Stof tot nadenke: Die Lig van Christus

Toe het Jesus weer met hulle gepraat en gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal beslis nie in die duisternis leef nie, maar sal die lig van die lewe hê.”

Joh. 8: 1220

In die Advent tyd kyk ons met vreugde uit na die herinnering aan die koms van die Lig na hierdie wêreld. Waar ons ookal gaan, luister ons na Kersliedere wat ons gedurig herinner aan die grootste geskenk wat ons nog ooit kon gekry het. Dié geskenk wat reeds meer as 2000 jaar gelede na hierdie wêreld gekom het. Tog was die gelowiges in die Ou Testament reeds bewus daarvan dat God die Lig is in die duisternis van hierdie wêreld. Die Lig was van altyd af by God en was saam met God.

Lees meer “Stof tot nadenke: Die Lig van Christus”

Stof tot nadenke: Die Bron van die Evangelie

Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig. En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar tereuggegee het, gaan Hy sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig. Toe begin Hy vir hulle te sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.

Luk. 4: 18-2120

Ons is in die Advent tyd van die kerklike jaar. Dit herinner ons aan die afwagting wat ons elke jaar onthou van die koms van Jesus Christus. Vir baie van ons is hierdie tyd die afwagting na Kerfees en vakansie tyd, wêreldwyd. Ons sien uit na saam kuier met vriende en familie. Vir menige mense is dit alleen tyd nadat hulle moes afskeid neem van geliefdes. Skielik is ons menswees onder ons uitgeruk! Tog is ons as gelowige Christene bewus daarvan dat die evangelie vir ons soveel meer in die afwagting bring.

Lees meer “Stof tot nadenke: Die Bron van die Evangelie”

Stof tot nadenke: Stilte…

As die Here nie my hulp was nie, sou ek spoedig in die stilte gewoon het.

Ps. 94: 1720

Stilte, iets wat ons soms ongemaklik na woorde laat gryp. Ons weet nie altyd hoe om stilte te hanteer nie. Ons is so gewoond daaraan om ons woorde, so dikwels sonder nadenke, te laat vlieg; net omdat ons bang is vir stilte! Hoekom is dit so moeilik vir ons om ons denke en woorde te beteuel? Mens kan tog nie hoor wat gesê word, as jy nie stil raak om te hoor wat ‘n ander sê nie.

Lees meer “Stof tot nadenke: Stilte…”

Stof tot nadenke

Vertrou op die Here en doen die goeie, bewoon die land en waak oor betroubaarheid.

Ps. 37: 320

Die Psalmdigter wys daarop dat ons moet waak oor betroubaarheid. Kan ons as mense egter betroubaar wees? Selfs Salomo het gereken dat geen man betroubaar is nie. Kan ons deur ons lewe hoegenaamd poog om betroubaar te wees?

Lees meer “Stof tot nadenke”

Stof tot nadenke: Die Pottebakker en Sy klei…

Maar nou, Here, U is ons Vader. Ons is die klei en U is ons pottebakker – ons almal is die werk van u hande. Moenie mateloos toornig wees nie, Here, moenie vir altyd ons sondeskuld onthou nie! Ja, sien tog in: Ons almal is u volk.

”Jes. 64: 8-920

Wanneer mens ‘n pottebakker beleef, vanaf die klei se voorbereiding tot die finale eindproduk, besef mens wat hierdie inleidende en opvolgende verse vir mens probeer sê oor God, die Pottebakker van ons bestaan. Die Pottebakker het reeds ‘n beeld van die eindproduk in gedagte. Daar is egter ‘n groot hoeveelheid voorbereidings wat gedoen moet word, voordat daar hoegenaamd begin word. Die klei word in voorbereiding gebrei, sag gemaak, klamgemaak en gesif om alle onsuiwerhede uit die klei te verwyder. Daarna kom dit as ‘n bondel klei op die draaitafel of pottebakkers tafel waar dit verder met deeglikheid en noukeurigheid verder verwerk word.

Daar word met oorleg en met ervarings-kennis van alle beskikbare pottebakkersgereedskap gebruik gemaak. ‘n Draadsnyer, spons, ribbes, metaal skraper, hout modelerings werkstuk, ‘n lint werkstuk en ‘n skerp naaldwerkstuk, ‘n rand werkstuk en ‘n klei-gat werkstuk. Al hierdie gereedskap stukke word gebruik om die klei te vorm. Met ‘n baie stil en standvastige hand word die klei bewerk. Enige onsekerheid kan lei tot die her-begin van die finale produk. Deur al die werkery word die klei klam en nat gehou, sodat dit nie te vinnig uitdroog nie. Daar word gedurig weer her-beplan, om te verseker dat die beste produk op die tafel oorbly. Die klei word met die hande van die pottebakker in die aanvanklike proses bewerk en gevorm. Die hande hou die klei liefdevol vas, om die gewenste groote, holtes, openinge en vorm aan die gang te sit. Die rand word met die draadsnyer gelyk gemaak, en die vorm word verder met die ribbes, metaal skraper en hout modelerings werkstukke gevorm. Daarna word die versiering met skerp en snydende werkstuk gereedskap gevorm, ingesny en versier. In die proses word baie onnodige klei weggewerk. Aan die einde van die proses, word die produk losgesny van die tafel. Dit word verder stadig en stelselmatig uitgedroog, om enige barste en skeef trek te vermy. Dan word die finale produk geglasuur met verskillende kleure glasuur en word dan in ‘n baie warm potebakkersoond gebak om uiteindelik die finale produk te kry.

“Is Ek nie in staat om soos hierdie pottebakker met julle te maak nie, huis van Israel?” is die uitspraak van die Here. ‘Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, huis van Israel.” (Jer. 18: 620); “Jy sal nou vir my sê: Hoe kan Hy dan nog ‘n mens die skuld gee? Want wie kan sy wil tog teengaan?” Wie is jy tog, o mens, om God te weerspreek? Sal die maaksel vir sy maker sê: “Waarom het jy my so gemaak?” Of het die pottebakker dan nie die reg om uit dieselfde stuk klei ‘n voorwerp vir edele gebruik of vir onedele gebruik te maak nie?” (Rom. 9: 19-2120)

Net so vorm God ons deur ons lewe. Ons word geskuur en geskaaf. Ons kry dikwels seer soos wat die klei met die skerp en snyers gereedskap gevorm word. God het ons reeds beplan nog voordat ons in die moederskoot gevorm is, om die beste ons te wees, soos wat Hy dit beplan het. Deur ons lewe ervaar ons terugslae en teenslae, wat ons nie altyd begryp nie, maar dit alles is deel van God se Pottebakkers Hand in ons lewens. Ons word dikwels losgesny van dinge wat ons standvastigheid gegee het. Ons word versier met genade gawes en die liefde van die Pottebakker. Ons moet egter onthou dat die Pottebakker ook die mag het om die kleipot wat nie voldoen aan sy skeppingsdoel nie, te breek en te vernietig.

Het Hy, wat my in die moederskoot gemaak het, hulle nie ook gemaak nie? Het Een ons nie in die baarmoeder voorberei nie?” (Job 31: 1520); “Op U is ek aangewese van die moederskoot af; van my geboorte af is U my God.” (Ps. 22: 1120); “Dit is immers U wat my niere geskep het, my in die moederskoot geweef het.” (Ps. 139: 1320); “Jy moet vir hulle sê: “So sê die Here, Heerser oor alle magte: “Só sal Ek hierdie volk en hierdie stad breek – soos mens die kleipot van ‘n pottebakker breek, sodat dit nie weer heelgemaak kan word nie. In Tofet sal mense begrawe word weens gebrek aan begraafplek.” ” (Jer. 19: 1120)

Wanneer ons oorgee aan die leiding van God deur die Heilige Gees kan ons ook vashou aan die belofte wat God vir Jakob gee in Jesaja. Ons hoef nie bang te wees nie, want God het ons met ‘n rede, en vir ‘n doel geskep in die moederskoot. Hy sal ons met waterstrome lawe en seën. Ons grootse Pottebakker het ons geseën met die ewige lewe, wat vir ons gegee is as genadegawe, deur Jesus Christus ons Verlosser, en die bystand en leiding van die Heilige Gees. Ons kan dus as oorwinnaars lewe, wat nie van ons Skepper geskei kan word nie.

So sê die Here, wat jou gemaak het, jou in die moederskoot al gevorm het, wat jou help; “Moenie bang wees nie, my dienskneg, Jakob, ja, Jeserum, wat Ek uitgekies het. Want Ek sal water uitgiet op dorre aarde, waterstrome op droeë grond. Ek sal my Gees uitgiet op jou nageslag, en my seën op jou nakomelinge. Hulle sal groei tussen gras, soos rivierwilgers langs waterstrome.” (Jes. 44: 2-420); “Maar in dit alles is ons selfs meer as oorwinnaars deur Hom wat sy liefde aan ons bewys het. Ek is immers daarvan oortuig dat nóg dood, nóg lewe, nóg engele, nóg magte, nóg teenswoordige, nóg toekomstige gebeure, nóg kragte, nóg hoogte, nóg diepte, nóg enigiets anders in die skepping, ons sal kan skei van die liefde van God in Christus Jesus ons Here.” (Rom. 8: 37-3920)

Stof tot nadenke: Verwondering

…en Hy het hulle gesond gemaak, sodat die skare vol verwondering was toe hulle sien dat doofstommes praat, kreupeles gesond word, verlamdes loop en blindes sien. En hulle het die God van Israel verheerlik.

Matt. 15: 3120

Wat is dit wat jou in verwondering laat? Die definisie vir verwondering is “om met verwondering na iets te kyk; verbaas of verstom te wees. Lied 464 verwoord die verwondering van die mens by aanskoue van God se skeppingswerk. So verwoord ook Ps. 8 en 104 die verwondering van die psalmdigter by aanskoue van God se skeppingswerk en die natuur. Ons grootste verwondering as gelowiges van die evangelie van Jesus Christus, lê egter daarin dat ons verwondering ervaar wanneer ons tot die besef kom dat God die Vader ons so lief kon hê, ons wat swak en nietige mense is, dat Hy sy unieke Seun na hierdie wêreld laat kom het. Sodat ons sy wonderdade, deur die ervarings van almal wat daar was, van bewus kan wees deur die woorde in die Bybel. Die menige vertellings van mense wat wonderwerke aanskou het; mense wat gesond gemaak is; mense waarvan geeste uitgedryf is deur bevele van Jesus Christus.

Lees meer “Stof tot nadenke: Verwondering”

Stof tot nadenke: Grense

Moenie ou grense verskuif wat jou voorouers gelê het nie.

Spr. 22: 2820

Dwarsdeur ons lewe stel ons grense aan alles om ons en in ons. Sommiges se grense is nou en beperk, terwyl ander wye ruimtes nodig het, en dus hulle grense daarby aanpas. Dis lewens grense, dorp grense en landsgrense. Dit is grense oor wie ons toelaat om ons lewensruimte binne te kom, of buite te hou. Dis grense van wat ons doen of nie doen nie. Hoe bepaal ons hierdie grense? Wie gee ons leiding om hierdie grense daar te stel? Die beste voorbeeld is sekerlik die Tien Gebooie wat deur God self aan sy volgelinge gegee is. Sy vereiste was dat hierdie grense nagevolg moet word om kinders van God genoem te word.

Hy het op die kliptafels die woorde van die verbond, die Tien gebooie geskryf. ” (Eks. 34: 2820)

…maar troue liefde bewys aan duisende, aan hulle wat My liefhet en my gebooie nakom.” (Eks. 20: 620)

Mense hou daarvan om grense te verskuif om by hulle leefstyl aan te pas. Maar het ons werklik die insig en vaste fondamente om dit te doen? Of leef ons in die illusie dat ons die mag het om grense te verskuif? Dit is God wat alle grense vasgestel het. Hy het selfs die seisonale grense daar gestel by die skepping. Dit is God wat besluit wat hier op aarde aanvaarbaar is of nie. Binne en buite Israel.

Mense verskuif grense, hulle buit troppe vee en laat dit wei.” (Job 24: 220);

U het al die grense van die aarde vasgestel; somer en winter, U het dit gevorm.” (Ps. 74: 1720);

…omdat hy gesê het: “Met krag van my hand het ek opgetree, en in my wysheid – ja, ek het insig. Ek verwyder die grense van volke, hulle voorraadkamers plunder Ek, en as die sterke, slaan ek wie op trone sit, neer.” (Jes. 10: 1320);

Ja, Edom sê: “Ons is verpletter, maar ons sal weer die puinhope opbou.” Maar so sê die Here, Heerser oor alle magte: “Húlle kan maar bou, maar Ék sal afbreek. Hulle sal die goddelose gebied genoem word, en die volk vir wie die Here vir altyd vervloek het. “Met julle eie oë sal julle dit sien en julle sal self erken: “Die Here is groot buite die grense van Israel.”” (Mal. 1: 4-520)

Ons as gelowige Christene word ook gemaan om nie ons grense te verskuif wat deur ons gelowige voorouers vir ons daar gestel is nie. Dit wat gabaseer was op wat God in hulle harte ingelê het. Mens kan ook nie dink om verkeerd teen vaderlose kinders op te tree nie, want God sal self as hulle losser optree. Ons word gebind om die regte ding dwarsdeur ons lewe te doen, want daar sal onvermydelik nagevolge wees, indien ons nie gedurig poog om binne God se wet te bly nie. Ons moet alles in ons vermoë doen om nie struikelblokke vir ander te wees nie, sodat hulle nie van God weggehou word nie.

Moenie ou grense verskuif nie, en in die landerye van vadderloses moet jy nie kom nie. Want hulle losser is sterk; Hy sal hulle regstryd teen jou voer.” (Spr. 23: 10-1120);

Uit een mens het Hy al die nasies van die mensdom gemaak om die hele aarde te bewoon. Hy het vir hulle vasgestelde tye gegee en die grense van hulle woongebied bepaal.” (Hand. 17: 2620);

Ek wil julle daaraan herinner – al weet julle dit alles – dat die Here, nadat Hy een keer die volk uit Egipteland gered het, die tweede keer diegene wat nie geglo het nie, omgebring het.” (Jud. 1: 620);

“Dit wat die wet ken – dat die wet seggenskap het oor mense vir solank as wat hy leef nie?” (Rom. 7: 120);

Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar struikelblokke kom, maar wee die een deur wie dit kom.”” (Luk. 17: 120);

Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle sluit die deur van die koninkryk in die mense se gesig toe. Julle gaan self nie in nie, en julle verhinder dié wat wel ingaan. ” (Matt. 23: 1620)

Hoe dankbaar kan ons nie wees dat ons ‘n liefdevolle God het nie. Wat ook vir elkeen van ons, wat in Hom glo, verlossing te weeg gebring het, deur Jesus Christus, wat alles gelei en gedoen het, om die wat in Hom glo, te verlos. Ook gee die Heilige Gees ons daagliks leiding, deur deure oop of toe te maak, van waar die Vader ons heen wil lei, net soos Paulus ook ervaar het in Troas. Laat ons ons grense bepaal deur die liefde van die genadegawes wat ons ontvang het, sodat ons ook God kan verheerlik in alles wat ons doen.

Daar sal nie langer iets oor geweld in jou land gehoor word nie, of oor verwoesting en vernietiging binne jou grense nie. Jy sal jou mure Verlossing noem, en jou poorte Lof.” (Jes. 60: 1820);

Hulle het deur Frigië en die landstreek van Galasië gereis, omdat hulle deur die Heilige Gees verhinder is om die woord in Asië te verkondig. Toe hulle naby Misië kom, het hulle probeer om na Bitinë te gaan, maar die Gees van Jesus het hulle nie toegelaat nie. Hulle het toe by Misië verbygereis en afgegaan na Troas. Daardie nag het Paulus ‘n visioen gehad. ‘n Macedoniese man het daar gestaan en hom gesmeek met die woorde: “Kom oor na Macedonië en help ons!”” (Hand. 16: 6-920);

Toe Ek by hulle was, het Ek hulle wat U My gegee het, in u Naam bewaar. Ek het hulle beskerm; en niemand van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.” (Joh. 17: 1220)

Stof tot nadenke: God se wil

God se wil

Daarom dan, van die dag dat ons dit gehoor het, hou ons nie op om vir julle te bid nie. Ons bid dat julle vervul mag word met die volle kennis van God se wil, deur al die wysheid en insig wat die Gees gee.

Kol. 1: 920

Om die wil van God te ontdek en te doen, is ‘n behoefte van elke gelowige. Ons is gedurig op soek na die wil van God, deur Bybelstudie, deur gebed, deur met ander daaroor te gesels. Hoe vind ons die oplossings vir ons lewe? Daar is baie skrywers wat hulle opinie lig oor die wil van God, soos die aanhaling van Braam Hanekom ‘God se wil vir jou lewe is nie ver verwyder van die passie wat in jou geplaas is nie. Miskien moet jy ophou soek na sy wil en diep in jou binneste die passie ontdek wat Hy daar geplaas het.’, of die aanhaling van Euripides dat ‘Menslike briljantheid beteken niks nie, tensy dit met God se wil rekening hou.’ So het menige geleerdes en soekers na die wil van God, antwoorde geformuleer om hulle eie gemoed te stil. Ook die aanhaling van Trevor Hudson ‘Wanneer ons God se wil soek en dit doen, ervaar ons gewoonlik ‘n toenemende innerlike silte, tevredenheid en vreugde. Selfs al beteken dit soms moeilike keuses of om teen die massa in te gaan. Wanneer ons doen wat die stem van ons gewete ons vra om te doen, word ons harte en verstand aangeraak deur ‘n diep innerlike kalmte.’ Dis maar enkele van die beskikbare aanhalings van soekers na die wil van God.

Tog gee die Skrif, wat waarheid is, vir ons duidelike aanduiding oor die wil van God. Die volmaakte wil van God. Ons moet afgesonder vir Hom leef. In hierdie wêreld, maar nie van hierdie wêreld nie.

Elke Skrifdeel is deur God geïnspireer en is nuttig vir onderrig, weerlegging, teregwysing, en opvoeding om God se wil te gehoorsaam, sodat die mens wat aan God behoort, bekwaam kan wees, ten volle toegerus vir elke goeie taak.” (2 Tim 3: 16-1720);
Julle moenie aan hierdie wëreld gelykvormig wees nie, maar verander word deur die vernuwing van julle denke, sodat julle goed kan onderskei wat die goeie en aanneemlike en volmaakte wil van God is.” (Rom. 12: 220);
Daarom laat hy hom, gedurende die oorblywende tyd van sy liggaamlike bestaan, nie langer deur menslike begeertes lei nie, maar wel deur die wil van God.” (1 Pet. 4: 220);
Want dit is God se wil dat julle heilig moet leef: dat julle julle sal weerhou van onsedelikheid,…” (1 Thes. 4: 320)

Hoe kom ons tot daardie punt dat ons kan leef volgens God se wil? Ook hiervoor is daar verskei teksverse wat ons help. Ons moet in gebed tot God nader, ons moet dankbaar wees vir alles wat ons het. Dit alles is vir ons moontlik, wanneer ons besef dat God dit vir ons bewerkstellig. Dis nie uit eie krag wat ons die volmaakte wil van God ontdek nie, maar wanneer ons ons oorgee aan die leiding van die Heilige Gees, wat vir ons intree. Ons aardse begeertes is van verbygaande aard, maar God se wil is vir ewig.

Wees altyd bly; bid sonder ophou; wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in Christus Jesus.” (1 Thes. 5: 16-1820);
Want elkeen wat die wil van God doen , is my broer en my suster en my moeder.” (Mark. 3: 3520);
Hy wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, dat Hy volgens die wil van God vir die heiliges intree.” (Rom. 8: 2720);
En die wêreld en sy begeertes gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly tot in ewigheid.” (1 Joh. 2: 1720)

Dit alles is vir ons moontlik gemaak deur God, die Vader, wat ons so lief gehad het, dat Hy sy Enigste en unieke Seun as Verlosser gegee het. Ook die Heilige Gees is vir ons as waarborg van ons erfenis as genadegawe gegee, sodat ons tot eer en verheerliking van God kan leef. Laat ons besef dat ons wapen vir enige verdediging, die wil van God is. Dan sal ons ook soos Jesus Christus as ons voedsel, die wil van God vind, sodat ons tot eer en verheerliking van Hom kan leef. Daarin is die krag van ‘n opregte gelowige, om God se wil biddend te vra om te kan lewe en ‘n bron van lewe vir ander te kan wees!

Hy het die geheimenis van sy wil aan ons bekend gemaak, soos Hy dit goedgedink en in Christus voorgeneem het, om die volheid van die tye te bestuur, en om alle dinge – die dinge in die hemel en die dinge op die aarde – onder een Hoof in Christus saam te bring. ” (Ef. 1: 9-1020);
Die Gees is die waarborg van ons erfenis, om ons los te koop as God se eiendom, tot lof van sy heerlikheid.” (Ef. 1: 1420);
En Jesus sê vir hulle: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.” (Joh. 4: 3420);
Ons wapen vir aanval en verdediging is om die wil van God te doen.” (2 Kor. 6: 783); “Om te leef soos die Here dit wil, is die krag van die opregte;…” (Spr. 10: 2983);
Wie die wil van die Here doen, is ‘n bron van lewe; die mens wat wysheid het, red lewens.” (Spr. 11: 3083);
Vra na die wil van die Here, dan sal julle lewe!” (Am. 5:683)

Stof tot nadenke: Verandering…

Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

2 Kor. 3: 1820

Verandering is een van daardie konsepte wat ons benoud maak. Ons is so gewoond aan wat ons ken, en sien nie altyd kans dat enigiets verander om ons nie; uit vrees dat ons nie sal weet hoe om die verandering te aanvaar en hanteer nie. Twee bekende persoonlikhede het as volg oor verandering gevoel: ‘Veranderings is die wet van die lewe. En dié wat net op die verlede of die huidige konsentreer, gaan beslis die toekoms verpas.’ is ‘n aanhaling van John F Kennedy. Dit is besonder waar van alle tye af. Die bekende Leo Tolstoi se aanhaling bring ons nader aan wat God in ons lewe bewerk deur verandering: ‘Alles verander. Alles beweeg – en die beweging is God. En terwyl daar lewe is, is daar dié bewustheid van die goddelike. Om die lewe lief te hê is om God lief te hê. Swaarder en tog die grootste seën vir ‘n mens is dit om hierdie lewe lief te hê in ‘n mens se lyding.

Daar is nog menige ander bekendes wat hule siening oor verandering uitgespreek het, waarvan hierdie maar enkeles is: ‘Wees die verandering wat jy graag in die wêreld wil sien’, ‘n bekende aanhaling van Gandhi; ‘Dit is in verandering dat dinge betekenis kry.’ ‘n aanhaling van Heraklitus; ‘Niks is permanent behalwe verandering nie.’ ‘n aanhaling van Herodotus. Dit is duidelik dat verandering ‘n gegewe is in die lewe. Iets wat ons soms benoud laat oor die onbekendheid daarvan. Ons kan egter met sekerheid weet dat die verandering om ons teweeg gebring word deur God en Sy Gees wat in ons werk, soos Trevor Hudson dit so mooi saamgevat het: ‘Werklike verandering vloei altyd van binne af voort. Dit is ‘n saak van die hart. Innerlike verandering vind plaas in daardie verborge area van ons lewens wat God alleen kan bereik en wat ons nie sonder God se hulp kan sien nie. Dis alleen die Gees van God wat daardie verandering van hart, wat ons diepste behoefte is, teweeg kan bring.

Ons staan binne-in ‘n redelik groot verandering in ons gemeente, te wete die standplaasverwisseling wat tussen twee predikante gaan plaasvind. Ons kan egter in sekerheid leef dat ook dit die werking van die Heilige Gees is wat beide predikante gedring het om ‘n verandering te maak. Dit kan dus omwentelinge teweeg bring, maar as dit God se wil is, kan ons seker weet dat dit ten bate van beide gemeenskappe, asook die predikante is. Dinge sal noodwendig tot ‘n sekere mate verander, want daar word nuwe energie na die gemeentes gebring, en tog is dit wat God gewil het.

As daar ‘n ander priesterskap kom, volg noodwendig ook ‘n verandering van die wet.” (Heb. 7: 1220);
Die saak word nog duideliker as ons daaraan dink dat die ander priester wat te voorskyn tree, ooreenkom met Melgisedek, deurdat Hy priester word nie deur die bepaling van die wet oor menslike afstamming nie, maar deur die krag van onvernietigbare lewe.” (Heb. 7: 15-1620)

Ons moet onthou dat ons geborge is in die priesterskap van Jesus Christus, wat met ‘n eed deur God as priester bevestig is. Hy is die priester wat vir ewig sal bly. Hy wat ons verlos het uit die dood.

Die Leviete het wel priesters geword sonder die bevestiging met ‘n eed, maar Jesus met ‘n eed deur God, wat vir Hom gesê het: “Die Here het dit met ‘n eed bevestig en Hy sal dit nie herroep nie: ‘Jy is priester vir ewig.’ “ So het Jesus ook van ‘n beter verbond geword.” (Heb. 7: 20-2220);
Omdat Jesus vir ewig bly, beklee Hý ‘n priesterskap wat nie op ander oorgedra word nie. Daarom kan Hy ook dié wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree.” (Heb. 7: 24-2520)

Binne-in enige verandering kan ons rustig wees in die wete dat God nooit verander nie. Hy is Almagtig, vir ewig en vir altyd dieselfde.

Die Ewige van Israel lieg nie en Hy verander nie van gedagte nie, want Hy is nie ‘n mens dat Hy van gedagte verander nie.”” (1 Sam. 15: 2920);
Ook hierná is Ek nog God. Uit my mag kan niemand gered word nie. Wat Ek doen, kan niemand ongedaan maak nie.” (Jes. 43: 1320);
So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Maak julle lewe en julle dade reg, dat Ek julle kan laat bly in hierdie land.” (Jer. 7: 383);
Ek die HERE, het immers nie verander nie. Maar julle Jakobskinders kry nie end nie.” (Mal. 3: 620)

Ons moet ons lewens dus in die verandering wat van God af kom, inleun, en die lewe in ons gemeente met vreugde voortsit, te midde van die verandering. Dit mag hartseer en afskeid van bekendes te weeg bring, maar dit is soos God dit gewil het. Die God wat ons hartseer oor ons verlorenheid in vreugde verander het deur vir ons verlossing te bewerkstellig deur Jesus Christus, en die bystand van die Heilige Gees op die pad wat elkeen van ons moet stap.

Hy het toe ‘n kindjie nader geroep, hom tussen hulle laat staan en gesê: “Amen, ek sê vir julle, as julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie.” (Matt. 18: 220);
Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hê.” (2 Kor. 7: 983);
Want die droefheid, volgens die wil van God, bewerk inkeer, wat tot verlossing lei, en waaroor niemand ooit spyt is nie; maar wêreldse droefheid lei tot die dood.” (2 Kor. 7: 1020);
Hy wat ons vir hierdie oorgang voorberei het, is God. As waarborg hiervan het Hy ons sy Gees gee. ” (2 Kor. 5: 583);
…Ek sê vir julle: Julle sal huil en treur, maar die wêreld sal bly wees; julle sal hartseer wees, maar julle hartseer sal in blydskap verander.” (Joh. 16: 2020)

Stof tot nadenke: God se beloftes

Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm dié wat by Hom skuil.

Spr. 30: 5 83

God is ‘n God van beloftes! Deur die hele Woord van God vind ons telkemale Sy beloftes aan die wat in Hom glo. Hy het egter nie beloof dat daar nie ook swaarkry dae gaan wees nie, maar wel dat Hy altyd by Sy mense sal wees met onderskraging. ‘n Anonieme aanhaling verwoord dit so goed: ‘God het ons nie dae sonder pyn; lag sonder verdriet of sonskyndae sonder reën beloof nie. Maar Hy het ons krag vir die dag en troos vir die trane en lig vir die pad beloof’. God se belofte aan Abraham is die bekendste, en Abraham en sy nakomelinge het daaraan vasgehou dwarsdeur hul lewens.

Lees meer “Stof tot nadenke: God se beloftes”

Stof tot nadenke: Die Heilige Gees

Blus die Gees nie uit nie.

1 Tess. 5: 19

Ons dink so dikwels dat ons in eie krag dinge moet doen en aanpak. Ons word dikwels groot met die gedagte dat ons self wil besluit, dat ons self ons eie pad wil loop. Tog, as Christene, bely ons die drie-eenheid van die Vader, die Seun en die Heilige Gees; maar besef nie altyd hoe kragtig die werking van die Heilige Gees is nie. Die krag van God is altyd naby. Deur gebed en gesprekke met God kan ons vir bystand en leiding vra.

Lees meer “Stof tot nadenke: Die Heilige Gees”

Stof tot nadenke: Hoop

Vind rus by God alleen, my siel, want op Hom is my hoop gevestig. Net Hy is my rots, my verlossing, my toevlugsoord. Ek sal nie wankel nie.

Ps. 62: 6-7

Hoop is ‘n woord wat ons dikwels gebruik in verskeie kontekste. Dit is ‘n gedagte wat ons aan die lewe hou. ‘n Anonieme aanhaling stel die konsep goed. ‘Wie alle hoop om te oorwin verloor het, sal verloor’. Dit is die een ding wat ons nie wil doen nie. Ons wil nie sonder hoop lewe nie, want daardeur kan ons nie voortgaan nie. ‘Soos suurstof vir die longe is, so is hoop vir die sin van die lewe’ (Emil Brunner). Johannes Calvyn het ‘hoop as geloof’ gesien, ‘want hoop is niks anders as volgehoue geloof nie’. Daar is dus ‘n nou verband tussen geloof en om hoop in hierdie lewe te ervaar. Paulus noem die hopelose situasie in Handelinge, toe die skip sou vergaan, maar God het almal aanboord laat oorleef. Hoop is ook as een van die belangrikste aspekte van die lewe uitgewys naas, en as deel van die liefde en geloof.

Lees meer “Stof tot nadenke: Hoop”

Stof tot nadenke: Vreugde

Julle moet vol vreugde wees in die teenwoordigheid van die Here julle God,…

(Deut. 12: 12)

Elkeen van ons vind vreugde deur ons aardse bestaan. Die oorsprong daarvan is nie altyd dieselfde nie. Een mens vind vreugde in die samesyn van baie mense, terwyl ‘n ander vreugde vind in die alleenwees in die natuur. Nuwe aardse dinge gee elkeen van ons kortstondige vreugde. Die anonieme aanhaling ‘Vreugde is vrede wat dans, vrede is vreugde wat rus.’ gee mens ‘n kykie in die ervaring wat mens beleef wanneer vreugde aan jou voordeur kom klop, wat ookal die oorsaak daarvan mag wees.

Lees meer “Stof tot nadenke: Vreugde”

Stof tot nadenke: Eiesinnige Weerstand…

Neem daarom die volle wapenrusting van God op, sodat julle op die dag van onheil weerstand kan bied en, nadat julle alles uitgevoer het, staande kan bly.

(Eff. 6: 13)

Hoe dikwels is ons in eiesinnige weerstand teen wat die Heilige Gees van ons vra om te doen? Hoe dikwels vlug ons weg van die verantwoordelikheid wat op ons gelê word, net omdat ons nie van die moontlike uitkomste hou nie? Daar is verskeie voorbeelde in die Bybel wat ons vertel van die effekte van teenstand, eiesinnige weerstand en ongeloof in God se almag.

Lees meer “Stof tot nadenke: Eiesinnige Weerstand…”

Stof tot nadenke: Vergifnis

En vergeef ons ons skulde, soos ook ons hulle vergeef wat teenoor ons skuldig staan.

(Matt. 6: 12)

Dit is soms so moeilik om te vergewe. In ons land waar plaasmoorde aan die orde van die dag was en nog steeds is, hoor mens soms die verhale van mense wat daardeur oorleef het, dit verwerk het, en in die hof, hulle vergifnis aanbied aan die oortreder of oortreders. Dit laat mens stom. Hoe vergeef mens iemand wat so wreedaardig ‘n impak op jou lewe gehad het? Iemand wat so willens en wetens kwaadaardige skade aan jou gedoen het. Hoe leef jy daardeur en kry tog die krag om so iemand te vergeef. Vir mense wat nie die bevryding van vergifnis ervaar het nie, moet dit baie moeilik wees om die konsep van vergifnis te verstaan en te aanvaar.

Lees meer “Stof tot nadenke: Vergifnis”

Stof tot nadenke: Vooroordele…

Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met die maat waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word, en met die maat waarmee julle meet, sal julle afgemeet word.

(Matt. 7: 1-2)

Iewers in elkeen van ons se lewe ontwikkel ons vooroordele teenoor mense; wat ons toelaat of nie toelaat in ons lewe nie. Dit is ‘n manier van ouers om hulle kinders te waarsku teen moontlike gevare. Dit word dikwels gekoppel aan die uiterlike van mense, daar waar ons dit maklik kan sien. Die wêreld om ons, maak dat ons baie dikwels mense in sekere kategorieë in plaas. Wat is aanvaarbaar en wat is nie aanvaarbaar nie. Dit kan enige vorm van vooroordeel aanneem. Wanneer hierdie vooroordeel/e eers pos gevat het in jou mense bestaan, is dit bitter moeilik om dit weer af te leer! Maar nie onmoontlik nie.

Lees meer “Stof tot nadenke: Vooroordele…”

Stof tot nadenke: ‘Bestemming’

Simon Petrus vra Hom toe: “Here, waarheen gaan U?” Jesus het hom geantwoord: “Waarheen Ek gaan, kan jy My nie nou volg nie, maar later sal jy volg.”

(Joh. 13: 36)

Ons is almal oppad deur hierdie aardse lewe. Dit is vir elkeen van ons om te besluit waarheen ons oppad is, want dit alles gaan nie oor waardeur ons gaan in hierdie lewe nie, maar waarheen ons oppad is, daardie finale eindbestemming. Dit is tydens ons reis deur hierdie lewe, wat ons die besluit moet neem, oor waarheen ons oppad is. Soos Joseph Bailey dit so goed stel, ’is dit ons wat besluit wat ons bestemming sal wees wanneer ons sterf’. Ons eind bestemming is nie ‘n kwessie van toeval nie, maar dis ‘n kwessie van keuse, so ons moet iets self daaraan doen. Dit neem ons so dikwels baie lank in ons lewe om tot die besef te kom wat die ware betekenis van die lewe is. Stephen Butler Peacock het besluit dat ‘Dit nie te doen het met die volmaakte bestemming wat ons bereik nie, maar met hoe ons elke minuut van elke dag kies om hierdie lewensreis aan te pak.

Lees meer “Stof tot nadenke: ‘Bestemming’”