Daar was ‘n Houtkruis – Koos van der Merwe (Prophet)

Hierdie liedjie is spesifiek deur Scott Wesley Brown geskryf as ‘n huldeblyk aan Suid-Afrika. Die liedjie staan ​​in Engels bekend as “Can you Hear the Echoes“.

Daar is ook ‘n weergawe wat uitgereik is met Koos van der Merwe (Prophet) wat dit aangepas en in Afrikaans vertaal het.

Die kopiereg behoort aan MARANATHA Records in South Africa.

Prophet – Houtkruis

Can you hear the Echoes?

Houtkruis Lirieke

O, daar was ‘n houtkruis
Ja, ‘n Redder aan ‘n houtkruis vasgeslaan
Ja, daar was ‘n houtkruis
En daarom sal ek sing
Ek onthou vir Dawid
Voor die ark het hy gedans en juig
Na die kruis van Jesus
Hoe sal ons kan hande vou en swyg

Want daar was ‘n houtkruis
Ja, ‘n Redder aan ‘n houtkruis vasgeslaan
Ja, daar was ‘n houtkruis
En daarom sal ek sing
Wie sal my kan stilmaak?
Wie sal my kitaar se snaar afbreek?
Wie sal my kan doodmaak
As my voete in danse los wil breek?

Want daar was ‘n houtkruis
Ja, ‘n Redder aan ‘n houtkruis vasgeslaan
Ja, daar was ‘n houtkruis
En daarom sal ek sing
Ek vra nie hoe jy voel nie
As gevoelens hoegenaamd besluite raak
Dan was daar nooit die pyn nie
Toe die spykers deur die bloed daardie houtkruis kraak

Want daar was ‘n houtkruis
Ja, ‘n Redder aan ‘n houtkruis vasgeslaan
Ja, daar was ‘n houtkruis
En daarom sal ek sing
O, daar was ‘n houtkruis
Ja, ‘n Redder aan ‘n houtkruis vasgeslaan
Ja, daar was ‘n houtkruis
En daarom sal ek sing

Danie Botha uitvoering

Juanita du Plessis weergawe