-
Oujaarsdiens: Woensdag 31 Desember 2025 Ds. Charné Viljoen. Daniël 4. NG Kerk Groot-Brakrivier
Detail
Prediker: Ds. Charné ViljoenSkriflesing: Dan 4: 34-37.
Tema: Oujaarsdiens
Datum: 31 Desember 2025
YouTube
-
Nuusflitse Week 41+ van 2026
Sondag 4 Oktober 2026 : Erediens om 09:00 GEEN Kategese GEEN Kleuterkerk
Sondag 4 Oktober 2026 : GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie
Woensdag 7 Oktober 2026 – Kooroefening by die orrel om 16:45
Woensdag 7 Oktober 2026 Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik
Woensdag 7 Oktober 2026 – 18:00: Blok 13 (Suiderkruis) by André en Martie Olivier
Woensdag 7 Oktober 2026 – Klub 50 Noot vir Noot
Sondag 11 Oktober 2026 : Erediens om 09:00 Kleuterkerk in die konsistorie. Kategese.
Potjie, Vuur en Vermaak 23 Oktober 2026 18:00
DANKFEES 24 OKTOBER 2026Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 4 – 11 Oktober 2026
-
Lief en Leed Week 41 van 2026
Sterftes
Dis met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van Teresa Verwey. Ons innige meegevoel aan die familie en vriende.
Verjaarsdae
Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats

-
Skep asem vir vandag: 31 Desember 2025
31 Desember (Oujaarsdag)
My wens en gebed is dat jy sal leer om in die komende jaar fyn te luister na die wil van die Here God. Hier is God se Boodskap vir die laaste dag in hierdie jaar.
Tema: Stel jou fyn in vir die Here se stem
Teks: “Die Woord van die Here was skaars in die tyd. Die Here het met niemand gepraat nie”. (1 Sam. 3:1 – Die Boodskap)
- Die Here het weens ongehoorsaamheid min met die mense gepraat.
- Die Here praat met ons deur die Bybel en Sy Gees. Hy sal in die volgende jaar ook deur Sy Woord en Gees met jou praat
- Luister fyn voordat jy iets doen – soek eers Sy wil.
- Moenie self besluit nie, laat Hy besluit wat jy moet doen.
- Stap vandag en in die volgende jaar, agter die Here aan.
- Wees dan gelukkig. Leef in vrede. Vertrou Hom. Geniet die jaar wat kom.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat ek U wil in die volgende jaar kan hoor – praat met my.
In Jesus se Naam.
Amen..
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
-
Stof tot nadenke: “Gevaar van wegdrywing”
… voorspoedige omstandighede wat ons dikwels wegdryf van ons afhanklikheid van God af. Voorspoedige en gemaklike toestande het al meer mense geruïneer as wat moeilikheid ooit kan doen.

