Afkondigings 9 – 16 Julie 2023

Vandag – Sondag 9 Julie 2023 :

• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei..
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Rom 1; Ps 105; Joh 14.

Die tema van die prediking is: Sien is glo.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Plaaslike Bejaardesorg by die deure.
• As gevolg van instandhoudingswerk in die kerksaal sal daar GEEN tee bedien word na afloop van die eredienste tot na die skoolvakansie nie.

Woensdag 12 Julie 2023 :

• Daar sal GEEN Kooroefening wees gedurende die skoolvakansie nie. Oefening hervat weer op 19 Julie 2023. Marida – 082 471 0751.

Sondag 16 Julie 2023 :

• Erediens om 09:00.
• Prediker: dr Frans Hancke.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Sendelinge wat deur die gemeente ondersteun word by die deure.
• GEEN tee na die erediens.

Neem asb kennis dat ds Danie met verlof sal wees vanaf 5-23 Julie 2023.
Dr Frans Hancke sal gedurende hierdie tyd vir hom instaan en sal beskikbaar wees om te kontak – 082 490 5737.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.

Ds. Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer.

  • Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Julie 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Getuienisbediening :

• Wolwedans boodskap, sop en brood uitreik: 

Ons uitreikdatums vir die derde kwartaal is op 19 Julie,
2 & 16 Aug en 6 & 20 Sep.

• Ons wil graag vir elke getroue ondersteuner van hierdie uitreike baie dankie sê vir julle deurlopende en liefdevolle bydraes.


• Behoeftes vir Getuienisprojekte

◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare en keramiek. Baie dankie vir alles wat reeds voorsien is – daar is groot waardering vir elke skenking vanaf die ontvangers daarvan.

◦ Daar is weer ‘n behoefte vir ‘n naaldwerk masjien en indien iemand dalk een het om te skenk kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word/gereel word vir afhaal. Vir navrae akakel asb vir Aletia – 084 783 1308.


• Behoeftes vir Gebed

• A&L van Frankryk

‘n Tyd gelede het ons berig dat van A&L se familie, vriende en ander Christene in hul tuisdorp gevange geneem en al hul geestelike lektuur konfiskeer is. Hulle hofsaak het uiteindelik Sondag plaasgevind. Hulle is skuldig bevind en 12 maande tronkstraf opgelê wat vir almal opgeskort is. Ons kan die Here net dank, loof en prys vir verhoring van gebede vir so ‘n “gunstige” uitslag. Hulle gaan onverpoosd voort met hulle somerprojek wat behels die reël van kampe vir moslems waartydens hulle die evangelie met hulle deel. L gaan weer vir twee weke terug na hul tuisdorp en gaan verskeie geestelike lektuur saamneem. Hulle vra vir ons voorbidding vir hierdie projekte en vir L se veiligheid tydens haar besoek.

• Makhathini

Die besoek van ‘n groot groep van Wesvalia Hoërskool Klerksdorp (98 leerders en 20 personeellede)  was baie suksesvol en het hulle waardevolle geboue ontwikkeling en instandhouding gedoen by Zama Zama, KwaNdaba en Mbangweni. Die hoogtepunte was elke aand se geestelike program met die leerders. Daar is groot dankbaarheid vir die werk wat gedoen is en dat die leerders dit wat hulle geleer het uit die geestelike program sal koester en voortgaan om hulle liggies te laat skyn waar hulle ookal beweeg.

Michele van Oekraïne

Die jeugkamp (Masada) het hierdie week plaasgevind (daaglikse weergawes is op Facebook geplaas) en ons kan saam met die leierskap (onder leiding van Michele) die Here loof en prys vir die positiewe impak op die kinders en die wat hulle harte vir die Here gegee het. Michele en Ivan vlieg na die opruiming van die perseel na SA vir die bekendstelling van haar boek Sonneblomme en Sneeu in Pretoria en George. Sy vra vir voorbidding vir finansies, veilige vervoer en seën tydens hulle besoek.

JEUG :
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Korea

Noord-Korea is die land waar Christene die ergste vervolg word. Daar is ongeveer 400,000 Christene in Noord-Korea, waarvan sowat 70,000 in kampe vir gevangenes is. Dit sluit kinders in. Dis ook een van die wêreld se mins-bereikte lande, met 99.3% van die bevolking steeds onbereik. FEBA Korea saai 18 ure per dag na Noord-Korea uit.

Ons gebed vir die week:
Bid dat mense in Noord-Korea die Goeie Nuus sal hoor en met die hoop van Christus gevul sal word.

Leen van Matrasse – Atlete vir Christus

Op 19 Julie kom Atlete Vir Christus oornag in ons kerksaal.
Hulle bring hulle eie beddegoed, maar benodig matrasse om op te slaap.

Indien u enige matrasse het om te leen vir die geleentheid sal ons dit baie waardeer indien u die kerkkantoor in kennis kan stel daarvan sodat ons reëlings kan finaliseer.

U kan dit op 17 of 19 Julie tussen 08:00 en 13:00 by die kerk kom afgee of u kan met die kerkantoor reël dat ons dit by u kom afhaal indien dit u beter sal pas.

Omgeebediening
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Indien u bewus is van iemand wat hulp nodig het kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee ens. Enige bydraes help om nood te verlig. Ons het elke maand ’n groot tekort.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
9 Julie 2023
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Preek van 9 Julie 2023.

  1. Bybelstudiereeks:
    a) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Oordeel en vergifnis.”
  2. Getuienisbediening:
    a) Michele se nuusbrief uit Oekraïne wat vir voorbidding vra.
    b) FEBA se gebedsgids vir Julie.
  3. Gemeente nuus: Die gebedsgids vir Julie is beskikbaar op die webwerf.
  4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen – 079 525 3624

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314