Hier is ‘n gedagte uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: God sorg vir jou.

Teks: “Kyk, Ek gee aan jou gesag oor die farao, en jou broer Aäron sal jou woordvoerder wees. ” (Eks 7:1)

  • Jou vyande en probleme sal onder die gesag van die Here swig.
  • Die Here gee vir jou hulp om jou hierin te ondersteun, te help, by te staan en te lei.
  • Moenie benoud wees oor wat jy moet doen nie.
  • Begin hoop op die beter môres.
  • Die Here sal aan jou alles gee wat jy nodig het. Hy is jou veilige Beskermer.

Gebed 

Liewe Vader, gee my insig om U hulp in my lewe raak te sien. In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 8 Julie 2025

Dagstukkies April

8 Julie

Mag jy vandag glo dat die Here groter is as jou grootste probleem. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Die Here is groter as jou vyande.

Teks: “Ek is die Here. Gaan sê vir die farao, die koning van Egipte, alles wat Ek vir jou gesê het.” (Eks 6:27)

  • Soms is jy bang vir mense of dalk vir omstandighede waarbinne jy is of wat wag.
  • Kyk wie die Here God is – Hy is die Skepper. Hy bring nuwe dinge, nuwe tydperke, nuwe lewensreise en oorwinnings tot stand.
  • Jy kan uitdagings hanteer, want die Almagtige God wat nuwe uitkomste gee, help.
  • Die Here is beter, groter en magtiger as alles.
  • Aanbid en glo in die Here wat vir jou ‘n nuwe kans gee. Glo in tweede kanse..

Gebed 

Liewe Vader, leer my om U te volg omdat U die Here is wat ‘n nuwe begin gee.
In Jesus se Naam. 
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 7 Julie 2025

Dagstukkies April

7 Julie

Mag jy vandag ophou verskonings maak en met oorgawe begin doen wat die Here van jou vra. Hierdie is God se spesiale woord vir jou.

Tema: Geen verskonings meer nie

Teks: “Die Israeliete luister nie eens na my nie, hoe sal die farao nog na my luister? Ek praat juis nie maklik nie.” (Eks 6:11)

  • Dikwels hou ons terug omdat ons onseker of bang is.
  • Ons dink ons is nie goed genoeg nie, of nie bekwaam nie.
  • Maar God aanvaar nie verskonings wanneer Hy jou roep nie—Hy gee jou Sy hulp.
  • Hy voorsien altyd wat jy nodig het om Sy wil te doen.
  • Die Heilige Gees gee jou die wil én die krag om te doen wat God vra (Fil 2:13–14).

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my nie net roep nie, maar ook help om te doen wat U van my vra. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 6 Julie 2025

Dagstukkies April

6 Julie

Mag jy vandag fyn ingestel wees op die stem en leiding van die Here. Hierdie is God se persoonlike boodskap aan jou.

Tema: Luister na God se beloftes

Teks: “Dit het Moses toe aan die Israeliete vertel, maar in hulle moedeloosheid oor die harde werk het hulle nie na hom geluister nie.” (Eks 6:8)

  • God se wil en beloftes is dikwels vir jou duidelik.
  • Maar as jy net op swaarkry fokus, vervaag daardie beloftes.
  • Negatiwiteit maak jou geestelik blind en doof vir wat God besig is om te doen.
  • Leer om anders te dink—om jou denke met hoop te vul.
  • Stel jou fokus op wat God belowe het, en leef vanuit daardie waarheid.

Gebed:

Liewe Vader, leer my om te luister wanneer U deur mense met my praat, en om U beloftes vas te hou.

In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 5 Julie 2025

Dagstukkies April

5 Julie

Mag jy vandag rus vind in die wete dat God alles van jou lewe ken. Hierdie is Sy persoonlike boodskap aan jou.

Tema: God hoor jou nood

Teks: “Ek het die gekerm van die Israeliete, … duidelik gehoor en Ek het aan my verbond gedink.” (Eks 6:4)

  • Die Here weet wat jy beleef – Hy is nooit onbewus nie.
  • Hy onthou Sy beloftes en staan getrou aan Sy verhouding met jou.
  • God is besig om op te tree – al sien jy dit dalk nog nie.
  • Wat jy deurmaak, is nooit buite Sy aandag of beheer nie.
  • Hy is teenwoordig, Hy weet, Hy sorg.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my nood hoor en getrou bly aan U beloftes.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 Julie 2025

Dagstukkies April

4 Julie

Mag jy vandag die nuwe geleenthede wat die Here vir jou voorberei het, raaksien. Hierdie is Sy spesiale boodskap aan jou.

Tema: God skep nuwe geleenthede

Teks: “God het vir Moses gesê: ‘Ek is die Here!’ ” (Eks 6:1)

  • Jou lewe staan op die drumpel van iets nuuts.
  • Die Naam “Here” beteken dat Hy doen wat Hy sê – Hy bring dit tot stand.
  • God het ’n nuwe toekoms vir Israel begin – en vir jou ook.
  • Jou pad vorentoe begin nou, saam met Hom.
  • Vat Sy hand en vertrou Sy leiding.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U nuwe geleenthede bring en my roep om ‘n verskil te maak.
In Jesus se Naam. 
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 Julie 2025

Dagstukkies April

3 Julie

Mag jou oë vandag oopgaan om raak te sien hoe die Here vir jou uitkoms gee. Ontvang hierdie boodskap vandag uit Sy Woord.

Tema: Die Here sal jou red

Teks: “Nou sal jy sien wat Ek met die farao gaan doen: Ek gaan hom dwing om my volk te laat gaan; ja, Ek gaan hom dwing om hulle uit sy land uit weg te jaag.” (Eks 5:24)

  • Baie keer raak ons haastig en wil ons dinge self probeer oplos
  • Staan eerder stil… en kyk wat God regtig doen. Hou jou geestesoë oop – die Here se uitkoms is op pad.
  • So seker soos Hy Israel bevry het, sal Hy jou situasie ook verander.
  • Moenie miskyk wat God reeds besig is om te doen nie.

Gebed:

Liewe Vader, maak my geestesoë oop sodat ek U hand duidelik kan sien.
In Jesus se Naam.
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 2 Julie 2025

Dagstukkies April

2 Julie

Mag jy vandag vrede beleef om saam met die Here te bly wandel – al verstaan jy nie wat Hy doen nie. Hierdie boodskap is direk uit die Woord van God en net vir jou bedoel.

Tema: As jy nie verstaan wat God doen nie

Teks: “Here, waarom werk U so sleg met hierdie volk? Waarom het U my nou eintlik gestuur?” (Eks 5:22)

  • Selfs al volg jy die Here, beteken dit nie altyd dinge gaan maklik wees nie.
  • Moses het ook geworstel omdat alles verkeerd geloop het.
  • Soos Jesus in Getsemane, mag jy jou hart eerlik voor God uitstort.
  • Jou hemelse Vader sal jou nooit los nie – Hy bring uitkoms wanneer jy vasdraai.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat ek met U mag worstel en U altyd uitkoms gee.
In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 1 Julie 2025

Dagstukkies April

1 Julie

Mag jy vandag ware vreugde beleef omdat jy die Here ken en weet Hy lei jou. Hierdie is ’n boodskap uit God se Woord – spesiaal net vir jou.

Tema: Ken jy die Here regtig?

Teks: “Ek ken die Here nie, en ek sal Israel nie laat gaan nie!” (Eks 5:2)

  • Mense wat nie hul lewens aan God se leiding onderwerp nie, ken Hom nie.
  • Bou op jou eie verhouding met die Vader, Seun en Heilige Gees.
  • As jy sê jy ken Hom, leef dan soos Hy jou vra.
  • Mense wat God ken en Sy wil doen, beleef Sy seën.

Gebed:

Liewe Vader, help my om elke dag vanuit my verhouding met U te leef.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 30 Junie 2025

Dagstukkies April

30 Junie

Liewe ….

My wens is dat jy gelukkig sal wees. Gister het jy gehoor dat dit belangrik is om die regte keuses te maak. Ek bid dat jy jou sonde opreg voor die Here en ander mense sal bely. Hier is ‘n boodskap uit die Woord vir jou.

Tema: Valse belydenisse

Teks:“ Ek het verkeerd gedoen teen julle God, die Here, en teen julle…” (Eks 10:16)

  • Dit gebeur dikwels dat wanneer jy in die nood is, jy ‘n belydenis doen net om uit die moeilikheid te kom.
  • Die regte hartseer, die soort wat Hy vra, bring jou egter by God uit (2 Kor 7:10).
  • Dit bring jou by die ware lewe uit en daaroor was niemand nog ooit spyt nie (2 Kor 7:10).
  • As jy aan die ander kant net oor jouself hartseer is, en nie ook jou probleme na God neem nie, mis jy die betekenis van belydenis (2 Kor 7:10).
  • Dan is jy met jou trane en al op pad na die doderyk toe (2 Kor 7:10).
  • Wanneer jy bely, bely omdat jy God seer gemaak het. Dit is wat die genadige God van jou vra.
  • Wees nou vry!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat ek opreg my sonde voor U kan bely.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 29 Junie 2025

Dagstukkies April

29 Junie

Liewe ….

Ek hoop dat jy vandag vrede en rustigheid sal ervaar. Jy weet nou dat jy ‘n persoonlike verhouding met God moet hê. My gebed is dat jy God as die Een wat regverdig is, sal leer ken. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Kies reg

Teks:“Die Here sal onderskeid maak tussen die vee van Israel en die van Egipte… “(Eks. 9:4)

  • Dikwels kies ons verkeerd. Verkeerde keuses het slegte dinge tot gevolg: vir jou, vir ander mense, vir diere en selfs vir die natuur of skepping.
  • Dikwels kies ons reg. Goeie keuses het goeie gevolge : vir jou, vir ander mense, vir diere en selfs vir die natuur of skepping.
  • As jy die pad van die Here kies, stap jy die pad na die lewe toe (Ps. 119:30).
  • ‘n Wyse mens kies sy woorde reg en is stadig voor hy praat (Spr. 16:21, 23).
  • Kies wat jy wil doen: Kies geluk en lewe of kies straf en dood (Deut. 30:19).
  • Wanneer jy die lewe en geluk kies sal jy voorspoedig wees, geluk ervaar en vreugde beleef (Deut. 30:19).
  • Kies lewe! Wees gelukkig!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat ek deur U Gees reg kan kies.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 28 Junie 2025

Dagstukkies April

28 Junie

Liewe ….

My wens vir jou is dat jy vandag gelukkig sal wees. My wens is dat jy ‘n goeie dag sal beleef. Gister het jy gehoor dat jy nie moed moet opgee as jy teenstand kry nie, want dit kom. Ek bid dat jy die onverstaanbare God daarom persoonlik sal leer ken. Ontvang Sy spesiale Woord vandag.

Tema: Ken God persoonlik

Teks:“’Ek is wat Ek is’… ‘ Ek is’ het my na julle toe gestuur” (Eks 3:14)

  • “Ek is wat Ek is” of “Ek wat is” is God se persoonlike naam. Jy kan God nou ook persoonlik op die naam ken.
  • Hy stel in jou belang. Hy wil die persoonlike verhouding tussen jou en Hom laat groei.
  • Hy help jou. Hy gee vir jou om. Hy omarm jou. Hy gee warmte en liefde aan jou.
  • Hy bevry jou. Hy verlos jou. Hy red jou. Hy gee jou ook dié ewige lewe.
  • Buiten Hom is daar geen Helper en Redder nie.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat ek “Ek is wat Ek is” persoonlik as my liefdevolle Redder kan ken.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 27 Junie 2025

Dagstukkies April

27 Junie

Liewe ….

Mag dit met jou geestelik, fisies en emosioneel goed gaan. Jy weet nou reeds dat jou omstandighede vandag jou vir jou toekoms voorberei. Hier is God se Woord vir jou.

Tema: Soms wag daar teenstand en uitdagings

Teks:“… Maar Ek sal hom hardkoppig maak, en hy sal die volk nie laat gaan nie. ” (Eks 4:21)

  • Jou lewe is nie altyd net maanskyn en rose nie – daar wag soms ook moeilike tye, teenstand en uitdagings op jou.
  • Wanneer dit so gaan, verloor jy soms perspektief op die lewe en dink dat alles sleg is.
  • Tog, God hou Sy Woord en daarom sal Hy altyd vir jou sorg.
  • Wanneer jy om hulp vra, sal Hy jou help en in enige krisis bystaan (Ps. 91:15).
  • Moenie moed opgee nie. Gryp die dag en leef met hoop.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U uitdagings gebruik om my te leer sodat dit oorwinnings kan word.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 26 Junie 2025

Dagstukkies April

26 Junie

Liewe ….

Ek hoop dit gaan met jou baie goed. Gister het jy gehoor dat die Here alle gawes, talente en kennis sal gee wat jy nodig het om die wêreld beter te maak. My wens is dat jy sal onthou dat God jou voorberei vir take om op jou lewensreis uit te voer. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Die omstandighede word voorberei

Teks:“Daarna het Moses na sy skoonpa Jetro toe teruggegaan en vir hom gesê: “Ek wil graag teruggaan na my mense toe in Egipte om te sien hoe dit met hulle gaan.” Jetro antwoord hom: “Gaan gerus.” (Eks 4:18)

  • Jou lewe lê oop en bloot vir die Here God.
  • Hy ken jou hede, maar ook jou verlede en gelukkig ook die toekoms wat op jou wag.
  • Kyk, die Here is op die punt om iets nuuts in jou lewe te doen (Jes. 43:19).
  • Kan jy dit dan nie agterkom nie? Dit het alreeds begin gebeur (Jes. 43:19).
  • Die Here, jou God van genade ontmoet jou presies waar jy is.
  • Leef voluit. Wees positief. Wees gelukkig.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U reeds begin om ‘n nuwe era in my lewe moontlik te maak.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 25 Junie 2025

Dagstukkies April

25 Junie

Liewe ….

My wens is ook dat jy gesond sal voel en inderdaad ook gesond sal wees – fisies, emosioneel en geestelik. Jy weet teen die tyd dat dit nie saak maak of mense jou ken of nie. As die Here jou stuur, moet jy gaan. My gebed is dat jy nie meer skaam sal wees nie. Ontvang die volgende boodskap vandag.

Tema: Verskoning nommer vier: Ek het nie die talente hiervoor nie

Teks:“ Toe sê Moses vir die Here: ‘Ag, Here, ek kan nie goed praat nie…’”. (Eks. 4:10)

  • Die Here weet presies wat jy nodig het.
  • Hy ken die plekke waar jy hulp nodig het en waar jy teleurstellings beleef het.
  • Jou terugslae is geen probleem vir God nie, want Hy verander teleurstellings en mislukkings in geleenthede en oorwinnings.
  • Die Here gee aan jou die gawes, talente en hulp om die take wat op jou wag suksesvol uit te voer.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U aan my alles gee sodat ek kan doen wat U wil hê ek moet doen.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 24 Junie 2025

Dagstukkies April

24 Junie

Liewe ….

Jy weet nou dat dit nie saak maak of mense Christusgelowiges is of nie. As die Here jou roep, help Hy jou. Verder hoop ek dat jy gelukkig is en gemoedsrus het. Die boodskap wat vandag na jou kom is om te glo dat God alles moontlik maak. Die boodskap vandag vir jou is die volgende.

 Tema: Verskoning nommer drie: Die mense sal nie my nie aanvaar nie

Teks: “Maar toe sê Moses: ‘Sê nou maar die Israeliete glo my nie…’” (Eks 4:1)

  • Moses was onbekend. Hy was ‘n skaapwagter. Hy het geen eienskap van ‘n leier gehad nie.
  • Jy is ook dikwels bang dat jy nie goed genoeg is nie en nie aanvaarbaar sal wees nie.
  • Die Here het jou gedurende jou lewensreis voorberei om jou taak uit te voer.
  • Wanneer God toetree, verander alles. Hy maak jou bekwaam om te doen wat van jou verwag word om te doen (Fil 2:13).
  • Jou bekwaamheid kom van Hom wat die opdrag gee: Wees op puntdiens!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U alles gee sodat ek kan doen wat U van my verwag om te doen.

In Jesus se Naam

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 23 Junie 2025

Dagstukkies April

23 Junie

Liewe ….

Ek hoop dat dit met jou emosies, verstand en fisies goed gaan. Gister het jy gehoor dat die Here jou toerus om Sy wil te doen My gebed is dat jy meer vrymoedigheid sal hê. Breek uit jou “veiligheidsnessie” uit. Hier is Sy Woord wat vandag na jou kom.

Tema: Verskoning nommer twee: Die mense ken nie vir God wat my stuur nie

Teks:“… en hulle vra my: ‘Wat is Sy Naam?’ wat moet ek dan vir hulle sê?” (Eks. 3:13)

  • Daar is baie verskonings om nie jou roeping uit te voer nie – ek praat nie goed nie; ek is te jonk; ek is nie goed genoeg opgelei nie of weet te min; my geld is te min; ek is te oud en nog so baie ander (Jer. 1:4).
  • Vir die Here is geen verskoning die regte verskoning nie.
  • Al die dinge wat nodig is kom van God die Heilige Gees. Hy gee aan jou die gawes, kennis en talente soos Hy wil en wanneer Hy wil (1 Kor. 12:11).
  • Die Here ken jou by die naam. Hy sê vir jou: “Jy behoort aan my! Ek wil jou graag gebruik!”
  • Moenie bang wees nie. Hy sal jou red. Hy het jou naam aan Hom vasgemaak. Jy behoort aan Hom (Jes. 43:1).

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my help om my take voluit uit te voer.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 22 Junie 2025

Dagstukkies April

22 Junie

Liewe ….

Noudat jy weet dat ons net die God van die Bybel mag aanbid, is my gebed dat jy die moed van ‘n leeu sal kry. Waag en bereik baie. Ek hoop dat dit met jou liggaam en gees goed sal gaan. Die boodskap wat vandag na jou kom is die van dapperheid. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Verskoning nommer een: Ek is nie goed genoeg nie

Teks:“Toe sê Moses vir God: “Wie is ék dat ek dit by die farao sou waag en dat ék die Israeliete uit Egipte sou bevry?” ” (Eks 3:11)

  • Die Gees werk op verskillende maniere in jou. Hy gee die seisoene in jou lewe.
  • Om op puntdiens te wees, werk te doen, mense te help en die lewe te verbeter, vra dikwels moeite, harde werk en naïewe geloof.
  • Tog, niks van jou is toevallig nie. Hy het jou met ‘n plan en ‘n doel gemaak.
  • Nog voor jy mens geword het, het Hy jou beplan en versorg (Ps. 139:16).
  • Sedert jy mens geword het, is jou lewe in Sy hand en het Hy beheer oor jou lewe (Ps. 139:15, 16)
  • Gryp vandag alle goeie goed met oorgawe aan! Help ander mense! Doen jou bes en leef voluit!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U aan my die gawes en talente gee om U wil uit te voer.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.