Afkondigings 10 – 17 November 2024

Sondag 10 November 2024 :
• Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 18:1-7.
Die tema van die prediking is: Dink Jeug!
• Doop.
• Kategese afsluiting & kinderdankoffer.
• Spesiale offer vir Up with Downs-Skool by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Groenkloof preek – GEEN – die preek verskuif na 17 November.

Ons kategese sluit vanoggend af. Katkisante ontvang getrouheidsertifikate en
ons hou ’n afsluitingsbraai na die erediens.

Dinsdag 12 November 2024 :
• Die Kerkraad vergader in die kerksaal onder voorsitterskap van
Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.

Woensdag 13 November 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida –
Alle belangstellendes is welkom.

Donderdag 14 November 2024 :

Sondag 17 November 2024 :

• Erediens om 09:00. Prediker – Ds Charné Viljoen. • GEEN Kategese. • Biddag vir Beskermingsdienste. • Spesiale offer vir Kankervereniging by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom. • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA en Families

’n Gelukkige gesin is ’n geskenk wat aanhou gee. Dit is waarom FEBA passievol daaroor is om mense te help bou aan verhoudings met sterk Bybelse fondasies, of dit nou deur radio- en aanlynprogramme, of seminare is. Een deelnemer sê: “Ek het baie kennis opgedoen oor kinders grootmaak, vergifnis en die gesinslewe. Ek en my eggenoot het besluit om God se Woord toe te pas en Hom toe te laat om ons swakhede te korrigeer.”

Ons gebed vir die week: Bid dat God FEBA sal gebruik om sterk families op te rig wat gewortel is in Sy Woord.

Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 105 gesinne elke 2de week. Die datums vir die vierde kwartaal is 13 & 26 Nov & 11 Des. Ons gaan die die nuwe jaar DV op 15 Januarie 2025 begin. By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning.
Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie.

Dankies -Dankfees

Ons wil u graag in hierdie tyd bedank vir al u harde werk tydens ons dankfees.

Ons is ook dankbaar vir elke bydrae.

Ons lof en dank aan die Here Jesus ons Here

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit. Skakel ons gerus: Riana Briers – / Riëtte Jansen van Rensburg –

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
10 November 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 10 November 2024.
2. Getuienisbediening
a) Michelle se nuus uit die Oekraïne is beskikbaar.
b) Lynette se Madagaskar nuus is geplaas.
3. Bybelstudiereeks:
a) Die tweede stuk van ‘Rut – Kruispaaie – Self Kaart lees’, deur dr Gerrie van
Deventer, is vanaf 8 November beskikbaar.
b) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Elke dag dankbaar…”.

  1. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.


ADMINISTRATIEWE KOÖRDINEERDER: JEUG EN FAMILIEBEDIENING STELLENBOSCH

Die NG Kerk in SA (Sinode van Wes-Kaapland) het ’n voltydse pos beskikbaar in Stellenbosch vir ’n Administratiewe Koördineerder: Jeug en Familiebediening.Aansoekproses: Die aansoekvorm, advertensie en volledige posbeskrywing kan by die volgende skakel gevind word:
https://www.kaapkerkadmin.co.za/poste/

Groenewaldfonds

Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2024. Die voorgeskrewe vorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 

044 620 2205
e-pos: Kontak ons vorm
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier
SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier