Gereelde Items en Reekse

Gereelde Items en Reekse

  • Nuusflitse Week 43+ van 2026

    Sondag 18 Oktober 2026 : Erediens om 09:00 GEEN Kleuterkerk. Kategese 09:00
    Sondag 18 Oktober 2026 : LEEFKerk 17:00
    Woensdag 21 Oktober 2026 – Kooroefening by die orrel om 16:45
    Woensdag 21 Oktober 2026 Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik
    Woensdag 21 Oktober 2026 Blokbyeenkoms om 18:00: Blok 22 (Seester Tergniet) Edwin & Aletta de la Harpe, Kreefslot 5)
    Vrydag 23 Oktober 2026 18:00 Potjie, Vuur en Vermaak
    Saterdag 24 OKTOBER 2026 DANKFEES
    Sondag 25 Oktober 2026 : Nagmaal om 09:00 Kleuterkerk in konsistorie. Geen Kategese
    Woensdag 11 November 2026 – Kersfunksie – Ondersteuningsbedieing

    Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 18 – 25 Oktober 2026

Bybel dagstukkies
Bybel dagstukkies
  • Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 17 Oktober 2026 – Die Here is groot

    17 Oktober

    Liewe vriend,

    Wanneer jy God se hulp raakgesien het, kan jy nie anders as om bly te wees nie. Hier is God se Boodskap vir jou, vir vandag.

    Tema: Die Here is groot

    Teks: “Laat almal wat by U hulp soek, jubel en bly wees oor U, laat dié wat op u hulp staatmaak, altyddeur sê: ‘Die Here is groot!’” (Ps. 40:17)

    • Alles wat God gemaak het, staan vandag nog vas — die hele skepping luister na Hom. (Ps. 119:91)
    • Blydskap is nie net ’n gevoel nie; dis ’n keuse om te onthou hoe groot God is.
    • Sê dit vandag hardop: “Die Here is groot!” — en kyk hoe dit jou dag verander.
    • Deel iets goeds wat God gedoen het met ’n vriend.

    Gebed:

    Liewe Vader, dankie dat U so groot is — ek wil heeldag oor U bly wees.

    In die Naam van Jesus Christus, die Here.

    Amen.
    Vorige dagstukkies 2026
    Vorige dagstukkies 2025

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.