Afkondigings 12 – 19 Mei 2024

Sondag 12 Mei 2024 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan ds Pierrié Kies wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Kor 2:1-5 en 10-15.

Die tema van die prediking is: Die Gees gee ons geloof.

  • Moedersdag.
  • Kategese.
  • Deuroffers tydens Pinkster vir Bybelgenootskap.
  • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

• Besoek van ds Louwrens van der Westhuizen en sy span van Makhathini tydens die Pinksterdiens om 18:00.

Woensdag 15 Mei 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
• Daar is GEEN blokbyeenkoms die week nie.

Sondag 19 Mei 2024 :

• Erediens om 09:00. • Prediker – Ds Danie Goosen. • Nagmaal. • GEEN Kategese. • Spesiale offer vir Bybelverspreidingsfonds by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Gesamentlike Pinkster Afsluiting Sondag 19 Mei om 15:00
Gelei deur ds Charné Viljoen
Vrye Gereformeerde Kerk Groot-Brakrivier

U word genooi om die diens saam met ons by te woon.
Dit is ’n twee ure lange diens by die VG Kerk, Groot-Brakrivier.
Sang en boodskappe vanaf verskillende kerke word voorgehou.
Ons kom 14:30 hier by ons kerk bymekaar en vertrek dan saam na die VG Kerk.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Bloedskenk-geleentheid :
DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 23 Mei 2024 vanaf 15:00 tot 19:00
in die kerksaal. Christo Smith – 083 447 9891.

Neem Kennis
Die eredienstye verskuif na 10:00 gedurende die maande van Junie, Julie en Augustus.

Omgeebediening :
Kom ons probeer uit dankbaarheid elke aand met Pinkster ‘n kombers, warm baadjie/jas of kruideniersware bring vir hulle wat hierdie winter gaan koud of swaar kry.
Plaas alles voor in die “Omgeehouers”.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:

Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die oorblywende datums vir die tweede kwartaal is 22 Mei en 5 & 19 Junie. Na 8 Mei se uitreik is ons vrieskaste dolleeg. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.

Behoeftes vir Getuienisprojekte:

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
12 Mei 2024

1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 12 Mei 2024.
2. Getuienisbediening:

b) Sendingnuus: Operasie Mobilisasie, ‘n video van bekendstelling.

  1. Bybelstudiereeks:
    Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Nabyheid van God”.
  2. Gemeentenuus:
    a) Erediens tye vir Hemelvaart en Pinkster.
    b) Bybelblokraaisels is beskikbaar onder speletjies.
    c) Klub50 se kuier by Keurboomsrivier.
  3. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Lanstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314