Vir jare het ons duisende pamflette uitgedeel om kinders uit ons buurt uit te nooi na verskeie geleenthede by ons plaaslike gemeente, RCJ Kita Kobe Christ Church. Soms het ’n handjievol gekom. Soms nie eens een enkele kind nie.
Verlede Saterdag, vir ons Kinder-Paasfees Partytjie, het 32 kinders deelgeneem (52 insluitend volwassenes)! Definieër ’n wonderwerk. Miskien is ’n wonderwerk wanneer dit onmoontlik is om NIE God aan die werk te sien nie. Ons is opnuut oortuig: al wat God van ons vra, is getrouheid.
Wonderwerke vloei uit God se plan vir Japan, nie ons s’n nie.
Ons waardeer julle gebede en ondersteuning as ons getuienisvennote, om die evangelie van Christus in Kobe en verder te deel.
KLIK HIER ONDER EN DEEL GERUS.
Maak ‘n Bydrae
U kan Missie Japan ondersteun deur hier te klik: Maak ‘n Bydrae


