Afkondigings 24 November tot 1 Desember 2024

Sondag 24 November 2024 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 1:1-14.
Die tema van die prediking is: Lewenslig.
• GEEN Kategese.
• Spesiale offer vir Radio FEBA by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Groenkloof preek om 10:00 – Dr Frans Hancke.

Kerssangdiens

Sondag 1 Desember 2024 :

• Erediens om 09:00. Prediker – Ds Charné Viljoen. • GEEN Kategese. • Wêreldvigsdag. • Eerste Advent. • Spesiale offer vir Kindersorg by die deure. • GEEN tee na die erediens. • GEEN Groenkloof preek om 10:00.

Sterftes 2024:

11 November – Rita Malherbe: Wyk 4A (Forget Me Not)
12 November – Phillip Bester: Wyk 9C

Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Desember 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA en Kinders

Die Bybel beklemtoon die belangrikheid daarvan om kinders van jongs af te leer van God se Woord. Jongmense het deesdae met baie te kampe en voel dikwels alleen en verlore. FEBA saai programme uit wat kleintjies van die Bybel leer en skep sosiale media-inhoud wat tienerkwessies soos groepsdruk, liggaamsbeeld en verhoudings vanuit ’n bybelse perspektief bespreek.

Ons gebed vir die week: Prys God vir elke kind en bid dat Hy FEBA sal gebruik om kinders en tieners op die regte pad te lei.

Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 105 gesinne elke 2de week. Die datums vir die vierde kwartaal is 27 Nov & 11 Des. Ons gaan die nuwe jaar DV op 15 Januarie 2025 begin. By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning.

Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625

Dankies -Bloedskenking
Die bloedskenking op 14 November 2024 het 89 volpinte bloed opgelewer.

Baie dankie vir die 99 mense (waarvan 4 nuwe skenkers was) wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
24 November 2024

1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 24 November 2024.
2. Getuienisbediening:
a) Die weeklikse nuusbrief van Lynette uit Madagaskar kan gelees word.
3. Bybelstudiereeks:
a) Die vierde stuk van ‘Rut – Kruispaaie – Rut se Kruispaaie’, deur dr Gerrie van
Deventer, is op 22 November beskikbaar.
b) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Waardering en oordeel…”.
4. Gemeentenuus:
a) Daar is ‘n kort stukkie oor die babatee van ds Charnè Viljoen wat op 16 November
gehou is, met fotos.
b) Die SSSSS Konsert video vir 2024 is beskikbaar.

  1. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 

044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier
SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier