“Dit het Ek vir julle gesê, sodat julle in My vrede mag vind. In die wêreld ervaar julle swaarkry, maar hou moed. Ek het reeds die wêreld oorwin”
Joh. 16: 33
In hierdie wêreld is daar baie teenstrydighede. Daar is woede en kwaadpratery. Daar is mooi praat, vleitaal en leuens; en daar is direkte aanvalle. Daar is baie afleidings en daar is baie mense en dinge wat mens weglei van die waarheid van Christus af. Daar is mense wat spog met hulle boosheid soos duidelik uit Ps. 52: 3-4 blyk (“Waarom spog jy oor ‘n bose daad, krygsheld? God se troue liefde is die hele dag daar. Jou tong beplan vernietiging, soos ‘n skerp skeermes, jy wat bedrog pleeg”) en in Spr. 17: 4 maak Salomo ons bewus daarvan om op die uitkyk vir boosheid te wees (“’n Kwaaddoener gee aandag aan lippe vol boosheid; ‘n leuenaar spits sy oor vir ‘n tong vol vernietiging”). Die Psalmdigter waarsku ook teen die leuen (“Maar hulle het Hom probeer oorreed met die mond en het vir Hom bly lieg met die tong” (Ps. 78:36)).
Lees meer “Stof tot nadenke: Op watter stoel sit jy?”

















































