Die Jeug-jaar 2024 afsluiting was ‘n pragtige geleentheid, met vier jongmense wat belydenis van geloof afgele het, en waar die jongklomp hulle Sertifikaate vir getroue bywoning ontvang het. Die Kinderdankoffer is as deel van die geleentheid ingesamel.
Die geleentheid het ook die doop van twee broertjies ingesluit, wat die dag besonder spesiaal gemaak het.
Die diens is gelei deur Ds Charne Viljoen, met die teks uit Matt. 18: 1-7, en die tema: ‘Dink Jeug!’. Die geleentheid is afgesluit om die braaivleisvure.
















