Getuienisbediening

Getuienisbediening

Ons werk daaraan om die GROOT OPDRAG “Gaan uit, die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die hele mensdom” uit te voer deur sendelinge te ondersteun met gebede, bou aan verhoudings, wedersydse kommunikasie asook finansiële ondersteuning. Huidiglik ondersteun ons die volgende sendelinge:

  • Stéphan, Carina en kinders van der Watt in Japan

  • Louwrens en Jeanne van der Westhuizen in Makhathini

  • Amos, Lynda en seun in Marseilles en Algerië

  • Dries en Lynette de Jager in Madagaskar

  • Fred, Paula en seuns Berrington van Friemersheim

  • VGK Greenhaven

  • Boodskap, sop en brood bediening in Wolwedans

 

Die doelwit is om die evangelie met soveel as moontlik mense te deel deur verskeie aktiwiteite jaarliks saam met ons sendelinge aan te pak, maandelikse gebedssessies ter ondersteuning te hou en gereelde terugvoer aan die kerkraad en gemeente te gee.

Sendelinge Nuus

Madagaskar Sending

Sorry that it’s been so long since we’ve given you an update on what’s been happening in our lives and in the ministry here!  We’ve been in Ambilobe the entire time (other than some necessary travel within Madagascar) making efforts towards beginning outreach anew to the Antakarana in this area.
Without …

MISSIE JAPAN

Liewe medewerkers29 MAART 2019 – “D-DAY”
Dit is met ‘n blye hart dat ons vandag met jou enkele verwikkelinge rondom Elmar en Nadine se vertrek na Japan wil deel.In Desember 2018 het die kerk in Japan namens Elmar en Nadine, aansoek gedoen vir hulle verblyfpermit. 
Vroeër hierdie maand is ons in kennis …

PORTUGAL SENDING

Gerrie en Arlene Coetzee
Nuusbrief Januarie 2019
Graag wil ons julle groet met hierdie teksvers in Hebreërs 4:16 “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.” Dit is voorwaar ‘n wonderlike wyse om 2019 in te …