Afkondigings 14 – 21 Januarie 2024

Sondag 14 Januarie 2024 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Markus 1: 1-8.

Die tema van die prediking is: Ongebaande weë.

  • Spesiale Offer vir Jan Kriel Instituut (Kuilsrivier) by die deure.
  • Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die erediens vir die maand van Januarie nie.

Woensdag 17 Januarie 2024 :

  • Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida – 082 471 0751.

Alle belangstellendes is welkom.

  • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok 1 (Gonnakraal, Sorgfontein & Vlakte) by

Louis & René Vorster, Wolwedraai Boerdery, Sorgfontein – 083 702 8639.

Sondag 21 Januarie 2024 :

  • Erediens om 09:00.
  • Prediker: ds Danie Goosen.
  • Kategese.
  • Doop.
  • Voorsteling van Kerkraadslede.
  • Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Daar sal GEEN tee bedien word na afloop van die erediens vir die maand van Januarie nie.

Gebedsgidse:

Gebedsgidse vir Januarie 2024 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Rek en strek oefEninge vir seniors :

Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die kerksaal.

Ons eerste sessie begin Dinsdag 16 Januarie. Nuwe lede is baie welkom.

Kontakpersoon: Piet Snyman – 082 297 3476.

Kategese :

Kategese begin weer vanaf 21 Januarie 2023. Kontak die kerkkantoor vir meer besonderhede.

Blokbyeenkomste :

Ons blokbyeenkomste begin weer vanaf Woensdag 17 Januarie 2024 om 18:00. Ons versoek graag die kerkraadslede / dienswerkers van die onderskeie blokke om die Woensdag voor die byeenkoms in hul spesifieke blok, asseblief die kerkkantoor te laat weet by watter adres in hulle blok die byeenkoms sal plaasvind sodat dit betyds in die afkondigings geplaas kan word.

ALMANAKKE 2024

Die almanakke vir 2024 is beskikbaar. Kerkraadslede en Dienswerkers wat nog nie hul blok se kalenders ontvang het nie kan dit asseblief gedurende kantoorure kom afhaal.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.

– Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
  • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

G etuienisbediening :

  • Wolwedans boodskap, sop en brood:

Ons staan aan die begin van ‘n nuwe jaar en ons wil weer die gemeente uitnooi om deel te neem aan een van ons groot projekte om sop te voorsien om 100 gesinne elke tweede week van ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter gevriesde sop/droë sop (resep Hiermee) en ‘n vars brood te voorsien. Die datums vir die eerste kwartaal is 17 & 31 Januarie, 14 & 28 Februarie en 13 & 27 Maart. By voorbaat baie dankie aan julle getroue ondersteuning vir hierdie jaar.

Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies,150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop.Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.

U kan dit skenk in die volgende twee formate:

1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of

2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak

  • Behoeftes vir Getuienisprojekte:
  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

Omgeebediening : 

  • In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
  • Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Bybelstudiegroepe 2024

Ons gemeente het weeklikse Bybelstudiegroepe op verskillende plekke. Indien u by ’n groep wil inskakel, skakel die kerkkantoor (044 620 2205) om uit te vind watter groep die naaste aan u huis vergader.

Die Bybelstudiegroepleiers vergader Dinsdag 23 Januarie om 10:00 in die konsistorie.

DAGTYDPLEKKONTAK- PERSOON
Maandag17:00SuiderkruisCornie Pieters082 499 0516
Dinsdag10:00Lokaal 6Gert Louw082 712 7929
Dinsdag10:00Tergniet/ReebokhoogteMarita Erasmus082 253 2876
Dinsdag10:00ReebokhoogteMarietjie Smit082 771 6034
Dinsdag15:00Groenkloof BiblioteekBallot Visser082 923 2707
Dinsdag10:00GroenkloofTolletjie vd Merwe082 412 3153
Dinsdag15:00ReebokhoogteUna Vorster072 621 0250
Woensdag10:00Lokaal 6Rumada Janse v Rensburg082 773 8996
Donderdag09:00TergnietCarin van Ginkel082 891 7791
Donderdag18:30GlentanaJan Richter072 231 7859

Flesse

Baie dankie aan elkeen wat gehelp het om koffie flesse in te samel. Ons is bly om te kan sê ons het ’n oorvloed van flesse ontvang en benodig nie op die stadium nog leë koffie bottels nie.

CARITAS CARE

Inskrywings vir die PASTORALE NARRATIEWE KURSUS is nou oop.

Vir verdere besonderhede, kontak Riana – 081 039 8853.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Leierskap

Goeie leierskap is van lewensbelang vir ’n sterk organisasie. FEBA is geseën met uitstekende leiers wat hul spanne reg oor die wêreld bestuur en terselfdertyd nuwe leiers oplei om die leisels in die toekoms oor te neem.

Ons gebed vir die week: Bid dat God FEBA se leierskap hierdie jaar sal lei waar hulle politiese, ekonomiese, kulturele en persoonlike uitdagings moet aanpak. Bid dat hulle getrou aan Sy roeping sal bly en hul spanne met goddelike wysheid sal lei. Bid dat God hulle op hul reise sal beskerm en hul werk sal seën.

Die webwerf(nggrootbrak.co.za)

14 Januarie 2024

  1. Erediensbediening:

a) Skakel na die YouTube Preek van 14 Januarie 2024.

  1. Getuienisbediening:

a) Missie van Japan: Rampflits.

b) Lynette van Madagaskar wat vir voorbidding vra.

3. Bybelstudiereeks:

a) Die Weeklikse: “‘Na wie se stem luister ons?”

4. Gemeente Nuus:

a) Doopvreugde Desember 2023

b) Blomme-plesier van 2023

5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314