Jesus vir ons, vir almal
Ons as gemeente is saam die liggaam van Christus. Ons elkeen is ‘n unieke lid met sy/haar passie, gawes, talente en sterkpunte.
Ons Waardes:
Aanvaarding
Deernis
Eensgesinde blydskap in Christus
Gasvryheid
Mededeelsaamheid
Die gemeente strek vanaf Tergniet in die weste tot by Hersham in die ooste. Na die noordekant val die plaaswyke Gonnakraal, Sorgfontein, Vlakte, Langhoek en Voorbrug ook binne ons grense.
326 lidmate woon buite die gemeentegrense, nl. in Danabaai, Mosselbaai, Hartenbos, Reebok, Klein-Brakrivier, Fraai-Uitsig, Pienaarstrand, Outeniquastrand, Glentana, George en Heroldsbaai.
Ons gemeente bestaan uit ongeveer 1400 belydende- en 210 dooplidmate (kinders). Hulle is ingedeel in 25 blokke, wat elk bedien word deur ‘n ouderling, diaken en ‘n paar dienswerkers.