Stof tot nadenke: Die Nuwe gebod

Ek gee julle ‘n nuwe gebod: Julle moet mekaar liefhê. Net soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Dit is hoe almal sal weet dat julle my dissipels is – as julle liefde teenoor mekaar het.

Joh. 13: 34-35

Die persepsie van die liefde, in vandag se tyd, word so verdraai, dat dit soms moeilik is om by die ware bedoeling van die Liefde, soos wat dit in die Woord bedoel word, uit te kom. Ons as mense is sulke fisiese wesens, dat ons so maklik weggevoer word na die aardse liefdes begrip. Vrouens dink as hulle mans nie ‘Vatentynsdag’ onthou nie of gereeld blomme aangedra word, ontbreek die nodige liefde! As die vrou nie altyd die kos kook waarvoor die man lus is nie, of nie dadelik regstaan wanneer die man moeg by die huis aankom, word daar maklik verwyte van liefdeloosheid rond geslinger. Ons verloor so maklik die realiteit van wat die Liefde van Christus vir ons kom wys het.

Lees meer “Stof tot nadenke: Die Nuwe gebod”

Skep asem vir vandag: 23 Maart 2025

23 Maart

Ek bid dat jy vandag God se geleenthede met albei jou hande sal aangryp. Ontvang God se Woord spesiaal vir jou.

Tema: Doen wat die Here van jou vra

Teks: “ Jakob het toe klaargemaak en … na sy pa, na Isak toe vertrek in Kanaän. ” (Gen 31:17-18)

  • Raak vir ‘n oomblik stil en dink aan God se groot liefde vir jou. J God se kennis van jou lewe is meer as wat jy dink en besef. 
  • Alles is klaar gereël en gereed sodat jou nuwe tydperk kan begin.
  • Die uitkomste van die Here se planne maak jou altyd gelukkig.
  • Hy het voor jou geboorte jou geken en lief gehad. Hy sorg vir jou (Jer. 1:4-5).

Gebed

Liewe Vader. Dankie dat my geluk in U planne is.
In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 22 Maart 2025

22 Maart

Mag jy die vrede beleef en weet dat God altyd saam met jou is. Hier is die Woord van die here vir jou.

Tema: Die Here sal altyd sorg

Teks: Toe sê die Here vir Jakob: “Gaan terug na jou vaderland, na jou familie toe. Ek sal by jou wees.” ” (Gen 31:3)

  • Dit is die Here wat splinternuwe geleenthede vir jou gee – gryp dit aan.
  • Net so laat Hy jou nooit alleen of in die koue nie. 
  • Dit maak nie saak watter paaie van die lewe jy stap nie, die Here sal alles goed laat uitwerk.
  • Dis noodsaaklik dat jy agter die Here aanstap. Los alles binne Sy veilige beskermende hand.
  • Leef met hoop, kry vrede en slaap rustig.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U my beskerm. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 13+ van 2025

Nuusflitse

Sondag 23 Maart 2025: Erediens 09:00 – Geen Kategese.
Woensdag 26 Maart 2025: Blokbyeenkoms 6B :18:00
Woensdag 26 Maart 2025: Kooroefening: 16:45
Woensdag 26 Maart2025: Wolwedans boodskap, sop en brood
Donderdag 27 Maart 2025 : Bloedskenk 14:00-19:00
Sondag 30 Maart 2025 : Erediens om 09:00 – Geen Kategese
9 April 2025: Klub 50 – Wat wil jy nog hê?
12 April 2025: Gholfdag

Afkondigings 23 – 30 Maart 2025

Afkondigings

Sondag 23 Maart 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 13:1-9 (2020-vertaling).
  • Die tema van die prediking is: Die Onverwagte?
  • Vierde Lydensweek.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.

Woensdag 26 Maart 2025 :

  • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 6B (Eurekapark) by Alida Terblanche, Duineweg 4. Kobus Stander – 084 657 3611.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.

Donderdag 27 Maart 2025 : Bloedskenk

Skenk Bloed op 26 Maart 2025
Skenk Bloed op 26 Maart 2025

Vrydag 28 Maart 2025 :

  • Skole sluit.

Sondag 30 Maart 2025 :

  • Erediens om 09:00.
  • Prediker – Dr Gerrie van Deventer.
  • Doop.
  • Vyfde Lydensweek.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Magdalenahuis by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 –Digitaal.

Verjaarsdae

Bedieninge

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 26 Maart.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Pakistan

Van hierdie maand af verleng FEBA Pakistan se daaglikse mediumgolfuitsendings van 30 na 60 minute! Die span werk ook aan ’n nuwe videoreeks, “Christelike Gesinslewe”, wat hopelik in April op YouTube sal begin uitsaai. FEBA Pakistan se opvolgwerkers het intussen hulle werk op alle uitsaaiplatforms uitgebrei om kontak te maak met mense wat na God soek en om nuwe luisteraars leiding te gee.

Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA Pakistan se span veilig sal bly en dat hul nuwe programme oorvloedige vrug sal dra.

Klub 50

Staan ‘n kans om ’n krat vol kruideniersware te wen!R20 lootjies Sondae by die  tee na kerk by Johan Smit  te koop.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

23 Maart 2025

  • Erediensbediening:
    • Skakel na die YouTube Erediens van 23 Maart 2025.
  • Getuienisbediening:
    • Daar is sending nuus vanaf Lynette uit Madagaskar.
    • Michelle Potgieter gee aan ons terugvoer oor Mari-Alena.
  • Bybelstudiereeks:
    • Begin elke dag jou dag met ‘n inspirerende boodskap uit ons webtuiste se  eksklusiewe reeks ‘Skep asem vir vandag’. Vorige dagstukkies kan gevind word deur op die skakel onderaan te klik.
    • Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Die Nuwe Gebod”.
  • Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  ‘ 044 620 2205

 e-pos: Stuur ‘n Boodskap            

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier
SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag: 21 Maart 2025

21 Maart

My gebed is dat jy moeite sal doen om gesonde verhoudings met alle mense sal bou. Hier is God se Boodskap aan jou

Tema: Hou jou verhoudings gesond

Teks: “Jakob het ook aan Laban gemerk dat hy nie meer soos voorheen oor hom voel nie. ”

(Gen 31:2)

  • Christusgelowiges doen moeite om alle verhoudinge waarbinne ons is, gesond te hou – dis wat God met jou gedoen het (2 Kor 5:17-21).
  • Jy mag nie iemand in eie munt terug kry nie – ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand geld nie vir Christusgelowiges nie  (Matt 5:38; Rom. 12:17).
  • Jy mag nie ophou vergewe en mense emosioneel vry laat nie (Matt 18:21-35).
  • Maak altyd eerste vrede wanneer daar slegte gevoelens tussen jou en iemand anders is (Matt 5:9).
  • Vergewe altyd iemand weer wanneer hy/sy jou daarna weer seermaak (Matt 5:9).
  • Selfs al wil ander nie in vrede met jou lewe nie, doen dan steeds moeite om in vrede met hom / haar te leef (Rom. 12:18).

Gebed

Liewe Vader. Dankie dat U wat die groot Versoener is, my ook ‘n versoener maak. In die Naam van Jesus Christus die Verlosser. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 20 Maart 2025

20 Maart

My gebed is dat jy vandag in afhanklikheid teenoor God wat die onmoontlike moontlik maak sal leef.

Tema: Die Here sal vir jou sorg

Teks: “Toe vra Laban: “Wat moet ek jou betaal?” en Jakob antwoord: “U hoef my niks te betaal nie. ” (Gen 31:28)

  • Toe deure bly nooit toe nie. Nuwe uitkomste en geleenthede volg weer.
  • God is jou voorsiener en jou versorger. Hy gee nuwe geleenthede.
  • God sorg vir jou deur situasies om te draai.
  • Hy verander jou angs in hoop, moedeloosheid in moed.
  • Hy sal jou dubbel soveel geluk gee as wat jy op gehoop het.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U my geleenthede omdraai in wonderlike geluk. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Sendingnuus uit Madagaskar – The week 9 March 2025

Sending Madagaskar

With just one month left of Anne and Annika’s three-month stay, time is flying by, and there’s still so much to do and experience! Last week, Annika and I began working on the mural in the new classroom. We managed to complete the background for our underwater-themed design, though I’m still finding traces of blue paint under my fingernails! Our goal is to finish most of it in the coming days. Every now and then, some of the children would put their heads around the door and encourage us by some ‘oohs’ and ‘aahs’.

Lees meer “Sendingnuus uit Madagaskar – The week 9 March 2025”

Michelle Potgieter – Mari-Alena Maart 2025

Geel en Blou

Liewe vriende en familie 

Ek sit hier in dir hospitaal kamer en gebruik die tyd om te skryf terwyl Mari-Alena bietjie slaap. Vanmore het sy my gebel en gesê dat sy soveel pyn het en dit nie meer kan uithou nie. Sy is moeg vir die chemo en wil huis toe kom. 

Ek jaag hospitaal toe met ‘n stukkende hart. My dogter krul van die pyn. Sy kan nie sit of staan of lê nie. 

Lees meer “Michelle Potgieter – Mari-Alena Maart 2025”

Skep asem vir vandag: 19 Maart 2025

19 Maart

Ek bid dat jou lewe ‘n getuigskrif vir almal sal wees wat sien dat jy altyd net jou beste gee. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Gee jou beste

Teks: “Gee my nou my vrouens en kinders vir wie ek by u gewerk het, want ek wil weggaan. U weet hoe goed ek vir u gewerk het.” ” (Gen 30:26)

  • Gaan leer by die diere van die natuur hoe om eerlik en hard te werk – veral by die miere (Spr. 6:6-8).
  • As jy lui is word jy gou arm. 
  • As jy hard werk het jy geld vir kos, klere en genoeg om van te leef (Spr. 10:4; 13:4).
  • As jy hard werk, sal jy jou doel bereik (Spr. 12:24).
  • ‘n Werkgewer sal die goeie werknemer vir sy / haar goeie werk beloon (Spr. 14:35).

Gebed

Liewe Vader. Dankie dat ek ‘n goeie werker kan wees. Dankie dat ek ‘n goeie werker was. In Jesus se Naam.  Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 18 Maart 2025

16 Maart

My gebed is dat jy sal  verstaan dat alles wat met jou gebeur, so gebeur dat Hy daarvan kennis dra. Ek gee graag hierdie boodskap van God vir jou.

Tema: Hy dra kennis van alles

Teks: “Jakob het hom vir Ragel vererg en vir haar gevra: ‘Kan ek God se werk oorneem?’” (Gen. 30:2)

  • Dit is God wat toelaat dat sekere dinge oor jou pad kom, goeie en slegte dinge.
  • Jy kan jou planne maak, maar dit is op die ou einde die Here wat finaal besluit wat daarmee sal gebeur (Spr. 16:1, 9). 
  • Niks gebeur met jou waarvan God nie weet nie. 
  • As slegte dinge gebeur, gee Hy ook die uitkoms – jy sal sien (1 Kor 10:12-13).  
  • Ontspan dan nou en leef in vrede en vertroue. God sal vir jou sorg.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U vir my in alle omstandighede sorg. In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 17 Maart 2025

17 Maart

Mag jy die wonderwerke van God verwag, raaksien en self ook beleef. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel vir jou.

Tema: Die Here gee altyd uitkoms

Teks: “God het op Ragel ag geslaan en haar Gebed verhoor. Sy het swanger geword…” (Gen. 30:22)

  • Die Here God kyk altyd met sagte oë na jou, selfs wanneer jy verstote en alleen voel.
  • Moet nooit God se teenwoordigheid en hulp in jou lewe beperk nie.
  • Hou aan glo dat Hy uitkoms vir jou sal gee.
  • Die Here sorg vir jou soos ‘n skaapwagter wat sy skape oppas (Ps. 23:1).

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U my gebede verhoor as dit met my swaar gaan. In Jesus se Naam. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Klub50 maak musiek

Klub 50 maak musiek NG Kerk Groor-Brakrivier

Tydens die Maart byeenkoms van Klub50 lede het hulle pret gehad met die musiek instrumente wat Lasya, ‘n musiekonderwyseres wat ook by ‘Up with Downs’ betrokke is, saamgebring het.

Almal het met oorgawe deelgeneem aan die slaan op die dromme en ander musiekinstrumente. Die byeenkoms is afgesluit met heerlike hamburgers vir middagete, waarvan die vleis op die braaivleis vure gaargemaak is. Dit was ‘n gesellige en vrolike kuier oggend vir almal.

Stof tot nadenke: Regverdige Oordeel

Stof tot Nadenke - NG Kerk Groot-Brakrivier

Uit Myself kan Ek niks doen nie. Ek oordeel volgens wat Ek hoor, en My oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil nastreef nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.

Joh. 5: 30

In hierdie aardse bestaan van ons, soek ons altyd iemand of iets om te beskuldig, wanneer dinge nie volgens ons eie plan of menslike oordeel gebeur nie. Wanneer iets verkeerd gaan, soek ons ‘verskonings’ oor hoekom dit nie ons eie skuld is nie, om so enige blaam van onsself af weg te keer. Ons is altyd baie vinnig om ‘n oordeel oor die situasie te fel, sonder dat ons die wil van God gevra het. Ons blameer selfs ons menslike natuur en begeertes, waarteen ons sogenaamd geen verweer het nie. Ons moet egter besef dat ons verantwoordelikheid moet neem vir enigiets, waar ons, teen die wil van God, verkeerde besluite geneem het en dus na enige verkeerde dinge en oordele gelei het. Die eintlike vraag vandag is of ons wel regverdig oor enigiets kan oordeel? Ons word herhaaldelik gemaan om nie net te oordeel nie!

Lees meer “Stof tot nadenke: Regverdige Oordeel”

Skep asem vir vandag: 16 Maart 2025

16 Maart

My gebed is dat jy sal  verstaan dat alles wat met jou gebeur, so gebeur dat Hy daarvan kennis dra. Ek gee graag hierdie boodskap van God vir jou.

Tema: Hy dra kennis van alles

Teks: “Jakob het hom vir Ragel vererg en vir haar gevra: ‘Kan ek God se werk oorneem?’” (Gen. 30:2)

  • Dit is God wat toelaat dat sekere dinge oor jou pad kom, goeie en slegte dinge.
  • Jy kan jou planne maak, maar dit is op die ou einde die Here wat finaal besluit wat daarmee sal gebeur (Spr. 16:1, 9). 
  • Niks gebeur met jou waarvan God nie weet nie. 
  • As slegte dinge gebeur, gee Hy ook die uitkoms – jy sal sien (1 Kor 10:12-13).  
  • Ontspan dan nou en leef in vrede en vertroue. God sal vir jou sorg.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U vir my in alle omstandighede sorg. In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 15 Maart 2025

15 Maart

Ek bid dat jy tevrede met dit wat jy van God ontvang sal wees. Hier is die Woord van die Here vir jou.

Tema: Wees tevrede

Teks: “Toe Ragel merk dat sy nie … kinders in die wêreld bring nie, het sy jaloers geword op haar suster.” (Gen. 30:1)

  • ‘n Christusgelowige is dankbaar vir dit wat mens ontvang het – al is dit soms nie baie nie.
  • Gelukkig is jy wanneer jy vir ander mense omgee en nie hulle goed wil vat nie.
  • Gelukkig is jy wanneer jy nie afgunstig op ander mense se besittings is nie – dit kom jou nie toe nie (Eks 20:17).
  • God die Skepper wat weet wat jy nodig het sal elke dag vir jou genoeg kos, klere en geld gee sodat jy gelukkig kan wees (Matt 6:33).

Gebed

Liewe Vader. Gee my insig om dankbaar te wees dat U elke dag vir my sorg. In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.