Afkondigings 17 – 21 Maart 2024

Sondag 17 Maart 2024 :

• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Psalm 51.

Die tema van die prediking is: ‘n Geloofsontdekking?
• Sesde Lydensweek.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Carpe Diem Skool by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Woensdag 20 Maart 2024 :
• Daar sal GEEN Kooroefening wees gedurende die skoolvakansie nie. Oefening hervat weer op 3 April 2024 om 17:00. Marida – 082 471 0751.
• Daar is GEEN blokbyeenkoms die week nie.

Donderdag 21 Maart 2024 :
• Menseregtedag.

Sondag 24 Maart 2024 :

• Erediens om 09:00.
• Prediker – Ds Charné Viljoen.
• Sewende (Groot) Lydensweek.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Verjaarsdae 2024

17 Maart – Serenda Boshoff, Nadine Jacobs, Landrie Jansen van Rensburg, Rossouw van der Hoven, Pieter van der Merwe.
18 Maart – Marli Delport, Lynnesse Raulstone, Hendrik van Staden.
19 Maart – Irene Kunz, Heidi Steyn, Magnus Venter.
20 Maart – Reon Oosthuizen, Anneline Venter.
21 Maart – André Botha, Wessel (Snr) Janse van Rensburg.
22 Maart – Giel Bezuidenhout, Poppie Delport, Maryna du Preez, Guillaumé Fourie, Larry Richards.
23 Maart – Annetjie du Plooy, Daniélle Fourie, Gert Greeff, Marizaan Hanekom.

KLUB 50 KAMP – 6 – 10 Mei 2024 te Plettenberg Forever Resort – R500 p/p sluit onbyt en aandete in. Gelde moet asb so spoedig moontlik by die kerkkantoor of per EFT inbetaal word. Verwysing: “K50 Kamp” en u naam. Stuur bewys aan Johan Snyman – 083 736 5747.

Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan een van ons groot projekte – om 2 liter gevriesde sop / droë sop, ‘n vars brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke tweede week.
Die oorblywende datum vir die eerste kwartaal is 27 Maart. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.

Behoeftes vir Getuienisprojekte:
• Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Omgeebediening : 
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
17 Maart 2024
1. Erediensbediening:
a) Skakel na die YouTube Preek van 17 Maart 2024.

  1. Bybelstudiereeks:
    a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Struikelblokke”.
  2. Gemeente nuus:
    a) Ondersteuningsgroep se bekendstelling by Groenkloof.
  3. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of

iets lekkers en kuier saam!

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans in die gemeente. Geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).

Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone.

Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

1. KERRIE-EN-RYS:
250 ml @ R20 & 500 ml @ R30. Corita du Preez – 084 265 9487 / Barbara Gericke

– 082 411 1222. Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.

2. JAFELS: @ R20 elk: Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of

Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.

Kontak ons ook indien u kan help met skenkings vir margerine en “Cook ’n Spray”.

3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk.

4. PANNEKOEK: @ R6 elk. Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie, eiers en kaneel), wat by die kerkkantoor afgegee kan word. Indien u kan help skakel asseblief vir Piet Snyman – 082 297 3476.

5. SOSATIES: Sosaties @ R17 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.

6. GEBAK EN TEETUIN:

Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Ons vra dat elke wyk iets gebak sal bydra vir die koektafel. Michelle Roon – 064 674 9756 /

Marie Snyman – 082 229 8316 / Rita Pienaar – 076 401 5858.

7. GROENTE: Robert Crause – 071 243 9181.

8. WIT OLIFANT: Bring asseblief enige goedere na lokaal 6 by die kerk gedurende kantoorure en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by u huis gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.

9. KINDERTAFEL: Ons benodig asb geldelike bydraes vir die kindertafel. Ons sal ook vrywilligers waardeer wat kan help met insamelings asook hulp kan verleen by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor afgegee word gedurende kantoor ure.

Vicky Barnard – 083 500 5687.

10. POEDING: 350ml@ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 / Dorette Visser

– 072 400 1991 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help.

Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.

11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerkkantoor of kontak Ina Blom – 083 651 4517.

12. LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal.

Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of R50 vir 6. Vries goed. Corrie Pieters – 082 327 9527.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Mongolië

Die Kazak-mense maak 4% van Mongolië se bevolking uit en is die grootste etniese minderheidsgroep in die land. Dié sogenaamde “arendjagters” woon hoofsaaklik in afgeleë gebiede van wes-Mongolië, waar hulle as veewagters werk. Islam is hul hoof-godsdiens en die oorgrote meerderheid is nog onbereik deur die Goeie Nuus. FEBA Mongolië saai spesiale programme in die Kazak-taal uit om hierdie luisteraars te bereik.

Ons gebed vir die week: Bid dat baie Kazak-luisteraars Christus deur FEBA Mongolië se programme sal ontmoet.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314