Jongmense braai saam

Onder inisiatief van die Jeugbediening was daar op Woensdag 10 September, in die vierkant by die kerk, lekker saam gebraai en gekuier. Die vooruitsigte verder is dat die groep moontlik verder sal ontwikkel in die rigting van die beoogde Familiebediening.

Dit was ‘n lekker geleentheid, en alle jongmense wat betrokke wil raak, is welkom.