Nadine en Elmar Du Rand – こんにちはKonnichiwa Nuusbrief

こんにちは
Konnichiwa Nuusbrief

Goeie dag liewe vriende,
soos altyd is dit ‘n wonderlike plesier om hier vanuit Japan aan julle te skryf. Hier in Sapporo, Japan, is dit herfs. Dit word elke dag kouer en kouer. Ons probeer die meeste daarvan maak om die omgewing waar ons woon te geniet, want binnekort sal dit in ‘n wit wonderland van sneeu verander tot April volgende jaar.

Ons deel graag hierdie gedeelte uit Jeremia met u.

“Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ‘n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ‘n ambagsman met die byl. Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie. Soos ‘n voëlverskrikker in ‘n komkommertuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie. Geeneen is soos U nie, o Here! U is groot, en u Naam is groot in krag. Wie sou U nie vrees nie, o Koning van die nasies? Want U kom dit toe; want onder al die wyse manne van die nasies en in hulle hele koninkryk is geeneen soos U nie.”

Jeremia 10:3-7 Afrikaans 53/vertaling

Tydens ‘n onlangse oggend stiltetyd het ek hierdie gedeelte gelees. Dit was interresant om die gedeelte te lees met Japan in gedagte, omdat ons hierin Japan gereeld afgodsbeelde soortgelyk aan waarna Jeremia verwys sien. Afgode gemaak met mensehande, versier met mensehande en afgode wat nie kan praat, hoor of self beweeg nie. Soortgelyk aan die omliggende nasies van Israel in die Ou Testament, aanbid die Japannese hierdie afgodsbeelde. Hulle aanbid hulle soms met die grootste en diepste vertroue dat hierdie beelde die mag besit om hul lot te verander. Dit is moeilik om te sien, maar ons vind bemoediging uit die woorde van Jeremia en beaam wat hy sê: Daar is niemand soos U nie, Here, U is groot en U naam is groot in mag. Die Skepper van hierdie aarde, is nie met mense hande gemaak nie, maar heers oor die hele aarde. Hy is op die troon en Hy roep mense na Homself. Mag Hy gesoek word deur Japannese mense terwyl Hy nog gevind kan word.

Dankie dat u die tyd neem om ons nuusbrief te lees.Taalstudies
Nadine is tans besig met die intermediêre kursus en ek begin binnekort met die intermediêre kursus. Deel van die intermediêre kursus is die aanvullende kursus oor Christelike leefwyse. In hierdie kursus leer ons hoe om in Japannees te bid, hoe om ons getuienisse in Japannees te deel asook belangrike Bybelse terminologie.

Ons maak goeie vordering met ons Japannese taalstudies, alhoewel situasies soos om na die ginekoloog te gaan, dokumente vir die hospitaal in te vul en Nadine se geboorteplan te moet bespreek, alles in Japannees, steeds baie uitdagend is. Alhoewel dit nie perfek is nie, kon ons al hierdie dinge doen daarom is ons dankbaar. Ons is dankbaar dat daar nie ‘n gebrek aan selfvertroue om te praat by ons aanwesig is nie, wat reeds ‘n groot oorwinning en genade is. Ons het sekerlik alreeds ons name teveel geplank om enigsins verder skaam te wees. Verlede Sondag moes ons terugvoer voor die kerk gee sonder enige voorbereiding en ons het dit net eenvoudig gedoen. Ten spyte van grammatites foute, kon ons die boodskap oordra. Center Visit
Vanaf einde Augustus tot middel September was ons op wat ‘n centre visit genoem word. Vir 2 weke het ons na Kanto (’n gebied wat Tokio insluit) en Tohoku (noordelike deel van Honshu-eiland) gereis. Ons het Japannese kerke besoek, met Japannese dominees vergader en tyd saam met mede-sendelinge deurgebring.

Die doel van ons Centre visit was om ander dele van Japan te besoek waar OMF werk en ‘n voorsmakie te kry van moontlike toekomstige bedieninge waarby ons graag betrokke wil wees.

Daarna moes ons ‘n verslag geskryf het wat terugvoer gee oor ons besoeke. Deel van die verslag was vrae soos, wat is ons sterkpunte, swakpunte, bedieningsbelangstellings, wil ons in die stad of platteland bedien. Wil ons saam mede-sendelinge werk of saam met ‘n Japannese dominee. Ons moes ook ‘n visieverklaring vir ons toekomstige bediening in Japan ingesluit het. Ons deel graag ons visieverklaring/ vision statement met jullle:

“By God’s grace we want to be used my Jesus to make Japanese friends, enter their world in creative ways, see them come to know Jesus and help them to grow in their understanding of the Bible so that they can impact their families and the wider community for the Gospel.”

Dit het ons regtig laat dink oor wat ons wil doen, of dit kreatiewe bediening, dissipelskap-bediening of kerkplanting of evangelisasie is, is ons opgewonde terwyl ons oor die toekoms dink.

Kunitachi Christ Church Bybelstudie in Tokyo 

Dit was ‘n baie bemoedigende Bybelstudie. Een van die dames wat die Bybelstudie bygewoon het, het groot belangstelling getoon om ‘n Christen te word. Hulle het baie vrae vir ons gehad, want hulle het nog nooit vantevore sendelinge ontmoet nie. ‘n Paar moeilike teologiese vrae soos waarom ‘n liefdevolle God swaarkry in die wêreld toelaat, is gevra. Ons het ons bes probeer om hierdie vrae te beantwoord, maar dit het ons begeerte hernu om ons Bybelse Japannese terminologie te verbeter. Leah het haar 3de verjaarsdag op die 16de September gevier. Omdat sy 3jaar oud geword het, kon sy met kleuterskool begin het. Sy het begin Oktober met Japannese kleuterskool begin. Ons het baie vir haar gebid, omdat sy ‘n heeltemal ander omgewing betree. Ons self weet hoe moeilik dit kan wees om vanaf die bekende SA na Japan toe moes kom en aanpas. By die kleuterskool word alles in Japannees gedoen. Daar is geen Engels nie. Daarom was ons ‘n bietjie bekommerd oor hoe sy dit sou ervaar. Maar deur die genade van die Here is haar ervaring so positief. Sy kan nie wag om kleuterskool toe te gaan nie. Sy hardloop elke oggend met groot vreugde weg om op die bus te klim. Meeste van die tyd groet sy ons nie eers nie, so opgewonde is sy. Ons is so dankbaar.Baba SeuntjieGeskryf deur Nadine

Ek is nou 36 weke swanger. Tot dusver was my swangerskap gesond en dit gaan goed. Ons klein babaseuntjie weeg 2.7 kg. Sy verwagte geboortedatum is rondom die 20ste November. Ons maak vordering met die voorbereiding van wat ons vir hom nodig het. Omdat daar geen tradisie soos babatees in Japan is nie, sal ons slegs die minimale baba benodighede aankoop wat ons vir hom nodig het. Eintlik is dit ‘n seëning, want woonstelle in Japan is klein en ons probeer om eenvoudig en minimalisties te leef juis omdat spasie beperk is. As die Here wil, sal hy in die Sapporo-maternity women’s hospital gebore word. Japanese hospitale vereis dat vroue 5 dae in die hospitaal moet bly na geboorte. My kraamverlof begin die 7de November, wat my bietjie tyd sal gee om te kan rus en laaste voorbereidings te doen. Bid asseblief soos die verwagte datum nader kom vir ‘n gesonde geboorte.2026 BegrotingGeskryf deur Elmar

September is gewoonlik die maand waarin alle OMF-sendelinge se begrotings deur die finansiële span van OMF Japan hersien word. Ons is so dankbaar dat ons goed ondersteun is sedert ons na Japan gekom het. Ons wil julle bedank vir julle getroue ondersteuning en ons wil Jesus eer vir Sy voorsiening. As gevolg van redes soos die byvoeging van ‘n klein baba en Leah se kleuterskool, moet ons ondersteuning met 10% per maand toeneem. Bid asseblief dat die Here hierdie groei in ons inkomste sal moontlik maak. Hy is so getrou!
Kosbare tyd saam met mede-OMF sendelinge van Kanada.Gebedsversoeke

Bid asseblief vir:
*Ons Japannese taalstudies.
* Ons gesondheid, liggaamlik en geestelik.
*Nadine se swangerskap. Bid asseblief vir ‘n gesonde kraam.
* Bid asb vir Elmar wat sy Japanese lisensie die 7de November moet doen.
*Bid asseblief dat Leah aanhou sal aanpas by Japannese kleuterskool.
* Bid asseblief vir die Japannese nasie en die bekering van siele in Japan. 

Baie dankie dat jy ons nuusbrief gelees het, ons roeping na Japan ondersteun en vir ons bid.

Baie liefde,
Elmar, Nadine en Leah
Kontak besonderhede:
Elmar: 079 991 3321
Nadine: 084 396 8648  

Bankbesonderhede:
OMF International SA
Standard Bank
200873954
Verwysing: Durand/ JOU NAAM