31 Julie
EK bid dat jy mense se menswaardigheid sal respekteer. Hier is God se Woord vandag vir jou.
Tema: Respekteer mense
Teks:“Jy mag nie moord pleeg nie” (Eks 20:13)
- Hierdie opdrag geld vir alle mense met wie jy te doen het.
- Daardie mense vir wie jy kwaad is, hulle van wie jy nie hou nie en diegene wat jou seergemaak het – die opdrag geld vir julle wedersydse verhouding.
- Almal het iets van God in ons (Gen 1:27).
- Almal is God se ambassadeurs en verteenwoordigers.
- Christusgelowiges soos jy, hanteer alle mense met menswaardigheid.
Gebed
Liewe Vader. dankie vir genade dat U my help om mense met menswaardigheid te hanteer.
Help my om dit te doen.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

