Hier in die begin van die jaar is ons dankbaar dat ons in die afgelope jaar kon getuig dat ons al die werke van ons gemeente met blymoedigheid kon doen.
Dat ons dienswerk en uitbreiding van die koninkryk nooit ‘n voltooidheid bereik nie, maar eerder die voortsetting van pelgrims saam op reis is, is ‘n voorreg. Ons dank u elkeen vir u aandeel en bemoediging om hierdie reis voort te sit.
We have been working hard at the boat and I have to keep up with the Ranger lessons and meetings. As is so often the case, things break when it is least convenient. My quad is waiting for a part which we had to order from Taiwan and the Land Rover has parts coming from Antananarivo. The Landy is still going though, but the quad is out of commission for now. I have to take six different tuc-tucs to get to and from school. I still have trouble walking and doing everything at at a slower speed, is frustrating for me.
Kom geniet ‘n unieke musikale ervaring saam met die Carpe Musicam! Orkes & Koor.
Die April-konserte het weer ‘n groot verskeidenheid interessante verwerkings van bekende en ook minder bekende melodieë – ons poog altyd om iets vir elke smaak op te tower!
“Wie een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n maalklip van ‘n donkie om sy nek gehang word en hy wegsink in die dieptes van die see. Wee die wêreld as gevolg van die struikelblokke. Struikelblokke sal onvermydelik kom, nogtans, wee die mens deur wie die struikelblokke kom.” Matt. 18: 6-7
Baie kras woorde uit die mond van Jesus Christus, maar Hy het dit met oortuiging gesê en bedoel. Hy wat mens geword het om vir ons sondes te sterf. Hy het gesien hoe mense vir mekaar struikelblokke op hulle pad kom sit. Hy wat as Seun van God ook geweet het wat in mense se harte is, en wat hulle ware bedoelings is. Hy wat weet dat vir die reines van hart, alles rein is, maar vir die besoedeldes en ongelowiges is niks rein nie (“Vir die reines is alles rein, maar vir die besoedeldes en ongelowiges is niks rein nie, want hulle verstand en hulle gewete is besoedel” (Tit. 1: 15)).
Woensdag 20 Maart 2024 : • Daar sal GEEN Kooroefening Sondag 24 Maart 2024 : • Erediens om 09:00. • Prediker – Ds Charné Viljoen. • Sewende (Groot) Lydensweek. • GEEN Kategese Wolwedans boodskap, sop en brood 27 Maart2024 Gholfdag 6 April 2024 27 April 2024 – Gemeentefees
17 Maart – Serenda Boshoff, Nadine Jacobs, Landrie Jansen van Rensburg, Rossouw van der Hoven, Pieter van der Merwe. 18 Maart – Marli Delport, Lynnesse Raulstone, Hendrik van Staden. 19 Maart – Irene Kunz, Heidi Steyn, Magnus Venter. 20 Maart – Reon Oosthuizen, Anneline Venter. 21 Maart – André Botha, Wessel (Snr) Janse van Rensburg. 22 Maart – Giel Bezuidenhout, Poppie Delport, Maryna du Preez, Guillaumé Fourie, Larry Richards. 23 Maart – Annetjie du Plooy, Daniélle Fourie, Gert Greeff, Marizaan Hanekom.
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Psalm 51.
Die tema van die prediking is: ‘n Geloofsontdekking? • Sesde Lydensweek. • GEEN Kategese. • Spesiale Offer vir Carpe Diem Skool by die deure. • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Die doel van die besoek was om die dienste van die bediening aan Groenkloof (Groot-Brakrivier) se mense bekend te stel, en om hulle persoonlik te kan ontmoet.
Daar was wonderlike belangstelling op 8 Februarie 2024 toe ons saam in Groenkloof se eetsaal tee en versnaperinge geniet het, wat deur Eben van die oord voorberei is.
Die Bestuurspan van NG Kerk Groot Brakrivier ondersteun die aksie finansieel wat dit moontlik maak om gratis vervoer te verskaf. Daar word bystand verleen met:
Spesiale Offer vir Arbeidsbediening Moselbaai by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
KERKRAADSVERKIESING
Tydens die kerkraadsvergadering gehou op 27 Februarie 2024 is die volgende persone as kerkraadslede verkies:
Voorsitter Jeugbediening: Vicky Barnard
Ouderling: Maarten Roode
Diakens: Tanya Roode (Blok 04B)
Woensdag 13 Maart 2024 :
Kooroefening – 17:00 by die orrel. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
Blokbyeenkomsom 18:00 in Blok: 6B (Eurekapark) by Alida Terblanche, Duineweg 4. Skakel Kobus Stander vir enige navrae – 084 657 3611.
Vrydag 15 Maart – Sondag 17 Maart 2024
Gesinskamp te Harkerville.
Sondag 17 Maart 2024 :
Erediens om 09:00.
Prediker – Ds Danie Goosen.
Sesde Lydensweek.
GEEN Kategese.
Spesiale Offer vir Carpe Diem Skool by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Neem asb kennis dat die datum van die gholfdag, soos aangedui op die almanak, skuif na 6 April 2024.
Verjaarsdae 2024
10 Maart – Miro Jamneck, Susan Maritz, Mignon van der Watt.
11 Maart – Hennie le Roux, Hannes van Eeden.
12 Maart – Amanda Jansen van Rensburg, Lizah Maree, Sarie Munro.
13 Maart – André Jacobs, Guss Louw, Phil Mahne.
14 Maart – Aluschka Bezuidenhout, Rina de Wet, Berno Dumas, Judy Muller,
Lientjie Strydom, Damon Truter.
15 Maart – Hanru Janse van Rensburg.
16 Maart – Delwaine Gresse, Corrie Jacobs, Ilke Kotzé, Hawee le Roux,
Helgaard Müller, Petra Schoerie, Rika Taylor, Johann Terblanche.
gebedsgids :
Gebedsgidse vir Maart 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
G etuienisbediening :
Mentors vir hulp met opstel van besigheidsplanne
Ons verwag dat daar na die entrepeneurs sessie van 8 Maart mense gaan wees wat hulp benodig met die opstel van besigheidsplanne vir die begin van klein besighede.
Enige een wat bereid sal wees om so persoon te help met hierdie behoefte kan asseblief die kerkkantoor skakel.
Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan een van ons groot projekte – om 2 liter gevriesde sop / droë sop, ‘n vars brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke tweede week.
Die oorblywende datums vir die eerste kwartaal is 13 & 27 Maart. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.
Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.
Daar is tans ’n spesifieke behoefte vir ’n baba stootwaentjie en vir ‘n selfoon. Indien u een kan skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel asb vir Aletia – 084 783 1308.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Omgeebediening :
In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Dankies
Goeiemôre gemeente
Ons wil elkeen bedank vir al u bystand, oproepe, gebede, kos en geskenke in hierdie mooi tyd van Theo se geboorte. Ons waardeer elke gebaar van liefde in die tyd. Ons is opnuut verras met die gemeente en gemeenskap se meelewing.
Groete van ons hele gesin.
Danie, Nadia, Daneel, Nikola en Theo.
KLUB 50 – KAMP Kom geniet ’n wegbreek kamp om mekaar beter te leer ken vanaf 6 – 10 Mei 2024 te Plettenberg Forever Resort, Keurboomsrivier. Koste beloop R500 p/p en sluit onbyt en aandete in. Gelde moet asb so spoedig moontlik by die kerkkantoor of per EFT inbetaal word. Verwysing: “K50 Kamp” en u naam.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Nuwe en bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak.
– Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se gevangenisbediening
Duisende gevangenes het Christus al deur FEBA se bediening gevind en baie van hulle is selfs ingeskryf by FEBA se Bybel-korrespondensiekursus! Getuienisse uit tronke in Thailand, Indonesië en die Filippyne vertel van mense wat gedink het daar is geen hoop meer nie, totdat hulle die Bron van alle hoop net daar in die tronk ontmoet het.
Ons gebed vir die week:Bid dat FEBA se Bybel-korrespondensiekursus transformasie in tronke reg oor die wêreld sal bring. Bid dat FEBA Indonesië toestemming sal kry om ’n Bybelskool in die tronk in Tangerang aan te bied. Bid dat gevangenes God se vergifnis en liefde deur FEBA se uitsendings sal beleef.
D ie webwerf(nggrootbrak.co.za)
10 Maart 2024
Erediensbediening:
a)Skakel na die YouTube Preek van 10 Maart 2024.
2. Getuienisbediening:
a) Die weeklikse nuus van Lynette van Madagaskar – voorbidding is altyd nodig.
b) FEBA se E-Gebedsfokus vir Maart is beskikbaar.
c) Nuusbrief van Missie Japan wat ons gemeente op 11 Augustus 2024 besoek.
3. Bybelstudiereeks:
a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Gawes”.
4. Gemeente nuus:
a) Groot-Brakrivier se vroue verenig vir Wêreldbiddag vir Vroue 2024.
5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuningvan die werk van die Here.
“Ons het gawes wat van mekaar verskil, volgens die genade wat aan ons gegee is…” Rom. 12: 6
Elkeen van ons het gawes ontvang, wat deur God aan ons gegee is. Dit is nie noodwendig van die begin van ons bestaan reeds in ons besit nie. Deur ons lewenspad wat God vir ons gewil het, word elkeen van ons in uniekheid geskep, net soos deur die pottebakker elke unieke klei eindproduk vorm op die pottebakkerswiel. Elkeen van ons word dus voorberei om deel van God se koningkryk te word, en elkeen van ons het ‘n spesifieke doel, daar gestel deur die genade en God gegewe gawes, wat ons langs die pad ontvang. Dit laat mens met die vraag: “Nou wat is my gawes? Hoe weet ek waar God wil hê ek moet inpas in Sy raadsplan? Waar wil God hê ek moet my gawes gebruik? Hoe weet ek wanneer om my gawes te gebruik?”
Woensdag 13 Maart 2024 :Kooroefening – 17:00 by die orrel. Blokbyeenkomsom 18:00 in Blok: 6B (Eurekapark) by Alida Terblanche, Duineweg 4. Vrydag 15 Maart – Sondag 17 Maart 2024Gesinskamp te Harkerville. Sondag 17 Maart 2024 : Erediens om 09:00. Prediker – Ds Danie Goosen. GEEN Kategese. Gholfdag, soos aangedui op die almanak, skuif na 6 April 2024. Wolwedans 13 & 27 Maart.
‘n Laaste paar verdwaalde sneeuvlokkies word die afgelope dae rondgeslinger deur die winde van verandering. Vroeg-oggend hoor ek reeds (‘n paar weke vroeër as gewoonlik) die Japannese nagtegaal sing. Duidelike en helder tekens van die lente wat oppad is in Kobe. Hoe draai die seisoen aan jou kant, terwyl Lydenstyd verdiep?
I asked Dries which of the following scenarios he would choose: a – to be in urgent need of medical care and end up in a very bad hospital b – to be put in prison because of a false accusation
Let me just clarify, both prison and hospital on our island are indistinguishable from one another when it comes to hygiene and care. He struggled to choose between the two and opted for the hospital one where I leaned towards the prison what-if.
Die geleentheid is bygewoon deur 120 vroue van die verskillende kerklike denominasies in Groot-Brakrivier. Dit was ‘n pragtige geleentheid wat ingelei is met die meesleurende Christelike musiek van Palestina, wat hierdie jaar vir die program verantwoordelik was.
Die Tema van die dag was ‘Ek smeek julle…verdra mekaar in liefde’, en dit was ‘n wonderlike ekumeniese geleentheid waar vroue van verskeie kerke saam die biddag aangebied en begelei het. Ds Charne Viljoen het die geleentheid gelei, en Victor van die VGK het die musiek begeleiding gedoen. Christen vroue van al die kerke (AGS, Congregational Church, St. Johns, NG Groot-Brakrivier, Searle Memorial en VGK ) het ook aktief deelgeneem aan die program.
Die geleentheid is afgesluit met koffie/tee en verversings in die kerksaal, wat deur ons gemeente voorsien is, en waar die vroue mekaar beter kon leer ken.
Dankie vir almal wat by die reëlings betrokke was, asook almal wat die dag bygewoon het. Mag dit julle lewe verryk het.
Ons wil net vir Danie en Nadia hartlik geluk wens met die nuwe klein aankomeling in die gemeente. Mag Theo, wat, by sy geboorte op 22 Februarie, die skaal op 3.84kg laat swaai het, julle baie vreugde verskaf. Sy naam Theodore Marais Goosen wat beteken’n geskenk van God.
Goosen gesin se reaksie:
Goeiemôre gemeente
Ons wil elkeen bedank vir al u bystand, oproepe, gebede, kos en geskenke in hierdie mooi tyd van Theo se geboorte. Ons waardeer elke gebaar van liefde in die tyd. Ons is opnuut verras met die gemeente en gemeenskap se meelewing.
“Hou vas aan die geloof en behou ‘n goeie gewete. Omdat sommige hulle gewete onderdruk het, het hulle geloof skipbreuk gely”. 1 Tim. 1: 19
Waar kom ons vermoë vandaan om ‘n goeie gewete te hê? Hoe behou ons ‘n goeie gewete? Paulus verseker ons in 1 Tim. 1: 19, dat ons geloof en ons gewete gekoppel is. Dis wanneer ons geloof tot niet gaan, wat ons gewete ook by die deur uitvlieg. Dan onderdruk ons ons gewete, en redeneer dat die dinge wat ons doen goed en reg is. Dis dan wat dit waar word van mense dat hul gewete toegeskroei is (“Hierdie dwaalleraars is skynheilige leuenaars wie se gewete toegeskroei is. ” (1 Tim. 4: 2)). Ons moet ons nie besig hou met verdigsels en eindelose geslagregisters nie, aangesien die dinge aanleiding gee tot twis en verwydering (“Hulle moet hulle nie met verdigsels en eindelose geslagregisters besig hou nie. Sulke dinge gee eerder aanleiding tot twisgesprekke as dat dit die vorming bevorder wat God deur die geloof gee. Die doel van hierdie opdrag is om liefde te wek wat uit ‘n rein hart, ‘n goeie gewete en ‘n opregte geloof kom.” (1 Tim. 1: 4-5)). Mense sonder gewete het duidelik teen Christus besluit (“Wie die goeie voor oë het, soek aanvaarding, maar wie kwaad nastreef – dit haal hom in.” (Spr. 11: 27); “…en met elke vorm van goddelose misleiding vir hulle wat verlore gaan, omdat hulle nie die liefde vir die waarheid aanvaar het om verlos te kan word nie. ” (2 Tes. 2:10)). Daar is dus ‘n duidelike konneksie tussen geloof en ‘n mens se gewete.