Sondag 19 April 2026 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur dr Frans Hancke.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit 2 Korintiërs 2.
- Die tema van die prediking is: Hoe ruik ons vir die wêreld?
- Kleuterkerk in die konsistorie.
- Kategese.
- Spesiale offer vir Radio FEBA by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Dr Frans Hancke.
- LEEFKerk (Alternatiewe Erediens) om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Leon Cronje.
Woensdag 22 April 2026 :
- Die Blokbyeenkoms van Blok 17 (Pienaar -en Dwarswegstrand) en Blok 18 (Outeniquastrand-Onder) vind om 18:00 plaas in die kerksaal.
Aangesien Blok 19 (Outeniquastrand-Bo) en Blok 20 (Glentana tot George) tans nie ’n blokleier het nie vervroeg ons die datum van Blok 19 en 20 se blokbyeen-koms om plaas te vind saam met Blok 17 en Blok 18 soos hierbo uiteengesit. Kontak die kerkkantoor vir meer inligting.
- GEEN kooroefening. Oefening hervat weer Woensdag 29 April.
Brandwacht Boerebasaar: Saterdag, 25 April 2026
Almal is welkom om saam te kom kuier op Brandwag vir ‘n feestelike boerebasaar op die kerkgronde. Vanaf 09:00 is alle buite stalletjies oop. Om 10:00 open die gebak en om 11:00 die vleistafels. Bring u vriende saam en kom deel in ons dankbaarheid en kom geniet ‘n heerlike kuiertjie op Brandwag.
Sondag 26 April 2026 :
- Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje.
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- Kategese.
- Spesiale offer vir Radio Pulpit by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- LEEFKerk (Alternatiewe Erediens) om 17:00 in die kerksaal, gelei deur ds Leon Cronje.
Nuwe Lidmate 2026:
At van Niekerk van Kaapstad: Blok 25 (Seegenot tot Tergniethoogte)
Baie welkom by ons gemeente.
WhatsApp Broadcastlist

Verjaarsdae

Eiendomsbediening :
Die Eiendomsbediening vra dat u asseblief geduldig sal wees met die gat in die plafon. Ons wil van die geleentheid gebruik maak om fout-opsporing te doen en toeganklikheid te verleen vir die herstelwerk aan die dak.
Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 115 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 22 April, 6 & 20 Mei en 3 & 17 Junie.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die Getuienisbediening se uitreikarm na Wolwedans begin ‘n kunsvlyt projek en skenkings van die volgende sal ons baie help: skêre, ou tydskrifte, Pritt of gom, ou waterverf, akrielverf, ou kwassies, inkleurpotlode, naalde, garing, en wol. En dan is daar ook nood vir ‘n ou yskas en stoof of twee-plaat kookstofie. Baie, baie dankie vir u volgehoue meelewing, omgee en ondersteuning!
Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Epos Kontak.
Ondersteuningsbediening :
“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.” Job 29:12-13(AFR33)
Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames, want dit is God se hart vir die wees en die weerloses en as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – Epos Kontak / Riëtte Jansen van Rensburg – Epos Kontak.
NG Kerk Groot-Brakrivier Gemeentefees – Saterdag 2 Mei 2026

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. U betrokke blokleier sal kontak maak. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word. Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
Ons rekening is:
NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511,takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).
INDIEN U GRAAG WIL BETROKKE RAAK OF ‘N SKENKING WIL MAAK KAN U ASB DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:
🧁 Roosterkoeke Tafel – “Kole & Konfyt”: Vars van die kole – vuurwarm stoomtrek-lekkerte soos net ‘n roosterkoek kan wees! Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kerrie Mince R35. Ons benodig mense wat 1 x pot kerrie mince en 1 x bak chicken mayo kan voorberei, asook mense wat bereid is om by die roosterkoek tafel te help op die dag. 📞 Pieter van der Merwe – Epos Kontak.
🐘 Wit Olifant Tafel – “Skatte & Snaaksighede”: Kommervrye koop met reuse winskopies – iets vir elkeen! Skenkings welkom by Lokaal 6 (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt –Epos Kontak.
📚 Boek Tafel – Kom snuffel rond tussen pragtige tweedehandse boeke! Lees en Lag en Leer ! Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt – Epos Kontak.
🍨 Smullekker Nagereg Tafel – “Soet Sondes”: Nog steeds die beste in die Weste! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Roomys- en foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – Epos Kontak.
🍛 Kerrie & Rys Tafel – “Kerrie ‘n Bietjie”: Geurig en vol huislike smaak – Ouma sou trots wees! Skenkings van rys sal waardeer word. R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Barbara Gericke – Epos Kontak 📞Corita du Preez – Epos Kontak.
🍢 Sosatie Tafel – “Stok en Smul”: Ons skakel hoenders om in ‘n feesmaal op ‘n stokkie – perfek gebraai en propvol geur! R18 per sosatie. 📞 Eddie – Epos Kontak
🥪JAFFLES: R25 elk. Kom geniet ons kraakvars Jaffles met geurige maalvleis vir oud en jonk!👨👩👦👦 🤹Wenk: Jaffles kan gevries word, kan skoolpouse ‘n lafenis wees en bejaardes ‘n maaltyd soos van ouds.🤹♀🍴Kom koop en geniet! 📞 Whitey van der Merwe – Epos Kontak📞 Corrie Pieters – Epos Kontak.
🍰 Tee Tuin – “Koek & Klets”: Kom sit onder die sambreel en geniet ’n koppie koffie of tee met ’n stukkie vars gebakte koek. Enige bydrae van gebak sal waardeer word.☕ Koffie – R20, Tee – R15, Koek – R25. Ds Charné Viljoen – Epos Kontak.
🍽 Pannekoek Tafel – “Strooi & Rol”: Ons pannekoeke is sag, warm en vol geur. Ons benodig asseblief
skenkings van eiers, meel, suiker en olie. R7 elk. 📞 Elsabé Richards – Epos Kontak
🥕 Groente Tafel – “Kraakvars natuurlekkers”: Vars uit die tuin – gesond, geurig en g’n preserveermiddels! 📞 René Vorster – Epos Kontak.
🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Kom geniet jou gate uit! Ons benodig asb geldelike bydraes (spesifiseer asb dat dit vir die kindertafel is), lekkers of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop, asook skenkings van 2de handse speelgoed vir ons tombola tafel. Skenkings kan tydens kantoorure by die kerkkantoor afgegee word. 📞 Tanya Hewitt – Epos Kontak.
🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 28 April. Vries goed. 📞 Corrie Pieters – Epos Kontak.

Potjiekos Kompetisie – Basaar Hoogtepunt!
Ons nooi almal uit om deel te wees van ’n splinternuwe hoogtepunt by vanjaar se basaar – ons Potjiekos Kompetisie! 🥘🔥👉 Skryf in as jy lus is om jou kookvernuf te wys en ’n heerlike potjie voor te berei.
Reëls en riglyne:
👉 Elke deelnemer/span moet hul eie pot en toerusting bring
👉 Deelnemers voorsien hul eie bestanddele
👉 Jou potjie moet genoeg wees om 12–15 mense te bedien
👉 Deelnemers moet ook aandui watter tipe potjie hulle beplan om te maak
👉 Daar sal pryse wees vir die beste potjie(s) 🏆
🕛 Beoordeling: 12:30 waarna almal saam kan eet en geniet!
🍽️ Kaartjies: Gemeentelede en besoekers kan kaartjies koop teen R100 per bord en so deel wees van die potjiekos-ervaring nadat die beoordeling afgehandel is.
Kom wys wat in jou pot steek en wees deel van die pret! 🔥
🔥 POTJIEKOS KOMPETISIE – BENODIGHEDE 🔥
Ons is besig om die Potjiekos Kompetisie vir die basaar te reël en het ’n paar benodighede waarvoor ons hulp sal waardeer:
👉 Potjies (nommer 4 en groter, indien moontlik)
👉 Braaiers / vuurmaak toerusting (indien enige gemeentelede bereid is om dit vir die dag beskikbaar te stel)
👉 Persone wat kan help met die reëlings en opstel
📌 Kontak: As jy kan help met enige van bogenoemde, kontak my asseblief: Ruan Viljoen – Epos Kontak
Baie dankie vir almal se bereidwilligheid en ondersteuning – dit gaan ’n baie lekker toevoeging tot die basaar wees! 🔥🍲
Lam uit die Hartjie van die Karoo

Gebedsbedieing

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBC se Chinese Bediening
FEBC Radio Liangyou saai al vanaf 1949 die evangelie uit na China – aanvanklik deur kortgolf, en nou ook aanlyn. Spanne in Kanada, die VSA, Taiwan en Hongkong vervaardig die programme wat hoop wil bring in ’n moeilike politieke en ekonomiese klimaat, en wat gesinne wil help om hul verhoudings met behulp van Bybelse beginsels te versterk.
Ons gebed vir die week: Bid vir die FEBC Chinese Bedieningspanne, wat uitdagings in hul eie lande ondervind, en vra dat elke program die evangelievuur in luisteraars se harte sal aanwakker.
Webtuiste (nggrootbrak.co.za) Nuut op 19 April 2026
- Erediensbediening:
- Kry die skakel na die YouTube Erediens van 19 April 2026, deur Dr Frans Hancke.
- Getuienisbediening:
- Nuusbrief van Missie Japan se Kinder Paasfees.
- Die nuutste nuusbrief van Lynette uit Madagaskar, waar daar ook probleme is met brandstof verkryging.
- Bybelstudiereekse:
- ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n heerlike positiewe begin vir elke dag.
- Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “God se vergifnis”.
- Gemeentenuus:
- Vind meer uit oor die LEEFKerk nuwe aanddienste in die kerksaal.
- ‘n Swaaihou van sukses: Dankie vir ‘n wonderlike dag van gholf. ‘n Oorsig oor die sukses van die gholfdag van 11 April 2026.
- Spanning, Bingo, Sjokolade en ‘n Toekomsplan: ‘n Oggend van samesyn.
- Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Kontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



