Sondag 18 Januarie 2026 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan ds Leon Cronje wat vanoggend by ons ontvang en bevestig word.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Korintiërs 1:1-9.
- Die tema van die prediking is: Grote goeie genade!
- Kleuterkerk in die konsistorie.
- Kategese leerders is welkom om die intreepreek saam hul ouers by te woon. Kategese skop amptelik volgende week af met speletjie-pret in die kerksaal.
- Spesiale offer vir Paarl-Skool vir neuraal gestremde kinders by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Dinsdag 20 Januarie 2026 :
- 10:00 – Bybelstudieleiers kom in die konsistorie bymekaar. Persone wat graag ’n Bybelstudiegroep wil begin is ook welkom, al het u nie ervaring of ondervinding nie.
Woensdag 21 Januarie 2026 :
- Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok 1 (Gonnakraal, Sorgfontein & Vlakte) by Louis & René Vorster, Wolwedraai –Kontak Ons .

Sondag 25 Januarie 2026 :
- Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
- Kleuterkerk in die konsistorie.
- Kategese. Almal kom in die kerksaal bymekaar.
- Spesiale offer vir Alta du Toit-Skool (Kuilsrivier) by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Leon Cronje.
Nuwe Lidmate 2026:
Leon, Anette & Charl Cronje: Blok 24 (Reebok Village)
Baie welkom by ons gemeente.

Blokbyeenkomste :
Ons blokbyeenkomste het weer begin op Woensdae om 18:00 (tensy anders aangedui). Ons versoek graag die blokleier/ouderling/diaken van die onderskeie blokke om die Woensdag voor hul blok se byeenkoms, asseblief die kerkkantoor te laat weet by watter adres in hulle blok die byeenkoms sal plaasvind sodat dit betyds in die afkondigings geplaas kan word.

Bedieninge
Almanakke 2026
Die almanakke vir 2026 is beskikbaar. Gemeentelede wat nog nie ‘n kalender ontvang het nie is welkom om dit asseblief gedurende kantoorure te kom afhaal.

Rek en strek oefEninge vir seniors :
Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die kerksaal.
Ons eerste sessie begin Dinsdag 20 Januarie 2026. Nuwe lede is baie welkom.
Kontakpersoon: Piet Snyman – Kontak Ons

Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons wil vir elkeen ‘n baie geseënde 2026 toewens en glo dat die fees-en vakansietyd saam met familie en vriende verfrissend was en dat die nuwe jaar met ywer en toewyding aangepak kan word.
Al die aktiwiteite begin weer in die volgende twee weke en as daar iemand is wat iewers by die Getuienisbediening betrokke wil raak, stuur asseblief ‘n WhatsApp na Emile Hurter – 082 554 1979 of Kobus Huysamen – 082 773 9320 en ons skakel terug.
Die uitreikdatum vir die Wolwedans Boodskap, sop en brood uitreike is 28 Januarie 2026 en ons eerste vergadering van die jaar is geskeduleer vir 26 Januarie 2026.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
- Daar is ’n deurlopende behoefte aan wol.
Omgeebediening :
Ons wil vir elkeen baie dankie sê vir jul betrokkenheid gedurende 2025, ons het veral ’n goeie lot flesse ontvang en kon die mensies ordentlik daarmee bederf. Dankie vir julle ruim en oop omgee-harte!
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons .
Ondersteuningsbediening :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
- Rygeleenthede vir dokter afsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
- Hulp met inkopies.
- Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
- Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – Kontak Ons / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Mosambiek
FEBA Mosambiek het onlangs vir die eerste keer ‘n groot besending radio’s ontvang om in Niassa Provinsie onder luisteraars uit te deel. FEBA se drie radiostasies – Nuru, Chiuanjota en Victory FM – het sedertdien groot reaksie ontvang, veral van Moslems wat vrae vra oor Jesus en die Nuwe Testament. Die reaksie is sodanig dat die FEBA-spanne nou aan ‘n nuwe radioprogram werk om hierdie vrae aan te spreek. In Cabo Delgado, waar die weermag se kamp reg rondom die radiostasie is, het die bevelvoerder tot bekering gekom en soldate begin aanmoedig om FEBA Radio te luister. Van toe af het verskeie soldate Christus aanvaar – mees onlangs ‘n groep van 16, waaronder 14 Moslems was!
Ons gebed vir die week: Prys die Here vir Sy kragtige werking in mense se lewens! Bid vir Sy leiding en wysheid in die vervaardiging van die nuwe radioprogram vir Moslemluisteraars in Niassa. Vra dat die nuwe radio’s tot groot seën sal wees en blywende verandering in Mosambiek sal bring.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
Nuut op 18 Januarie 2026
- Erediensbediening:
a) Die skakel na die YouTube Erediens van ds Leon Cronje is beskikbaar.
b) Die Bevestiging- en Verwelkomingserediens opname van Ds Leon Cronje,
onder leiding van Ds Charné Viljoen, sal later in die week beskikbaar wees. - Getuienisbediening
Die nuutste en eerste nuusbrief vir 2026 van Lynette uit Madagaskar is op webtuiste. - Bybelstudiereeks:
a) Die 2026 ‘Skep asem vir vandag’, is ‘n goeie begin vir elke dag.
b) Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Goed en sleg…” - Gemeentenuus:
a) Die nuwe jaar met al sy aktiwiteite het weer ‘n aanvang geneem, hou die webtuiste
dop vir alles wat kom en vir wat gebeur.
b) Indien u sou wou bydra tot die Brandoffer se fonds, die nodige inligting is
beskikbaar onder die ‘Kom bid saam met die ring van Mosselbaai vir die brande’ op die webtuiste. - Die weeklikse Afkondigings en lief en leed is op die webtuiste indien u wil seker
maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars:
Leon Cronje
Charné Viljoen
Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525 ‘
044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



