Sondag 21 Januarie 2024 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers:
Wiehann & Claudia van der Walt (dogtertjie – Isabella van der Walt).
- Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Sam 3: 1-10.
Die tema van die prediking is: Soveel stemme?
- Kategese.
- Voorstelling van Kerkraadslede:
Ouderling: Johan du Toit Blok 12A
Diakens: Madeleine Vermeulen Blok 5C&D
Ilse du Toit Blok 12A
- Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
- Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die erediens vir die maand van Januarie nie.
Dinsdag 23 Januarie 2024 :
- Bybelstudiegroepe kom in konsistorie bymekaar om 10:00.
- Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
- Blokbyeenkoms om 16:00 in Blok 13 (Groenkloof) & Blok 2 (Reeboksfontein & Sandhoogte) in die eetsaal van Groenkloof.
Donderdag 25 Januarie 2024 :
- Bloedskenk-geleentheid vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal.
- Prediker: ds Danie Goosen.
- Kategese.
- Spesiale Offer vir Alta du Toit-Skool (Kuilsrivier) by die deure.
- Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die erediens vir die maand van Januarie nie.
Blokbyeenkomste :
Ons blokbyeenkomste het weer begin vir Woensdag om 18:00. Ons versoek graag die kerkraadslede / dienswerkers van die onderskeie blokke om die Woensdag voor die byeenkoms in hul spesifieke blok, asseblief die kerkkantoor te laat weet by watter adres in hulle blok die byeenkoms sal plaasvind sodat dit betyds in die afkondigings geplaas kan word.
JEUG :
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00. Indien u enige verdere inligting verlang skakel asb vir Vicky Barnard – 083 500 5687.
Rek en strek oefEninge vir seniors :
Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die kerksaal.
Nuwe lede is baie welkom. Kontakpersoon: Piet Snyman – 082 297 3476.
Omgeebediening :
- In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
- Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
G etuienisbediening :
- Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons staan aan die begin van ‘n nuwe jaar en ons wil weer die gemeente uitnooi om deel te neem aan een van ons groot projekte – om 2 liter gevriesde sop / droë sop (resep hieronder), ‘n vars brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke tweede week. Die datums vir die eerste kwartaal is 31 Januarie, 14 & 28 Februarie en 13 & 27 Maart en na 17 Jan se uitreik is ons vrieskaste dolleeg.
By voorbaat baie dankie aan julle getroue ondersteuning vir hierdie jaar.
Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies,150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop.Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.
U kan dit skenk in die volgende twee formate:
1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak
- Behoeftes vir Getuienisprojekte:
- Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
- Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
- Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
ALMANAKKE 2024 :
Die almanakke vir 2024 is beskikbaar. Kerkraadslede en Dienswerkers wat nog nie hul blok se kalenders ontvang het nie kan dit asseblief gedurende kantoorure kom afhaal.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.
– Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Bybelstudiegroepe 2024
Ons gemeente het weeklikse Bybelstudiegroepe op verskillende plekke. Indien u by ’n groep wil inskakel, skakel die kerkkantoor om uit te vind watter groep die naaste aan u huis vergader.
Die Bybelstudiegroepleiers vergader Dinsdag 23 Januarie om 10:00 in die konsistorie.
| DAG | TYD | PLEK | KONTAK- PERSOON | |
| Maandag | 17:00 | Suiderkruis | Cornie Pieters | 082 499 0516 |
| Dinsdag | 10:00 | Lokaal 6 | Gert Louw | 082 712 7929 |
| Dinsdag | 10:00 | Tergniet/Reebokhoogte | Marita Erasmus | 082 253 2876 |
| Dinsdag | 10:00 | Reebokhoogte | Marietjie Smit | 082 771 6034 |
| Dinsdag | 15:00 | Groenkloof Biblioteek | Ballot Visser | 082 923 2707 |
| Dinsdag | 10:00 | Groenkloof | Tolletjie vd Merwe | 082 412 3153 |
| Dinsdag | 15:00 | Reebokhoogte | Una Vorster | 072 621 0250 |
| Woensdag | 10:00 | Lokaal 6 | Rumada Janse v Rensburg | 082 773 8996 |
| Donderdag | 09:00 | Tergniet | Carin van Ginkel | 082 891 7791 |
| Donderdag | 18:30 | Glentana | Jan Richter | 072 231 7859 |
Flesse
Baie dankie aan elkeen wat gehelp het om leë koffie flesse in te samel. Ons is bly om te kan sê ons het ’n oorvloed van flesse ontvang en benodig nie op die stadium nog leë flesse nie.
CARITAS CARE
Inskrywings vir die PASTORALE NARRATIEWE KURSUS is nou oop.
Vir verdere besonderhede, kontak Riana – 081 039 8853.
Verjaarsdae 2024
21 Januarie – Herman Krynauw.
22 Januarie – Louwna Barnard, Isabel Boshoff, Ben Hanekom, Lurica Spies.
23 Januarie – Jaco Maritz.
24 Januarie – Joppie Gibhard, Marie Jordaan, Reuben Terblanche.
25 Januarie – Aussie Eybers, Shane Herbst, Christa Jooste, Willie Liebenberg, Lorna Terblanche.
26 Januarie – Kleintjie Botha,Susan Coetzee, Hanaliza de Vries, Charlie Fourie, Petro French,
Ronel Potgieter, Sannie Pretorius, Wayne van Wyk.
27 Januarie – Daphne Boshoff, Eddie Drost, Helena Oosthuizen, Rita Schoeman, Nelie Urie.
28 Januarie – Cobus Terblanche.
18 Januarie – Daphne Boshoff: Wyk 13D (Groenkloof)
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Radio SA
FEBA Radio SA ondersteun verskeie radiostasies in Tsjad, Malawi, Mali, Mosambiek en Niger. Hulle werk tans daaraan om ’n stasie in Soedan te open. Die Suid-Afrikaanse span help Afrika-stasies met fondse, lisensies, toerusting en uitreikmateriaal.
Ons gebed vir die week: Bid dat dr Jurie Vermeulen, FEBA Radio SA se nasionale direkteur, en sy span hierdie jaar goeie gesondheid sal geniet, dat die Here die pad sal oopmaak om nuwe stasies te begin, en dat Hy hulle deur die uitdagings in hul bediening sal lei.
Die webwerf(nggrootbrak.co.za)
21 Januarie 2024
- Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 21 Januarie 2024.
- Getuienisbediening:
b) Week se Nuusbrief van Lynette van Madagaskar, asook versoek vir voorbidding.
3. Bybelstudiereeks:
a) Die Weeklikse: “‘Op watter stoel sit jy?”
4. Gemeente Nuus:
a) Ooievaarstee vir Nadia – ‘n fotogallery.
5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314


