Michele Potgieter – Opvolg nuus rakende haar dogter Mari-Alena

Liewe vriende en familie

Baie dankie dat julle bid en intree. Dankie vir elke bemoedigende woord en vir elke bydrae. Ons waardeer dit oneindig baie.

Hierdie was een van die moeilikste twee weke van my lewe. 

Daar was tye wat ek op my einde was, waar die dokters gesê het dat hulle Mari-Alena net aan die lewe hou. Daar was ook dae van geloof en oorwinning. Wat die Here my so kom versterk het! 

Mari-Alena is gediagnoseer met Burkitt Limfoom (tipe B-sel NHL limfoom kanker.

https://my.clevelandclinic.org/health/diseases/22777-burkitt-lymphoma

 

Die gewas in haar maag het die uitgang versper dat sy glad nie meer kon voedsel inneem nie. Dit het ook haar hele maagwand oortrek. Nadat ek die CT scans op die dokter se skerm gesien het en hy vir my gesê het dat dit graad 4 kanker is, het dit gevoel asof ek nie kon staande bly nie, maar die Here is steeds goed en getrou! Die Here het my kom verseker dat Hy haar genees! Ek glo dit met my hele hart en met alles in my. Sy was vir ‘n week in Mediclinic waarvan 4 dae daarvan in intensief. Die dokter het ons oortuig dat Tygerberg hospitaal spesialiseer in Burkitt Limfoom. Ons staan net in verwondering oor hoe die Here voorsien het vir die behandeling in Mediclinic asook vir die ambulans na Tygerberg. Na haar eerste chemo kon ons dadelik ‘n verskil sien. Binne ‘n paar dae was alle pyn weg en kon sy weer eet. Haar buik swelling het drasties verminder. Die kanker het ook na haar baarmoeder vesprei. Daar is ook 10% in haar rugmurg teenwoordig.

So nou dat ons weet waarvoor om te bid, kan ons gefokus bid.

Maandag kry sy haar tweede chemoterapie wat baie meer aggresief gaan wees as die eerste. Verlede Saterdag het Benjamin en Cilliers hul sussie in die hospitaal verras! Benjamin het uit Amerika gevlieg en Cilliers uit New Zeeland.  Ek is so jammer dat ek nie gereeld by die boodskappe en “updates” uitkom nie. Tygerberg is so halfuur se ry vanaf Stellenbosh, soms ry ek in die verkeer dan is dit sommer ‘n uur lank. Besoektye by Tygerberf is baie streng. Dit is maar ;n staatshospitaal, maar Mari-Alena het nog nie een negatiewe woord gesê nie. Sy staan so sterk, verduur elke ontbering. Dit is so verskriklik moeilik vir my om haar in soveel pyn te sien en daar was dae wat ek edink het dat ons haar gaan verloor. Sy het verskriklik gewig verloor, sy was so bleek en swak. Vandag lyk sy baie beter! Ek prys die Here vir Sy getrouheid en Sy genesing! Ons gebruik saam met Mari-Alena nagmaal en salf haar. Ons spreek lewe oor haar. Die Here gaan verheerlik word deur haar getuienis!

Ek gee daagliks kort updates en gebedsversoeke op Whatsapp en Facebook.

My Whatsapp nommer indien jy op die groep wil wees: +380938126060

In Suid-Oekraïne gaan die gemeente goed aan. Die leiers is so getrou. Hou asseblief aan om vir Suid-Oekraïne en Oekraïne te bid.

Groete en seën

Michele Potgieter.  

Stellenbosch

*Account Name:* Marialena Behandeling en Nasorg

*Account Number:* 2333274073

*Bank:* Capitec (Savings)

https://www.facebook.com/share/KaKbQoZMYNKG8HRy/?mibextid=LQQJ4d