Sondag 4 Augustus 2024 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan ds Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Rut 2.
Die tema van die prediking is: Hoekom is u so goed vir my?
• Kategese.
• GEEN Nagmaal – Nagmaal was bedien gedurende Getuienisnaweek.
• Spesiale offer vir Plaaslike Bejaardesorg by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Groenkloof Nagmaal – Ds Danie Goosen.
Woensdag 7 Augustus 2024 :
• Klub 50 – Noot vir Noot in die kerksaal om 10:00.
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
• Die Bestuurspan vergader om 17:30 in Lokaal 6 onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.
Vrydag 9 Augustus 2024 :
• Nasionale Vrouedag – Kerkkantoor gesluit.
Sondag 11 Augustus 2024 :
• Missie Japan besoek ons gemeente.
• Kategese.
• Sinodale offer vir Nuwegeloofsgemeenskap ontwikkeling (NGGO)by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Groenkloof Prediker: Ds Charné Viljoen.


Bybelblokraaie :
Bybelblokraai 9 & 10 is beskikbaar in die voorportaal asook by die traliehek van die kerkkantoor.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Augustus 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.
Omgeebediening :
Vandag wil ons net sê BAIE DANKIE!!!!!
Sonder ons gemeente se gereelde bydraes van klere, beddegoed, kruideniersware, huisware, geld, plastieksakke ens sal ons nie kan funksioneer met soveel seëninge as ‘n bediening nie. Hierdeur is julle prakties betrokke by ander se nood.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is 7 & 21 Augustus en 4 & 18 September. By voorbaat baie dankie.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.
Kaapkerk – Nuus:
Adrian Swart – “Hy het dit gemaak – ten spyte van ons!”
Lees die storie hier:
https://kaapkerk.co.za/adrian-swart-hy-het-dit-gemaak-ten-spyte-van-ons/

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
4 Augustus 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 4 Augustus 2024.
2. Getuienisbediening:
a) Missie Japan se besoeke aan Suid-Afrika. Onthou hul besoek ons op 11 Augustus.
b) Die video reeks van die Getuienisnaweek 2024 is beskikbaar per skakel op die
webwerf.
c) Michelle gee vir ons terugvoer oor hul sendingaksies in Oekraïne.
- Bybelstudiereeks: Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Stryd en Samewerking…”
- Gemeente Nuus:
a) Bybel Blokkiesraaisels 9 en 10 is beskikbaar op die webwerf .
b) Die Gebedsgids vir Augustus is beskikbaar.
- Gemeente Nuus:
- Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314




