Nuusflitse Week 17+ van 2025

Nuusflitse

Sondag 20 April 2025 : Paasfees.
Sonsopkomsbyeenkoms by Suiderkruisstrand om 06:30 – Ds Danie Goosen.
Erediens om 09:00 – Dr Frans Hancke. GEEN Kategese.
Maandag 21 April – Kerkkantoor gesluit
Woensdag 23 April GEEN Blokbyeenkoms.
Woensdag 23 April Kooroefening by die orrel om 16:45.
Woensdag 23 April : Wolwedans boodskap sop en brood
Sondag 27 April 2025 : GEEN Kategese. Erediens om 09:00
29 April 2025: Bestuurspanvergadering 

Skep asem vir vandag: 19 April 2025

Dagstukkies April

19 April

Liewe ….

My gebed is dat jy elke geleentheid wat na jou kom sal aangryp en ‘n sukses daarvan sal maak. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Die Here dra jou altyd

Teks: “ Die Here was by Josef en dit het baie goed met hom gegaan” (Gen 39:2)

  • Wees bedag vir nuwe geleenthede wat vir jou wag.
  • Selfs wanneer jy onder druk en gespanne is, bly jy waardevol vir die Here
  • Daarom belê Hy deur Sy Gees in jou en sal jou nie los nie (Joh. 10:28-30).
  • Die Here herstel alles – jou gesondheid, jou finansies, jou werk, jou verhoudinge en jou toekoms.
  • Hy verander en verbeter alles – vir jou.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my donker oomblikke in goue oomblikke verander.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Afkondigings 20 April 2025 – 27 April 2025

Afkondigings

Sondag 20 April 2025 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Korintiërs 15:12-20.
  • Die tema van die prediking is: Want Sondag het gekom!
  • Paasfees.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Dr Frans Hancke.

Maandag 21 April 2025 :

Lees meer “Afkondigings 20 April 2025 – 27 April 2025”

Skep asem vir vandag: 18 April 2025

Dagstukkies April

18 April

Liewe ….

My gebed is dat jy vas sal glo dat God jou uitkoms sal gee. Hier is ‘n Woord van die Here aan jou vir vandag.

Tema: Daar sal verseker uitkoms wees

Teks: “So sê die Here: ‘n Soldaat se gevangene kan ontset word, selfs ‘n man met mag se buit kan afgeneem word. Ek is ‘n vyand van jou vyand en Ek sal jou kinders red.” (Gen. 37:35)

  • Soms lyk dit asof jy in doodloopstrate is. Jy het nie hoop nie, raak paniekerig en wil moed opgee.
  • Soms het jy nie beheer oor dinge nie, ander kere kan jy aan situasies iets verander.
  • Wanneer dit finansieël moeilik gaan, jou werk onder druk is, of as jy familieprobleme het, gee Hy die oplossing.
  • Wanneer jou kinders probleme het, help Hy hulle en gee Hy hulle uitkomste.
  • Wat vir jou onmoontlik lyk, maak Hy moontlik.
  • Jou toe deure, maak die Almagtige God groot oop deure.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U die moeilike situasies in my lewe goed laat uitwerk.

In Jesus se Naam.

Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 17 April 2025

Dagstukkies April

17 April

Liewe ….

Ek hoop dat jy sal raaksien wanneer iemand nie skuldig aan iets is nie. Hier is ‘n gedagte van die Bybel vir jou.

Tema: Erken die onskuld van ander mense

Teks: “Maar Juda het dit erken en gesê: Sy is onskuldig, ek nie” (Gen 38:26)

  • Dit is nie maklik en lekker om te erken dat jy verkeerd is en skuldig is aan iets nie.
  • Dit is waarom jy eerder ander mense sal verwyt – jy sal eerder aanval.
  • Wil jy vrede kry – hou op om ander mense se foute uit te wys.
  • Wil jy vrede kry – erken jou aandeel aan die probleme.

Gebed

Liewe Vader, gee my genade om my foute te erken en ander mense nie meer seer te maak nie.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 16 April 2025

Dagstukkies April

16 April

Liewe ….

My gebed is dat jy sal sien dat God elke hartseer in iets goeds verander. Hier is ‘n Woord van die Here aan jou vir vandag.

Tema: Leef in die waarheid

Teks: “ So het Josef se pa bly treur oor hom.” (Gen 37:35)

  • Die Here wil eerder dat jy die mooi dinge van die lewe sien en geniet, as hartseer.
  • Die Here God is jou veilige wegkruipplek, jou Beskermer en jou toekoms.
  • Jy kan met vertroue op die Here staatmaak. Jy kan weet dat Hy jou sal help.
  • Hy sal alles herstel. Jy sal ‘n nuwe tyd beleef. Wees positief.

Gebed

Liewe Vader, maak my sterk sodat ek in hoop leef.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Sendingnuus – Madagaskar – The Week 6 April 2025

Madagaskar

It is good to have Dries back at home. He has so much to do and the fact that April is one of our hottest and most humid months, must have made him feel right at home.

On the other hand, we have to say goodbye to Annika and Anne who will leave on Tuesday. They had their final Royal Ranger meeting on Saturday. They have been teaching the Rangers about Germany as well as some useful German phrases for the past five weeks. The girls were surprised by how much their students remembered, because they did well in the quizz. Dries made the girls some neck ties to remember us by and Annika gave him her German one.

Lees meer “Sendingnuus – Madagaskar – The Week 6 April 2025”

Skep asem vir vandag: 15 April 2025

Dagstukkies April

15 April

Liewe ….

Ek wens dat jy sal aanleer wat dit beteken om vir ander mense om te gee. Hier is ‘n spesiale Woord van die Here aan jou.

Tema: Gee om en help

Teks: “ Ruben het dit gesê sodat hy vir Josef kon red en hom na sy pa toe kon terugstuur. ” (Gen 37:22)

  • Reik uit na mense in nood.
  • Gelukkig is jy wanneer jy regtig vir ander mense omgee (Matt 5:7).
  • Gelukkig is jy wanneer jy hartseer is oor die pyn en lyding van die wêreld (Matt 5:4).
  • Wanneer jy mense in nood sien, probeer hulle uit daardie situasie help.

Gebed

Liewe Vader, help my sodat ek vir mense sal begin omgee.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 14 April 2025

Dagstukkies April

14 April

Liewe ….

Ek wens dat jy verstaan dat dit waarde het om eerlik te wees en dat oneerlikheid net hartseer bring. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Leuens bring pyn

Teks: “ So het Josef se pa bly treur oor hom.” (Gen 37:35)

  • Leuens veroorsaak net hartseer en teleurstellings: teenoor jouself en alle ander mense.
  • Christusgelowiges het die waarheid lief. Die waarheid maak jou vry (Joh. 8:32).
  • Christusgelowiges vertel nie eens witleuens of buig die waarheid ‘n bietjie nie. Dit bind jou.
  • Wees eerlik en leef met integriteit.
  • Gelukkig is jy wanneer jy met integriteit leef. Jy sal baie vrede en gemoedsrus geniet.

Gebed

Liewe Vader, maak my eerlik en gee my gemoedsrus omdat ek integriteit het.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: “Dit is volbring!”

Stof tot nadenke Dit is volbring

“Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring” (Joh. 19: 30)

Dit is hierdie komende week die sewende en groot lydensweek. Dit week waarin ons herinner word aan wat Jesus Christus moes deur maak vir elkeen van Sy dissipels, asook elkeen wat deur hulle woorde tot geloof sou kom en wat in Hom glo. Hy het uitsluitlik na hierdie wêreld gekom, met die enigste doel voor oë, om verlossing te bring vir elkeen wat in Hom glo. Jesus Christus is deur God gestuur en Sy opdrag was om God te verheerlik en die evangelie na hierdie aarde te bring, en uiteindelik hierdie donker week te deurleef. Sodoende is die uitvoering van God se opdrag volbring deur aan die kruis te kom sterf.

Lees meer “Stof tot nadenke: “Dit is volbring!””

Skep asem vir vandag: 13 April 2025

Dagstukkies April

13 April

Liewe ….

Ek bid dat jy deur die Heilige Gees sal aanleer wat dit is om deur die oë van Jesus na ander mense te kyk. Hier is God se Woord net vir jou vandag.

Tema: Kyk met sagte oë na ander mense

Teks: “ Ruben het dit gesê sodat hy vir Josef kon red en hom na sy pa toe kon terugstuur. ” (Gen 37:22)

  • Soms sien jy probleme kom. Ander kere kom dit onverwags.
  • Verstandige en verantwoordelike Christusgelowiges vermy moeilikheid en probleme.
  • Maak planne om daaruit te kom, of, as jy kan, om te keer dat dit jou tref.
  • God wat jou beskermer is, is ook die Gees wat jou wysheid gee om uit elke nood te kom.
  • Leef met hoop en vrede.

Gebed

Liewe Vader, oorspoel my met insig dat ek nie in donker oomblikke bly lê nie.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

‘n Kolskoot-sukses: Dankie dat jy ons gholfdag van 12 April 2025 onvergeetlik gemaak het!

Gholfdag NGK Groot-Brakrivier 2025

Wat ‘n ongelooflike dag op die setperk! Die NG Kerk Groot-Brakrivier se jaarlikse fondsinsamelingsgholfdag by die pragtige Dolphins Creek Country Estate was ‘n dawerende sukses, te danke aan elkeen van julle wat aan hierdie spesiale geleentheid deelgeneem, geborg en ondersteun het.

Ons spelers

Aan ons wonderlike gholfspelers—jou entoesiasme, vaardigheid en vrygewigheid het die dag waarlik onvergeetlik gemaak. Of jy nou ‘n voëltjie aangeteken het of net die kameraadskap geniet het, jou teenwoordigheid het ons gehelp om noodsaaklike fondse vir ons kerk se missie en gemeenskapsprojekte in te samel.

Lees meer “‘n Kolskoot-sukses: Dankie dat jy ons gholfdag van 12 April 2025 onvergeetlik gemaak het!”

Wat ‘n ongelooflike dag op die setperk! Die NG Kerk Groot-Brakrivier se jaarlikse fondsinsamelingsgholfdag by die pragtige Dolphins Creek Country Estate was ‘n dawerende sukses, te danke aan elkeen van julle wat aan hierdie spesiale geleentheid deelgeneem, geborg en ondersteun het.

Ons spelers

Aan ons wonderlike gholfspelers—jou entoesiasme, vaardigheid en vrygewigheid het die dag waarlik onvergeetlik gemaak. Of jy nou ‘n voëltjie aangeteken het of net die kameraadskap geniet het, jou teenwoordigheid het ons gehelp om noodsaaklike fondse vir ons kerk se missie en gemeenskapsprojekte in te samel.

Lees meer “‘n Kolskoot-sukses: Dankie dat jy ons gholfdag van 12 April 2025 onvergeetlik gemaak het!”

Nuusflitse Week 13+ van 2025

Nuusflitse

Sondag 13 April 2025 : Erediens 09:00 – Kategese.
Woensdag 16 April 2025: Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 8A (Bergsig-Oos) & 8B (Bergsig-Wes)
Woensdag 16 April 2025: Kooroefening: 16:45
Vrydag 18 April 2025: Goeie Vrydag. Nagmaal om 09:00 – Ds Danie Goosen.
Groenkloof preek om 10:00 – Dr Gerrie van Deventer.
Sondag 20 April 2025 : Paasfees.
Sonsopkomsbyeenkoms by Suiderkruisstrand om 06:30 – Ds Danie Goosen.
Erediens om 09:00 – Dr Frans Hancke. GEEN Kategese.

Afkondigings 13 – 20 April 2025

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 13 April 2025 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 22.
  • Die tema van die prediking is: Uitgenooi!
  • Sewende (Groot) Lydensweek.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Radio FEBA by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Woensdag 16 April 2025 :

Lees meer “Afkondigings 13 – 20 April 2025”

Skep asem vir vandag: 12 April 2025

Dagstukkies April

12 April

Liewe ….

Ek wens dat jy die volwassenheid sal aanleer om jou woorde te tel voordat jy praat wanneer jy kwaad is. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Oppas vir die leuen

Teks: “Hulle het hom al van ver af gesien en voor hy by hulle gekom het, het hulle ooreengekom om hom dood te maak.” (Gén 37:18). 

  • Almal hou nie van jou nie. Sommige mense beplan slegte dinge teen jou – aanvaar dit.
  • Jy moet wag hou oor jou hart voordat jy teenoor hierdie mense optree.
  • God die Alwyse en Almagtige is die enigste Een en plek waar jy advies, troos en veiligheid kry.
  • Wees daarom positief. Moenie moedeloos of depressief raak nie. Hy help jou

Gebed

Liewe Vader, laat ek elke situasie tot U eer hanteer.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.