29 Desember
Mag jy verstaan dat jou hele lewe ‘n storie oor jou karakter en verhouding met God vertel. Kry krag vandag uit die Woord van God.
Tema: Jou lewe dra ‘n verhaal oor
Teks: “Samuel het in die tempel gehelp; ‘n klein seuntjie wat die klere van ‘n priester dra”. (1 Sam. 2:18 – Die Boodskap)
- Samuel het voorbeeldig opgetree, anders as Eli se kinders.
- Die Here seën die gedrag van hulle wat aan Hom getrou is.
- Jy het twee paaie waaruit jy kan kies: soos Eli se seuns of soos Samuel.
- Kies die lewe! Kies om soos Samuel te leef! Respekteer God en ander mense.
- Dien die Here God. Leef met vrede en wees gelukkig.
Gebed
Liewe Vader, laat ek U altyd belangrik maak.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


