Gereelde Items en Reekse

Gereelde Items en Reekse

  • Nuusflitse Week 41+ van 2026

    Sondag 4 Oktober 2026 : Erediens om 09:00 GEEN Kategese GEEN Kleuterkerk
    Sondag 4 Oktober 2026 : GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie
    Woensdag 7 Oktober 2026 – Kooroefening by die orrel om 16:45
    Woensdag 7 Oktober 2026 Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik
    Woensdag 7 Oktober 2026 – 18:00: Blok 13 (Suiderkruis) by André en Martie Olivier
    Woensdag 7 Oktober 2026 – Klub 50 Noot vir Noot
    Sondag 11 Oktober 2026 : Erediens om 09:00 Kleuterkerk in die konsistorie. Kategese.
    Potjie, Vuur en Vermaak 23 Oktober 2026 18:00
    DANKFEES 24 OKTOBER 2026

    Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 4 – 11 Oktober 2026

Bybel dagstukkies
Bybel dagstukkies
  • Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 7 Oktober 2026 – Wees stil voor God

    7 Oktober

    Liewe Vriend

    Daar is so baie geraas om jou — mag jy vandag ’n stil plek in jou hart vind waar net jy en God is.  Hier is God se Boodskap vir jou vir vandag.

    Tema:  Wees stil voor God

    Teks:  “Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ’n skelm nie.”  (Ps. 37:7)

    •       Die Here is God, en dit is Hy wat vir jou lewe gee.  (Ps. 118:27)

    •       Om in stilte op God te vertrou, beteken jy hoef nie heeltyd te stres of te kla nie.

    •       Moenie jaloers raak as dit lyk of ander met verkeerde dinge wegkom nie — God sien alles.

    •       Vat vandag vyf minute sonder mense, jou foon, musiek of televisie en sit net stil by God.

    Gebed: 

    Liewe Vader, dankie dat ek by U stil kan word — maak my hart rustig in U.

    In die Naam van Jesus Christus die Here.

    Amen.

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.