Getuienisbediening: Naaldwerk Projek

Getuienisbediening Wolwedans - NGK Groot-Brakrivier

Die naaldwerkprojek gebruik die afval materiaal wat deur die Stoffeerwinkel CurtainsUp van George geskenk word, asook dit wat die gemeente skenk. Die afval-lappies word weekliks aan die deelnemende Oumas in die Wolwedans gemeenskap voorsien. Reeds 4 naaimasjiene het werkplek gekry, maar nog masjiene sal handig te pas kom. Die Oumas wat nie masjiene het nie, doen naaldwerk, hekel of breiwerk met die hand.

Lees meer “Getuienisbediening: Naaldwerk Projek”