Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 23 April 2026 – Die aarde is God s’n.

23 April

Mag jy vandag verstaan hoe groot en wonderlik die Here God is. Hier is saad uit die saailand vandag vir jou.

Tema: Die aarde is God s’n

Teks: “Alles op hierdie aarde is die Here s’n. Ja, die aarde self en alles wat daarop leef en beweeg, is Syne.” (Ps. 24:1 – Die Boodskap)

  • Jou lewe, jou omstandighede en jou toekoms behoort aan God — Hy wat alles besit, sal ook vir jou sorg. (Ps. 50:10–12)
  • Omdat God die Eienaar van alles is, hoef jy nie bang te wees omdat daar dinge is wat jy dalk nie het nie.
  • In Sy hande is alles vir jou meer as genoeg.
  • Jy behoort ook aan Hom — jy is nie toevallig hier nie, maar geplaas deur jou Vader wat omgee en in beheer is.
  • Lewe vandag met rus en vertroue — want die Eienaar van die aarde hou ook jou lewe in Sy hande.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat ek aan U behoort en dat my lewe veilig in U hande is.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.