Goeie naand, ons wil graag vra dat jy asseblief vir Nadine se pa sal bid. Hy is nogsteeds in die ICU. Hy is al meer as ‘n maand in die ICU. Sy infeksie telling is hoog en sy nier funksie is geweldig onderdruk. Hy ontvang dialise behandeling om sy niere te help. Dis ‘n uitdagend tyd vir die familie, maar ons is dankbaar dat ons hierin SA kan wees om pa Fanie en Nadine se ma by te kan staan. Baie dankie vir jou gebede. Liefde Elmar & Nadine.


