Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 28 April 2026 – God het my gehelp.

28 April

Ek bid dat jy ‘n dankbare hart sal aanleer – dankbaar omdat jy die hulp van die Here in jou lewe sal begin raaksien. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: God het my gehelp

Teks: “Kom prys die Here, want Hy het my gehelp toe ek na Hom geroep het. Die Here gee my krag. Hy beskerm my. Ek het op Hom vertrou en Hy het my gehelp.” (Ps. 28:6-7 – Die Boodskap)

  • God maak nie net beloftes nie — Hy help regtig as jy Hom vra. (Ps. 34:17)
  • Dink terug aan hoe God jou al gehelp het — dit bou jou vertroue in Hom.
  • Jou krag en beskerming kom van God af — nie van jouself of van ander mense nie.
  • Sê vir God dankie vir een ding wat Hy vir jou gedoen het — dankbaarheid laat jou meer van Sy goedheid raaksien.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my krag en my skild is en dat U my al so baie keer uit die moeilikheid gehelp het.

In Jesus se Naam.

Amen..

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.