Liewe vriende en ondersteuners, ons groet julle opnuut in die wonderlke naam van ons Here, Jesus Christus – die Naam bo alle name!
Ons word telkens herinner aan die volgende teksvers wat die belangrikheid van wêreldsending so duidelik uitspel:
“En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.” Matt 24:14. Ons is oortuig daarvan dat ons betrokkenheid by opleiding bydra tot die beskikbaarheid van toegeruste sendelinge om die sendingveld te betree.
Die eerste EMT (Opleidings kursus van ETHNOS) van die jaar wat in Februarie afgeskop het, en waarvan ons in ons vorige nuusbrief berig het, het wonderlik afgeloop en aan die einde van Maart het die meeste studente teruggekeer na hulle onderskeie tuistes. `n Paar jonges het gelei gevoel om agter te bly en het ingeskakel by ETHNOS se internskap-program en hulle sal vir minstens die res van die jaar gedurigdeur opleiding en mentorskap ontvang. ´n Meer ervare egpaar met ervaring in transkulturele sendingwerk het ook vanuit die EMT by ETHNOS aangesluit en sal voortaan verantwoordelik wees vir die organisering van ETHNOS uitreike waarvan die volgende een voor einde Mei sal afskop met deelname van besoekende buitelandse uitreikers.
Middel-April het die eerste EMT-plus plaasgevind met die fokus op toerusting van “Katalis-spanne” wat in onbereikte areas in Afrika gevestig sal wees met die oog daarop om mense van dieselfde kultuur te mobiliseer en op te lei om daardìe mensegroepe effektief met die Evangelie te bereik. Die besoekende, deelnemende sendelinge en andere met spesiale vaardighede, en kennis van die spesifieke fokus-mensegroepe, het vir drie weke hulle kennis en vaardighede met ons andere gedeel en het werklik ´n groot indruk op almal gelaat. Die EMT-plus sal in die toekoms ´n verlenging wees van die bestaande EMT kursus en sal verder gebruik word om katalis-spanne en ander sendelinge op te lei en toe te rus om díegene te bereik wat nog nooit die Evangelie gehoor het nie. Die Alpha kursus waarby Arlene inskakel het reeds die eerste program van 2023 by George Gevangenis voltooi en die volgende een sal binnekort afskop. Dit is telkens duidelik hoe die Here ook hierdie kursus gebruik om diegene in die gevangenis bereik met die Evangelie van Jesus Christus en ons vertrou dat die Heilige Gees sal voortgaan om die wat gehoor het verder te bedien.
Mat 24:42 “Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie.”
Gebedspunte: Bid asb:
Dat die studente/kursusgangers die Heilige Gees se werking sal ervaar
- Dat ons as mentors ook die Heilige Gees se leiding sal volg in gesprekke met studente
- Vir al ETHNOS se verskillende bedieninge in George en verder.
- Vir al die aanbieders van opleiding om Woordgetrou die boodskap oor te dra.
- Vir ons gesondheid en finansies om diensbaar te kan bly
Ons wil vir elkeen wat hier lees van harte bedank vir julle omgee, bemoediging, gebede en getroue ondersteuning.
Dankie dat julle ons venote is in die deel van die Goeie Nuus!
Liefdegroete
Gerrie en Arlene
SA vir WÊRELDSENDING
Sel en WhatsApp nrs. Gerrie 067 084 7256
(Ook op Signal) Arlene 076 446 1407
Bankbesonderhede:
Naam van rekening: NG KERK BERGSIG – SAAWE
Tipe en nommer: ABSA Besigheids spaarrekening nr. 93 5202 1094
Takkode: 632005


