Sondag 3 November 2024 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Prediker 9:7-10.
Die tema van die prediking is: Wat is jou lewenshouding?
• Kategese.
• Spesiale offer vir Geopende Deure by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Dinsdag 5 November 2024 :
• Die Bestuurspan vergader in die sysaal onder voorsitterskap van
Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.
Woensdag 6 November 2024 :
Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 10 November 2024 :
• Erediens om 09:00. Prediker – Ds Charné Viljoen.
• Doop.
• Kinderdankoffer.
• Afsluiting van Kategese vir 2024.
• Spesiale offer vir Up with Downs-Skool by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.

Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir November 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai 15 & 16 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 105 gesinne elke 2de week. Die datums vir die vierde kwartaal is 13 & 26 Nov & 11 Des. Ons gaan die die nuwe jaar DV op 15 Januarie 2025 begin. By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie.

Bloedskenk-geleentheid :
DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 14 November vanaf 15:00 tot 19:00
in die kerksaal. Christo Smith – 083 447 9891.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit. Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA en Geestesgesondheid
Het jy geweet dat een uit elke twee mense waarskynlik ’n geestessteuring in hul leeftyd sal beleef? Geestesgesondheid is noodsaaklik vir ’n gesonde gemeenskap. FEBA-spanne wêreldwyd ontvang terugvoer van luisteraars, oud en jonk, wat hoop in die Goeie Nuus gevind het deur FEBA se programme. Tog ervaar baie FEBA-aanbieders en -beraders ook persoonlike terugslae.
Ons gebed vir die week: Bid dat God se vrede die harte en denke van FEBA se personeel en luisteraars in alle omstandighede sal bewaar.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
3 November 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 3 November 2024.
- Bybelstudiereeks:
a) Die ses-weekse Bybelstudie oor Rut – “Kruispaaie” – deur dr Gerrie van Deventer,
is nou beskikbaar op die webwerf.
b) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Die omvang van God se Liefde”. - Gemeentenuus
‘n Kort oorsig van die “Dankfees in woord en kleur” is beskikbaar op die webwerf. - Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



