Die Jeug-jaar 2024 afsluiting was ‘n pragtige geleentheid, met vier jongmense wat belydenis van geloof afgele het, en waar die jongklomp hulle Sertifikaate vir getroue bywoning ontvang het. Die Kinderdankoffer is as deel van die geleentheid ingesamel.
Lees meer “Jeug jaar afsluiting 2024”April se Doopgeleentheid
Op 14 April 2024 het klein Lume Gruber se ouers voor die NG Gemeente gemeente bevestig dat hulle haar sal grootmaak volgens die Christelike geloof. Dit was ‘n mooi aanskoulike geleentheid, waar beide ouers se ouerpare teenwoordig was om ook hul ondersteuning te bevestig.
Sondag 21 April 2024 het die De Swardt ouers hulle klein seuntjie Joubert Jakobus de Swardt gedoop met ondersteuning van die familie. Dit is altyd ‘n goeie geleentheid met die toevoeging van nog’ n klein kindjie in die koninkryk.
Hartlik geluk aan albei ouer pare.
Doopvreugde Desember 2023
Groot-Brakrivier gemeente het ‘n ongekende vreugde van vier dopelinge op 24 Desember 2023 beleef. Vir die gemeente met hoofsaaklik afgetrede lidmate was dit heerlik om so’ n dag te beleef.
Doop: November 2023
‘n Vrolike doop geleentheid toe drie dogtertjies gedoop is uit een gesin. Dit was’ n lekker familiebyeenkoms toe GJ en Bianca Maree hul dogtertjies – Abia, Ilanca en Lizah vanoggend gedoop het terwyl Oupas en Oumas die geleentheid saam gevier het.
Lief en Leed Week 32 van 2023
‘n Spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doopouers:
– Pieter & Sharné Janse van Rensburg (dogtertjie- Larah).
Lief en Leed Week 18 van 2023 – Doop
’n Spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Altus & Carmi Kitching (dogtertjie – Hanje Helena Kitching)
Laat die kindertjies na My toe kom!
In Januarie 2023 het ons drie heerlike doopgeleenthede in ons gemeente beleef. So ‘n wonderlike antwoord op die versoek van Christus om die kindertjies na Hom toe te laat kom. Dis heerlik om jongmense met die begeerte om hulle kinders te laat doop te beleef. Dis die kinders wat vir ons die toekoms in Christus is en ons moet alles in ons vermoë doen om hulle nie te verhinder om God te leer ken nie.
8 Januarie
Jaques en Johanita le Roux (Seuntjies: Luca en Beau Jonah)
Charl en Lurinda Fourie (Dogtertjie Lua-Mari)
22 Januarie
Corne en Anneke Mulder (Seuntjie Harley) van Ierland wat by hulle ouers kuier
29 Januarie
Stefan en Helga Hayward (Dogtertjie Lilian Ruth)
Die doopgeleenthede was onderskeidelik gelei deur Ds. Danie Goosen en die laaste deur Ds Hayward van George. Watter wonderlike begin vir die Jaar 2023!
Lief en Leed Week 5 van 2023
n Baie spesiale verwelkoming aan dr. Lesley Hayward wat vanoggend die doopplegtigheid waarneem.
• Ons verwelkom graag die familie en vriende van Stefan & Helga Hayward en hul dogtertjie Lillian Ruth wat vanoggend gedoop word.
















